Gabriel Charles Dante Rossetti (12 Mei 1828 – 9 April 1882), algemeen bekend as Dante Gabriel Rossetti (Engelse uitspraak: r|ə|ˈ|z|ɛ|t|i), was ‘n Engelse skilder, illustreerder, digter en vertaler. Hy was ‘n lid van die Rossetti-familie. Hy het in 1848 die Broederskap van die Pre-Rafaëliete saam met William Holman Hunt en John Everett Millais gestig. Rossetti sou later die hoofinspirasie vir ‘n tweede generasie kunstenaars en skrywers word wat beïnvloed is deur die beweging, mees noemenswaardig William Morris en Edward Burne-Jones. Sy werk het ook die Europese Simbolisme beïnvloed en was ‘n voorganger van die Estetiese beweging.
Rossetti se kuns word gekenmerk deur sensualiteit, welke kuns betrek word by die middeleeuse herlewingsbeweging (dit wil sê diè voor Rafaël, en veral sy opvolgers – derhalwe die benaming die beweging of broederskap van die Pre-Rafaëliete - alhoewel dit eintlik gaan om die opvolgers van Rafaël en hul kuns). Sy vroeë digkuns is beïnvloed deur John Keats. Sy latere poësie is gekarakteriseer deur die ingewikkelde verweefdheid van gedagtes en gevoelens, veral in sy The House of Life. Poësie en beeld is nou verweef in Rossetti se werk. Hy het dikwels sonnette geskryf om sy skilderye te begelei, soos The Girlhood of Mary Virgin (1849) en Astarte Syriaca (1877), terwyl hy ook kuns geskep het om gedigte te illustreer soos byvoorbeeld Goblin Market deur die gevierde digter Christina Rossetti, sy suster.
Rossetti se persoonlike lewe was nou verweef met sy werk, veral sy verhoudings met sy modelle en muses Elizabeth Siddal (met wie hy getrou het), Fanny Cornforth en Jane Morris.
Vroeë lewe links|duimnael|upright|Selfportret, 1847 duimnael|Oorspronklike manuskrip van Autumn Song deur Rossetti, 1848, Ashley Biblioteek Rossetti was die seun van die emigrant Italiaanse geleerde Gabriele Pasquale Giuseppe Rossetti en sy vrou Frances Mary Lavinia Polidori. Gabriel Charles Dante Rossetti is op 12 Mei 1828 in Londen gebore. Sy gesin en vriende het hom Gabriel genoem, maar in publikasies het hy sy eerste naam aangegee as Dante ter ere van Dante Alighieri. Hy was die broer van die digteres Christina Rossetti, die kritikus William Michael Rossetti, en die skrywer Maria Francesca Rossetti.Treuherz et al. (2003), pp. 15–18. Sy vader was ‘n Katoliek, ten minste voor dié se troue, en sy moeder was Anglikaans; klaarblyklik was Gabriel gedoop as Anglikaan en het hy die denominasie ook aangehang. John William Polidori, wat sewe jaar voor sy geboorte oorlede is, was Rossetti se oom aan moederskant. Rossetti is tuis geskool tydens sy jeug en het later King's College School bygewoon. Hy het dikwels die Bybel gelees, saam met die werke van Shakespeare, Dickens, Walter Scott, en Lord Byron.
Die jeugdige Rossetti is beskryf as "ingekeer, welsprekend, passievol en charismaties"Treuherz et al. (2003), p. 19. maar ook "vurig, ywerig, hartstogtelik en poëties".Hilton (1970), p. 26. Soos al sy broers en susters het hy daarna gestreef om ‘n digter te word, en King's College School, Wimbledon te die skool se oorspronklike ligging naby The Strand, Londen bygewoon. Hy wou ook ‘n skilder word, en het groot belangstelling getoon in Middeleeuse Italiaanse kuns. Hy het vanaf 1841 tot 1845 Henry Sass se Tekenakademie bygewoon, waarna hy ingeskryf het aan die Antieke Skool van die Koninklike Akademie, wat hy in 1848 verlaat het. Nadat hy die Koninklike Akademie verlaat het, het Rossetti onder Ford Madox Brown gestudeer, met wie hy regdeur sy lewe ‘n getroue verhouding sou hê..Treuherz et al. (2003), pp. 15.
duimnael|Portret van Dante Gabriel Rossetti op 22-jarige leeftyd deur William Holman Hunt Na die uitstalling van William Holman Hunt se skildery The Eve of St. Agnes, het Rossetti naarstiglik Hunt se vriendskap opgesoek. Die skildery het ‘n gedig deur John Keats geïllustreer. Rossetti se eie gedig, The Blessed Damozel, was ‘n namaaksel van Keats, en hy het geglo dat Hunt dalk sy artistieke en letterkundige ideale gedeel het. Hulle het saam die filosofie van die Broederskap van die Pre-Rafaëliete ontwikkel wat hulle saam met John Everett Millais gestig het.
Die groep se doelwit was die hervorming van Engelse kuns deur die verwerping van wat hulle beskou het as die meganistiese benadering wat eerste aangewend is deur die Manneristiese kunstenaars wat Rafaël en Michelangelo opgevolg het en die formele opleidingsregime wat deur Joshua Reynolds bekendgestel is. Hulle benadering was om na die gedetailleerdheid, intense kleure en ingewikkelde komposisies van Quattrocento Italiaanse en Vlaamse kuns terug te keer.Treuherz et al. (2003), p. 22.Hilton (1970), pp. 31–35. Die gesaghebbende kritikus John Ruskin het geskryf:
Elke Pre-Rafaëlitiese landskapagtergrond is in die fynste besonderhede geskilder, in die ope lug, en van die voorwerp self. Op sy beurt ook is elke Pre-Rafaëlitiese figuur, hoe goed dit ook al uitgedruk word, ‘n ware portret van ‘n lewende persoon.Aangehaal in Marsh (1996), p. 21.
Vir die eerste uitgawe van die broederskap se tydskrif, genaamd The Germ, wat vroeg in 1850 uitgegee is, het Rossetti ‘n gedig bygedra getitel The Blessed Damozel, asook ‘n verhaal oor ‘n fiktiewe vroeë Italiaanse kunstenaar wat geïnspireer is deur ‘n visioen van ‘n vrou wat hom aanspoor om die menslike en die goddelike in sy kuns te kombineer.Marsh (1996), p. 21. Rossetti was altyd meer geïnteresseerd gewees in die middeleeuse teenoor die moderne kant van die beweging, en het gewerk aan vertalings van Dante en ander middeleeuse Italiaanse kunstenaars en die stilistiese karakteristieke van die vroeë Italianers aangeneem.
Loopbaan duimnael|The Girlhood of Mary Virgin (1849). Die modelle was die kunstenaar se moeder (vir Sint Anna) en sy suster Christina (vir die Maagd Maria, die Moeder van Jesus.Marsh (1996), p. 16. Vroeë jare Rossetti se eerste belangrike olieverfskilderye vertoon die realistiese kwaliteite van die vroeë Pre-Rafaëlitiese Beweging. Sy The Girlhood of Mary Virgin (1849) en Ecce Ancilla Domini (1850) beeld Maria uit as ‘n tienermeisie. William Bell Scott het die progressie van die skildery (Girlhood) in Hunt se ateljee waargeneem en as volg opgemerk oor die jong Rossetti se tegniek:
Rossetti het - geaffekteer deur kritiek op sy tweede belangrike skildery, Ecce Ancilla Domini, wat in 1850 vertoon is, en die "toenemend histeriese reaksie wat die Pre-Rafaëlitiese beweging daardie jaar tegemoetgeloop het" - hom na waterkleure verf gewend wat privaat verkoop kon word. Alhoewel sy werk mettertyd ondersteuning gekry het van John Ruskin, het Rossetti daarna min uitgestal.
Dante en die Middeleeue In 1850 het Rossetti met Elizabeth Siddal kennis gemaak. Sy was ‘n belangrike model vir die Pre-Rafaëlitiese skilders. Oor die volgende dekade het sy Rossetti se muse, leerling en passie geword. Hulle is in 1860 getroud.Treuherz et al. (2003), p. 33. Rossetti se onvoltooide skildery, Found, wat in 1853 begin is en ten tyde van sy afsterwe nog onvoltooid was, was sy enigste belangrike onderwerp uit die moderne lewe. Dit het ‘n prostituut uitgebeeld wat van die straat afgehaal is deur ‘n landelike man, wat dan die vrou as sy ou geliefde herken. Rossetti het egter toenemend simboliese en mitologiese beelde verkies teenoor realistiese beelde.Treuherz et al. (2003), pp. 19, 24–25.Rossetti het vir baie jare aan Engelse vertalings van Italiaanse poësie gewerk, insluitende Dante Alighieri se La Vita Nuova (gepubliseer as The Early Italian Poets in 1861). Hierdie werk asook Thomas Malory se Le Morte d'Arthur het Rossetti se kuns uit die 1850’s geïnspireer. Hy het ‘n metode geskep van waterverfskilder, met gebruikmaking van gekonsentreerde of dik pigment gemeng met gom ten einde effekte te skep wat soortgelyk is aan middeleeuse manuskrip illuminasies. Hy het ook ‘n nuwe tekentegniek in pen-en-ink ontwikkel. Sy eerste gepubliseerde illustrasie was The Maids of Elfen-Mer (1855), na ‘n gedig deur sy vriend William Allingham, en hy het twee illustrasies bygedra tot Edward Moxon se 1857 uitgawe van Lord Tennyson se Poems asook illustrasies vir werke deur sy suster Christina Rossetti.Treuherz et al. (2003), pp. 175–76.
Sy visioene van Arthuriaanse romanse en middeleeuse ontwerp het ook as inspirasie gedien vir William Morris en Edward Burne-Jones.Treuherz et al. (2003), pp. 39–41. Nóg Burne-Jones nóg Morris het Rossetti geken, maar nogtans was hulle grootliks deur sy werke beïnvloed. Hulle het Rossetti ontmoet deur hom as ‘n bydraer tot hulle Oxford and Cambridge Magazine te rekruteer, welke tydskrif Morris in 1856 gestig het ten einde sy idees oor kuns en poësie te bevorder.
Daardie somer het Morris en Rossetti Oxford besoek. Die Oxford Union debatsaal was onder konstruksie; hulle wou die boonste mure skilder met tonele uit Le Morte d'Arthur en die dak tussen die balke versier. Sewe kunstenaars was gerekruteer, waaronder Valentine Prinsep en Arthur Hughes.Watkinson, Ray, "Painting" in Parry (1996), p. 93. Die werk is met haas begin. Die fresko’s, wat met te veel haas begin is, het meteens begin verdof en is tans nouliks herkenbaar. Rossetti het twee susters, Bessie en Jane Burden as modelle vir die Oxford Union muurskilderye gerekruteer, en Jane het in 1859 Morris se eggenote geword.Parry, William Morris, pp. 14–16.
Boekkuns
Letterkunde is van die begin af in die werk van die Broederskap van die Pre-Rafaëliete geïntegreer (insluitende die van Rossetti), met verskeie skilderye wat direkte letterkundige verwysings bevat. John Everett Millais se vroeë werk, Isabella (1849), beeld byvoorbeeld ‘n episode uit, uit John Keats se Isabella, or the Pot of Basil (1818). Rossetti was veral kritiese gewees oor die ornamentasie van Victoriaanse geskenkboeke en het gepoog om die bindwerk en illustrasies daarvan te verfyn ten einde dit te belyn met die beginsels van Estetiese Beweging. Rossetti se hoof bindwerk is tussen 1861 en 1871 ontwerp. Hy het met sy suster, die digteres Christina Rossetti, saamgewerk as ontwerper/illustreerder op die eerste uitgawe van Goblin Market (1862) en The Prince's Progress (1866). Een van Rossetti se prominentste bydrae tot illustrasie was die boek Poems deur Alfred Tennyson (gepubliseer deur Edward Moxon in 1857 en informeel bekend as die 'Moxon Tennyson'). Moxon het voorsien dat akademici van die Koninklike akademie die illustreerders van die projek sou wees, maar dit was gou onderbreek toe Millais, 'n stigterslid van Pre-Rafaëlitiese Broederskap, betrokke geraak het by die projek. Millais het vir William Holman Hunt en Rossetti vir die projek gerekruteer, en die betrokkenheid van hierdie kunstenaars het die gehele produksie van die boek omvorm. Laurence Housman het, met verwysing na Pre-Rafaëlitiese illustrasies, soos volg geskryf "[...] Die illustrasies van die Pre-Rafaëliete was persoonlike en intellektuele interpretasies van die gedigte wat aanleiding daartoe gegee het, en nie bloot eggo's wat belyn is met die woorde van die teks nie." Die Pre-Rafaëliete se visualisasie van Tennyson se gedigte het die reeks moontlikhede aangedui wat die interpretasie van geskrewe werke betref, net sowel as hul unieke benadering tot die visualisasie en konkreetmaking van die verhaal op die medium van die doek.
Pre-Rafaëlitiese illustrasies verwys nie bloot na die teks wat aanleiding daartoe gee nie; die illustrasies is tewens deel van ‘n groter kunsprogram, te wete: die boek as ‘n geheel. Rossetti se filosofie betreffende die rol van illustrasies is onthul by wyse van ‘n brief uit 1855 wat aan die digter William Allingham geadresseer is, toe hy, met verwysing na sy werk op die 'Moxon Tennyson' geskryf het:
"Ek het nog nie eens met ontwerpe vir die gedigte begin nie, maar reken dat ek die Vision of Sin, en Palace of Art ens. sal probeer — waar mens op jou eie houtjie kan allegorie kan inwerk sonder om ‘n streep te trek deur jou eie en andere se verskillende en spesifieke idees omtrent die betrokke digters."