Leonidas Kavakos (Grieks: Λεωνίδας Καβάκος; gebore op 30 Oktober 1967) is 'n Griekse violis en dirigent. Hy het as violis reeds verskeie pryse tydens internasionale vioolkompetisies gewen, insluitende die Internasionale Jean Sibelius Vioolkompetisie, Paganini Kompetisie en Internasionale Vioolkompetisie van Indianapolis. Hy het ook opnames gemaak vir plate-etikette soos Sony/BMG en BIS Records. As dirigent was hy artistieke direkteur van die Camerata Salzburg en ook 'n gasdirigent van die Londen Simfonieorkes en Boston Simfonieorkes.
Opnames Nadat hy die Sibeliuskompetisie gewen het, het hy voortgegaan om 'n verdere prestigeryke onderskeiding te behaal in soverre hy weer by die Sibeliuskompetisie werksaam was. Hy het in 1991 die Gramophone Concerto van die Jaar toekenning gewen vir die wêreldpremiére vrystelling op die BIS plate-etiket van die Vioolconcerto van Sibelius in beide sy finale en oorspronklike 1903/04 weergawe. Hy het verskeie ander opnames vir Delos en Finlandia Records gemaak met werke deur komponiste soos Debussy, Paganini, Schubert, Tsjaikofski, Wieniawski en Ysaÿe.
In 2006 het hy vir Sony/BMG die vyf vioolconcertos en een simfonie deur Mozart opgeneem as beide solis en dirigent van die Camerata Salzburg. Vir sy opname as dirigent en solis van die Mendelssohn Vioolconcerto (Op. 64) saam met die Camerata was die "ECHO-Klassik 2009" prys in die kategorie "opname van die jaar - concertos - 19de eeu - viool" aan hom toegeken.
Kamermusiek Kavakos is ook 'n ywerige kamermusikant en bied elke jaar sy eie kamermusiekfees in sy tuisstad Athene aan, en neem aan verskeie internasionale feeste deel.
Dirigeerwerk Kavakos het ook as dirigent opgetree. Hy was in 2001 aangewys as die hoof gasdirigent van die Camerata Salzburg en het saam met die orkes opgetree as beide solis en dirigent. In 2007 was hy aangewys as die orkes se artistieke direkteur, waar hy Roger Norrington opgevolg het. Op 1 Julie 2009 het hy aangekondig dat hy nie meer as artistieke direkteur sal waarneem nie. Kavakos het verduidelik dat hy nie daarop kon reken om sy pligte as artistieke direkteur uit te voer en 'n kreatiewe atmosfeer te skep nie te midde van die voortgaande moeilikhede en struwelinge wat die ensemble se bestuur betref. (7 algehele veranderings in 8 jare); 'n onlangse mosie van wantroue (in die huidige bestuur) wat deur die ensemble se musikante gebring is; sowel as die versuim van die musikante en personeel om hom van die stem te verwittig, wat daarop dui dat kommunikasie binne die organisasie geheel en al verval het.
Instrumente Met ingang 2017 maak Kavakos gebruik van die "Willemotte" Stradivarius van 1734 wat hy van die Londense en New Yorkse handelaar en kenner Florian Leonhard aangekoop het.https://www.thestrad.com/leonidas-kavakos-acquires-1734-willemotte-stradivarius-violin/6828.article Kavakos het voorheen die "Abergavenny" Stradivarius van 1724 gespeel (sedert Februarie 2010). Hy het sy "Falmouth" Stradivarius van 1692 verkoop, asook 'n 1782 viool deur Giovanni Battista Guadagnini (Torino). Kavakos besit nou slegs die Willemotte en drie moderne viole, insluitende 'n instrument van Florian Leonhard (met ingang 4 September 2010).
Verwysings
Eksterne skakels
Intermusica Kavakos blad North American management: Opus 3 Artists LLC
Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Violiste