Die rotssuikerbos (Protea venusta) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Groot Swartberg en Kammanassieberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is groot en het 'n deursnee van 3 m, maar word slegs 70 cm hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Februarie.
Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op rotsagtige, suidelike hellings in koel gebiede op hoogtes van 1 700 - 2 000 m.
In Engels staan dit as die Cascade sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika