Die waterwitsuikerbos (Protea punctata) is 'n struik wat hoort tot die bekende Proteagenus en is endemies aan Suid-Afrika. Die spesie kom vanaf die Sederberg tot Riviersonderendberge en die Swartberg, Kammanassieberge en Kougaberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is groot, groei regop, word tot 4 m hoog en blom hoofsaaklik van Maart tot April.

Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op hellings in skalie of sandsteen op hoogtes van 1 200 - 2 000 m.

In Engels staan dit as die Water sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer 94.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Verwysings

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika