Die grassuikerbos (Protea humiflora) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom vanaf die Du Toitskloofberge tot die Langeberg en Waboomsberge voor. Dit is deel van beide die fynbos- en renosterveld-biome. Die plant word 2 m in deursnee en blom van Julie tot September met die hoogtepunt in Augustus.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte en muise. Die plant groei op droë hellings van Karoo-fynbos op hoogtes van 450 – 1 200 m.

In Engels staan dit as die Patentleaf sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika