Die troshofiesuikerbosTroshofiesuikerbos op die Protea Atlas Project-blad (Protea welwitschii) is 'n struik wat aan die bekende Proteagenus van die Proteaceae-familie behoort. Dit is meestal 'n struik met 'n veelvoudige stam of 'n klein verkrompte boom wat in grasveld en bosveld voorkom. Die blare is blougroen en harig aan die basis as dit volwasse is. Blomme kom gewoonlik in trosse van , en die vrugte is 'n digte harige neut.
Die spesie is wydverspreid in Afrika suid van die Sahara en kom in Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.
Dit is die eerste keer deur Adolf Engler beskryf.
Die boom se FSA-nommer is 98.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die cluster-head sugarbush en in Afrikaans ook as die kersfeessuikerbos bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Verwysings
Bronnelys Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe