Jack G. Hills is ’n Amerikaanse sterrekundige en ’n teoretikus van sterdinamika. Hy het werk oor die Oortwolk gedoen; die binneste deel van die wolk, die Hillswolk, is na hom genoem.

Hills het ’n groot deel van sy loopbaan by die Nasionale Laboratorium Los Alamos in Nieu-Mexiko deurgebring en het in 1998 ’n fellow van die laboratorium geword.Laboratory Fellows from 1981 to the present Los Alamos National Security

Ook die Hillsmeganisme in astrofisika is na hom genoem. Hy het die meganisme in die 1980's voorgestel.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse sterrekundiges Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1943