Miguel Juan Sebastián Piñera Echenique (Spaans: [miˈɣel ˈxwan seβasˈtjam piˈɲeɾa etʃeˈnike], ; 1 Desember 1949 – 6 Februarie 2024) het twee keer as die president van Chili gedien, van 2010 tot 2014 en van 2018 tot 2022.

Hy was die seun van 'n Christen-Demokratiese politikus en diplomaat en hy het besigheidsadministrasie aan die Pouslike Katolieke Universiteit van Chili en ekonomie aan die Harvard Universiteit studeer. Ten tye van sy dood het hy volgens Forbes 'n beraamde netto waarde van VS$2,7 miljard gehad, wat hom die derde rykste persoon in Chili en die 1177ste rykste persoon in die wêreld gemaak het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van Chili Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Sterftes in 2024