Die overbergsuikerbos (Protea decurrens) is 'n struik wat aan die bekende Proteagenus behoort en is endemies aan Suid-Afrika. Die spesie kom voor vanaf die Langeberg, Shaw se pas en op die Potberg. Dit is deel van die fynbos- en renosterveld-biome. Die plant word 50 cm in deursnee en 60 cm hoog en blom van Julie tot Augustus.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte en muise. Die plant groei in silkreetgruis op hoogtes van 150 - 700 m.

In Engels staan dit as die Linear-leaf sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika