Die datief is die naamval wat die indirekte voorwerp van 'n werkwoord in 'n sin merk. Dit kom van die Latyn "Cāsus datīvus". Dit word onder meer in Duits, Yslands, Russies en Latyn gebruik. Dit word nie in Afrikaans gebruik nie.
Gebruike Duits
In Duits merk die datief die indirekte voorwerp. Dit word ook ná die voorsetsels mit, nach, nebst, samt, seit, von, dank, zu, entsprechend, zufolge, bei, entgegen, außer, aus, gemäß, gegenüber. vereis. Die datief word deur die volgende lidwoorde gemerk:
Dem-manlik en onsydig definitief Der-vroulik definitief Den-meervoud definitief Einem-manlik en onsydig ondefinitief Einer-vroulik ondefinitief
Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde gemerk:
mir-my dir-jou ihm-hom ihr-haar ihm-dit uns-ons euch-julle ihnen-hulle Ihnen-u
Yslands
In Yslands word selfstandige naamwoorde wat in die datief is deur die volgende agtervoegsels aangedui:
-i-manlik enkelvoud -um-manlik meervoud
Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:
mér-my þér-jou okkur-ons ykkur-julle þeim-hulle
Russies
In Russies word die datief gebruik om die indirekte voorwerp van 'n aksie te wys. Wanneer die voorwerp mosie wys word die datief inplaas van die akkusatief gebruik. Die datief word deur die volgende voornaamwoorde aangedui:
мне-my тебе-jou ему-hom ему-dit ей-haar нам-ons вам-u/julle им-hulle
Pools
Pools gebruik die datief in min of meer dieselfde manier as Russies,byvoorbeeld: na werkwoorde wanneer iets weggevat word of wanneer iets met iemand gebeur
Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:
mi/mnie-my nam-ons ci/tobie-jou wam-julle mu/jemu/niemu-hom jej/niej-haar mu/jemu/niemu-dit im/nim-hulle
Hongaars
Die datief word in Hongaars gebruik om die indirekte voorwerp van die werkwoord te wys. Die het twee agtervoegsels wat die datief aandui: -nak en -nek. Die datief word ook partykeer vir "vir" gebruik, byvoorbeeld: "Adom neki(ek gee dit vir hom). Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:
nekem-my neked-jou neki-haar/hom nekünk-ons nektek-julle nekik-hulle
Fins
Fins het nie 'n afsonderlike datief nie, maar die allatief vervul dieselfde rol as die datief.
Armeens In Oos-Armeens word die datief geskep deur 'n lidwoord by die genitief te voeg.
Verwysings
Eksterne skakels