Kleine Kuppe (Afrikaans: Klein Heuwel) is 'n woongebied wat in die suide van Windhoek, die hoofstad van Namibië, geleë is.Kleine Kuppe Map Kleine Kuppe is 'n middelklasbuurt wat begrens word deur die buurte Olympia in die noorde en Cimbebasia in die weste. Die Engelsmedium privaatskool Windhoek Gymnasium (deel van Curro) het 'n kampus in Kleine Kuppe.

Natuurlike en Ontspanningsfasiliteite duimnael|links|Kleine Kuppe (geel) in Windhoek (donkergrys) Daar is 'n 1 km staproete in Kleine Kuppe wat in Okandekastraat begin, sowel as die Haven-dieretuin.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Windhoek