Die X17-deeltjie is ’n hipotetiese subatomiese deeltjie wat voorgestel is deur Attila Krasznahorkay en sy kollegas om sekere afwykende metingsresultate te verduidelik. Die deeltjie is voorgestel om wye hoeke te verduidelik in bane van deeltjies wat geproduseer is tydens ’n kernoorgang van berillium-8-atome, asook in stabiele helium-atome.

Die X17-deeltjie kan die draer van ’n voorgestelde vyfde basiese natuurkrag wees wat moontlik verband hou met donker materie. Dit is dalk ’n X-boson met ’n massa van sowat .

Geskiedenis In 2015 het Krasznahorkay en sy kollegas by die Instituut vir Kernnavorsing van die Hongaarse Wetenskapakademie die bestaan van ’n nuwe, ligte boson voorgestel wat sowat weeg (34 keer swaarder as die elektron). In ’n poging om ’n "donker" foton te ontdek het die Hongaarse span protone afgevuur na dun teikens van litium-7, wat onstabiele berillium-8-kerns tot gevolg gehad het. Dié het toe verval en pare elektrone en positrone geskep. Oormatige vervalle by ’n openingshoek van 140° tussen die deeltjies e+ en e−, en ’n gesamentlike energie van sowat , is waargeneem. Dit het aangedui dat ’n klein deel van berillium-8 dalk sy oortollige energie uitstraal in die vorm van ’n nuwe deeltjie. Die span het die resultaat suksesvol herhaal.

duimnael|250px|Die deeltjies van die Standaardmodel. In 2019 is eksperimente nog uitgevoer om die resultate te bevestig of verkeerd te bewys.

In November 2019 het Krasznahorkay aangekondig hy en sy span het dieselfde afwykings waargeneem in die verval van stabiele heliumatome, en dit het die moontlikheid van die bestaan van die X-17-deeltjie vergroot. Dit is gepubliseer in wetenskappublikasies, wat grootliks gefokus het op die implikasies wat die bestaan van die X17-deeltjie en ’n ooreenstemmende vyfde basiese natuurkrag kan hê in die soeke na donker materie.

Kritiek In 2019 was die artikel waarin die deeltjie beskryf is, nog nie kollegiaal getoets nie, en dit moet dus as voorlopig beskou word. Pogings by CERN en deur ander groepe om die deeltjie onafhanklik op te spoor was ook onsuksesvol.

Die Hongaarse groep het in 2016 ook beweer hulle het verskeie ander nuwe deeltjies ontdek en die bewerings later teruggetrek, sonder om te verduidelik wat die vals seine veroorsaak het. Hulle is ook daarvan beskuldig dat hulle konsentreer op resulte wat nuwe deeltjies ondersteun terwyl hulle negatiewe resultate ignoreer.

Die X17-deeltjie pas nie in die Standaardmodel nie en die bestaan daarvan sal deur ’n ander teorie verduidelik moet word.

Sien ook Lys van deeltjies X- en Y-bosone

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Subatomiese deeltjies Kategorie:Teoretiese fisika Kategorie:Hipotetiese elementêre deeltjies