duimnael|regs|Constantijn Huygens (1623) Constantijn Huygens (4 September 1596 - 28 Maart 1687) was 'n digter, komponis, argitek, diplomaat en geleerde van die Nederlandse Goue Eeu. Hy was die sekretaris van twee prinse van Oranje, Frederik Hendrik en Willem II, Prins van Oranje, asook die vader van die wetenskaplike Christiaan Huygens.

Biografie Constantijn Huygens is in Den Haag gebore as die tweede seun van Christiaan Huygens (senior), die sekretaris van die State-Generaal van die Nederlande, en Susanna Hoefnagel, niggie van die Antwerpense skilder Joris Hoefnagel.

Opvoeding Constantijn was 'n talentvolle kind. Hy en sy broer Maurits is deels deur hul vader en deels deur goewernantes opgevoed, wat deeglike instruksies ontvang het betreffende die seuns se opvoeding. Hy en sy broer het hul eerste musikale lesse op 5-jarige ouderdom ontvang.

Musikale opvoeding Hulle het met sanglesse begin en met behulp van goudkleurige knoppies op hul baadjies note geleer. Dit is opvallend dat Christiaan senior die "moderne" stelsel van 7-nootname aan die seuns oorgedra het in pleks van die tradisionele maar baie ingewikkelder stelsel. Twee jaar later het die eerste lesse op die altviool begin, gevolg deur die luit en die klavesimbel. Constantijn het 'n besondere aanleg vir die luit getoon. Hy is reeds op elfjarige ouderdom gevra om vir ensembles te speel, en later -tydens sy diplomatieke reise- was hy in aanvraag as luitspeler. Hy is gevra om by die Deense hof, en vir Jakobus I van Engeland te speel, hoewel die howe nie bekend was vir hul musikale vermoëns nie. In latere jare het hy ook die meer moderne kitaar geleer. In 1647 publiseer hy in Parys sy Pathodia sacra et profana met sy komposisies van airs de cour in Frans, madrigale in Italiaans, en Psalms in Latyn.

Taallesse Constantijn het ook 'n talent vir tale gehad. Hy het Frans, Latyn en Grieks geleer, en op 'n latere ouderdom Italiaans, Duits en Engels. Hy het deur oefening, dit wil sê die moderne manier, geleer. Constantijn het opleiding ontvang in wiskunde, regte en logika. Hy het ook geleer hoe om 'n snoek ('n tipe wapen) en 'n musket te hanteer. In 1614 het Constantijn sy eerste Nederlandse gedig geskryf. Hy is geïnspireer deur die Franse digter Guillaume de Salluste Du Bartas. In hierdie gedig het hy die plattelandse lewe geprys. In sy vroeë twintigerjare het hy verlief geraak op Dorothea, maar hul verhouding was nie van lange duur nie, en Dorothea het iemand anders ontmoet. In 1616 het Maurits en Constantijn aan die Universiteit van Leiden begin studeer. Hul studies in Leiden is hoofsaaklik gesien as 'n manier om 'n netwerk van kennisse op te bou. Kort daarna is Maurits huis toe geroep ten einde sy vader by te staan. Constantijn het sy studies in 1617 voltooi en teruggekeer huis toe. Dit is gevolg deur ses weke se opleiding onder Antonis de Hubert, 'n prokureur in Zierikzee. De Hubert was toegewy aan die studie van taal- en skryfkuns, en het in 1623 gesprekke met Pieter Corneliszoon Hooft, Laurens Reael en Joost van den Vondel oor taal en ortografie gehad.

Vroeë loopbaan In die lente van 1618 het Constantijn werk gekry by Dudley Carleton, die Engelse gesant aan die hof in Den Haag. In die somer het hy in Londen in die huis van die Nederlandse ambassadeur, Noël de Caron, gewoon. Gedurende sy tyd in Londen het sy sosiale kring uitgebrei en het hy ook geleer om Engels te praat. In 1620, aan die einde van die Twaalfjarige Verposing (sien Tagtigjarige Oorlog) het hy as sekretaris van ambassadeur Francis van Aarssens (François van Aerssen) na Venesië gereis om steun te kry teen die dreigement van hernieude oorlog. Hy was die enigste lid van die afvaardiging wat Italiaans kon praat. In Januarie 1621 het hy na Engeland gereis as sekretaris van ses gesante van die Verenigde Provinsies met die doel om Jacobus I te oorreed om die Duitse Protestantse Unie te ondersteun wat in April van daardie jaar sou terugkeer. In Desember 1621 het hy 'n ander afvaardiging besoek, hierdie keer met die doel om steun vir die Verenigde Provinsies aan te vra, en na 'n jaar en twee maande in Februarie 1623 teruggekeer. Daar was ook 'n verdere reis na Engeland in 1624.

Muiderkring Hy word dikwels beskou as 'n lid van die Muiderkring, 'n groep van die voorste intellektuele wat om die digter P.C. Hooft gesentreer was en gereeld in die kasteel van Muiden naby Amsterdam vergader het. In 1619 het Constantijn in kontak gekom met Anna Roemers Visscher en Pieter Corneliszoon Hooft. Huygens het baie gedigte met Anna uitgeruil. In 1621 het ook 'n poëtiese uitruiling met Hooft begin. Beide sou probeer om dikwels die ander te oortref. In Oktober van daardie jaar het Huygens 'n groot gedig aan Jacob Cats in Nederlands gestuur getiteld 't Voorhout, wat handel oor 'n woud naby Den Haag. In Desember het hy begin met 't Kostelick Mal, 'n satiriese behandeling van die beuselagtighede van daardie era. In 1623 het Huygens sy Printen geskryf, 'n beskrywing van verskillende kenmerke van mense. Hierdie satiriese, moraliserende werk is een van Huygens se moeilikste gedigte. In dieselfde jaar het Maria Tesselschade Visscher en Allard Crombalch in die huwelik getree. Vir die geleentheid is verse deur Huygens, Hooft en Vondel geskryf. Constantijn het tydens die fees met Machteld van Camps geflikflooi. Na aanleiding hiervan het hy die gedig Vier en Vlam geskryf. In 1625 is Otia van Ledige Uren gepubliseer. Hierdie werk bevat sy versamelde gedigte.

Engelse ridderskap en huwelik In 1622, toe Constantijn langer as 'n jaar in Engeland as diplomaat gewoon het, is hy as ridder geslaan deur koning Jakobus I van Engeland. Dit was die einde van Constantijn se vormingsjare en van sy jeug. Huygens was in die tyd werksaam as sekretaris by Frederik Hendrik, Prins van Oranje wat - na die dood van Maurits van Oranje- aangestel is as stadhouer. In 1626 het Constantijn verlief geraak op Suzanna van Baerle. Constantijn het verskeie sonnette vir haar geskryf waarin hy haar "Sterre" noem. Hulle het op 6 April 1627 getrou. duimnael|Huygens en sy kinders deur Adriaen Hanneman. Mauritshuis, Den Haag Huygens beskryf hul huwelik in Dagh-werck. Uit een van die bewaarde manuskripte van hierdie werk blyk dit dat Suzanna 'n aansienlike deel van die werk getranskribeer (of self geskryf het) het, wat daarop dui dat daar 'n noue samewerking tussen man en vrou was. Die egpaar het vyf kinders gehad: in 1628 hul eerste seun, Constantijn jr. Huygens, in 1629 Christiaan Huygens, in 1631 Lodewijck Huygens, en in 1633, Philips. In 1637 is hul dogter Suzanna gebore; kort na haar geboorte is hul moeder oorlede.

Latere loopbaan en Franse ridderskap Huygens het ondanks die hartseer, verdriet en bedroefdheid oor die afsterwe van sy vrou (1638) 'n suksesvolle loopbaan begin. In 1630 is hy tot die Raad en Tesourie aangestel en het hy die boedel van die Oranje-familie bestuur. Hierdie werk het aan hom 'n jaarlikse inkomste van ongeveer 1,000 Nederlandse gulden besorg. In dieselfde jaar het hy die landgoed Heerlijkheid in Zuilichem gekoop en bekend geword as "die heer van Zuilichem". The Lord of Zuilichem - website of the National Gallery of IrelandConstantijn Huygens: Lord of Zuilichem - website of Essential Vermeer In 1632 het Louis XIII van Frankryk, die beskermheer van die beroemde verbanne juris Hugo de Groot, hom as ridder van die Orde van Sint-Michel aangestel. In 1634 het Huygens eiendom in Den Haag aan die noordekant van die Binnenhof van prins Frederik Hendrik ontvang. Die grond was geleë naby die eiendom van 'n goeie vriend van Huygens—graaf Johan Maurits van Nassau-Siegen—wat sy huis (Mauritshuis) ongeveer dieselfde tyd gebou het en gebruik gemaak het van dieselfde argitek, Huygens se vriend Jacob van Campen.

Korrespondensie Afgesien van sy lidmaatskap van die Muiderkring was hy aan die begin van die 1630's ook in kontak met René Descartes, Sanford Budick, “Descartes’s Cogito, Kant’s Sublime, and Rembrandt’s Philosophers: Cultural Transmission as Occasion for Freedom,” from A Journal of Literary History (Washington: Modern Language Quarterly, 1997), 38.Rembrandt,Ibid. en die skilder Jan Lievens. Hy het bevriend geraak met John Donne, en sy gedigte in Nederlands vertaal. Hy was vir maande weens sy verdriet oor sy vrou se dood nie in staat daartoe om poësie te skryf nie maar uiteindelik het hy, geïnspireer deur Petrarch, die sonnet Op de dood van Sterre geskryf, wat goed ontvang is. Hy het die gedig by sy Dagh-werck gevoeg, wat hy onvoltooid gelaat het: die dag wat hy beskryf het nog nie geëindig nie, maar sy Sterre is reeds dood. Nadat hy die onvoltooide werk aan verskillende vriende vir goedkeuring gestuur het, het hy dit uiteindelik in 1658 as deel van sy Koren-bloemen gepubliseer.

Huygens het ook gekorrespondeer met Margaret Croft, Elizabeth Dudley, gravin van Löwenstein, en Mary Woodhouse, 'n vriendin wat hy in 1622 in Londen ontmoet het.Lisa Jardine, Temptation in the Archives (UCL: Londen, 2015), bl. 1-17.

Hofwijck duimnael|links|Hofwijck Na 'n paar jaar as wewenaar het Huygens grond in Voorburg gekoop en opdrag gegee dat Hofwijck gebou word.Official website of Huygens' Hofwijck Hofwijck is in 1642 in die geselskap van vriende en familie ingehuldig. Hier het Huygens gehoop om van die spanning by die hof in Den Haag te ontsnap en sy eie "hof" te vorm. In dieselfde jaar is sy broer Maurits oorlede. As gevolg van sy heimwee en verdriet het Huygens weinig Nederlandse poësie gedurende die tydperk geskryf, maar hy het egter voortgegaan om epigramme in Latyn te skryf. Kort hierna het hy Nederlandse poetsgedigte skryf, wat van nature baie speels is. In 1644 en 1645 het Huygens met ernstiger werk begin. As nuwejaarsgeskenk vir Leonore Hellemans het hy die Heilige Daghen, 'n reeks sonnette oor die Christelike vakansiedae, geskryf. In 1644 is 'n versierde portret van Huygens deur Daniel Seghers en Jan Cossiers geskilder: dit is tans in die Mauritshuis. In 1647 het hy Ooghentroost gepubliseer, waarin speelsheid en ernstigheid verenig is en wat aan Lucretia van Trello gerig is (wat haar sig verloor en reeds halfblind was). Die gedig is as troos aangebied. Huygens het van 1650 tot 1652 die gedig Hofwijck geskryf, waarin hy die vreugdes buite die stad beskryf. Daar word gepostuleer dat Huygens sy poësie geskryf het as 'n testament vir homself, 'n memento mori as sulks, omdat hy in hierdie tyd soveel geliefde vriende en familie verloor het soos onder meer Hooft (1647), Barlaeus (1648), Maria Tesschelschade (1649) en Descartes (1650).

Opvoeding van sy seuns en die nuwe koninklike prins In 1645 het sy seuns Constantijn jr. en Christiaan hul studies in Leiden begin. In hierdie jare het prins Frederik Hendrik van Oranje, die vertroueling en die beskermheer van Huygens, toenemend siek geword en in 1647 beswyk. Die nuwe stadhouer, Willem II van Oranje, het groot waardering vir Huygens getoon en aan hom die landgoed Zeelhem gegee, maar ook in 1650 beswyk. Die kern van Huygens se aktiwiteite het al hoe meer na sy presidentskap van die raad van die Huis van Oranje beweeg, wat in die hande van die jong prins -'n klein baba-was. Gedurende die tydperk het hy gereeld vir werksdoeleindes gereis. Daar was egter sterk meningsverskille tussen die weduwee—skoonmoeder van die baba (Amalia van Solms-Braunfels )—en die weduwee-skoondogter (Maria, koninklike prinses en prinses van Oranje, 4 November 1631 - 24 Desember 1660). links|duimnael|Die vlag van die Oranje-orde, ook bekend as die Boyne Standard. Dit bestaan uit 'n oranje agtergrond met 'n Kruis van Sint George en 'n pers ster wat die simbool van die Willemiet-magte was. Die latere politieke loopbaan van Constantijn Huygens het die sorg van die Nederlands-Engelse prins Willem III behels, wat sedert 11-jarige ouderdom wees gelaat was en later 'n beroemde Protestantse stadhouer in Holland en daarna 'n koning in Engeland geword het.