1. FC Lokomotive Leipzig is 'n sokkerklub uit Leipzig in die deelstaat Sakse in Duitsland. Die klub het as VfB Leipzig die eerste nasionale kampioenskap van Duitsland in 1903 gewen.

Stigting Die klub is op 13 Mei 1896 gevorm uit die sokkerafdeling van Allgemeine Turnverein 1845 Leipzig. In 1898 is daar met Sport Club Sportbrüder Leipzig saamgesmelt (gestig in 1893), maar op 2 Mei 1900 het die twee klubs se weë weer geskei. In 1900 was VfB Leipzig een van die 68 klubs wat in Leipzig die DFB (Duitse Sokkerbond) gestig het.

duimnael|100px|links|Historiese kenteken van VfB Leipzig, Duitsland se eerste nasionale kampioen

Vroeë suksesse In 1903 het die klub die eerste Duitse titel gewen deur die gunstelinge DFC Praag, 'n klub uit Praag in die destydse staat Oostenryk-Hongarye (vandag is Praag die hoofstad van die Tsjeggiese Republiek), wat uit etniese Duitsers bestaan het, met 7-2 in die eindstryd te klop, nadat die halftydtelling nog 1-1 was. Die DFB het destyds sulke “Duitse” spanne in ander state genooi om by hom aan te sluit om sy ledegetalle te verhoog. In 1904 het die klub weer die eindstryd gehaal, maar na 'n dispuut in die een halfeindstryd tussen Karlsruher FV en Britannia Berlyn nooit opgelos is nie, is die eindstryd enkele ure voor dit sou plaasvind deur die DFB afgelas. Die volgende seisoen het die klub weer die uitspeelrondtes gehaal, maar het voor die eerste rondte onttrek omdat die reiskoste nie op daardie stadium deur die klub bekostig kon word nie. Die klub het wel weer in 1906 en 1913 die titel gewen en in 1911 en 1914 die eindstryd gehaal.

In 1933 is die Duitse sokkerstruktuur deur die Nazi’s geherstruktureer en Leipzig is in die Gauliga Sakse ingedeel. Die klub kon egter nooit die liga wen en die uitspeelwedstryde haal nie. In 1937 het die klub wel 'n groot prestasie behaal deur die Tschammerpokal te wen deur FC Schalke 04, die dominante klub van daardie era, in die eindstryd te verslaan.

Na die Tweede Wêreldoorlog Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar in Desember 1945 herstig as Sportgemeinschaft Probstheida. Die naam is hierna verander na BSG Erich Zeigner Probstheida en later na BSG Einheit Ost, voordat die klub in 1954 met SC Rotation Leipzig saamgesmelt het en onder daardie naam in die DDR-Oberliga, Oos-Duitsland se eersteliga, meegeding het. In 1963 het die sokkerowerhede Leipzigse sokker geherstruktureer en die twee belangrikste klubs in Leipzig, SC Rotation en SC Lokomotive Leipzig herstig as twee nuwe klubs, SC Leipzig en BSG Chemie Leipzig. In 1965 is SC Leipzig se sokkerafdeling onafhanklik gemaak as 1.FC Lokomotive Leipzig.

Lok kon nooit die Oos-Duitse titel wen nie, maar het wel die FDGB-Pokal (DDR-Beker) in 1976, 1981, 1986 en 1987 gewen. Die klub het ook die UEFA Intertoto-beker in 1966 gewen en in 1987 die eindstryd om die UEFA Bekerwenner-beker gehaal wat hul met 0-1 teen Ajax Amsterdam verloor het.

Duitse hereniging Na die Duitse hereniging in 1990 is die span in die 2. Bundesliga ingedeel en in 1991 het die klub weer sy voor-oorlogse naam VfB Leipzig teruggeneem. In 1993 het die klub 3de geëindig en het daarmee gepromoveer na die Bundesliga. Die klub is egter na een seisoen gerelegeer en daarna het die klub finansieel en op die veld gesukkel totdat die klub in 2004 bankrot verklaar is.

Die klub is dadelik herstig as 1. FC Lokomotive Leipzig, maar moes as 'n nuwe klub op die 11de vlak in die 3. Kreisklasse begin meeding. Lok het egter sy ondersteunersbasis behou en op 9 Oktober 2004 'n wêreldrekord opgestel deur in 'n 11de vlak-wedstryd teen Eintracht Großdeuben se tweede span 12 421 toeskouers na die Zentralstadion in Leipzig te trek. Die klub het in 2004 met SSV Torgau saamgesmelt en sy plek in die sewende liga ingeneem. Tans (2007/08-seisoen) ding die klub in die Landesliga Sakse op die vyfde vlak mee.

Erelys Duitse sokkerkampioen: 1903, 1906, 1913 DFB-Pokal: 1936 FDGB-Pokal: 1976, 1981, 1986, 1987 UEFA Intertoto-beker: 1966

Onlangse ligaposisionering 1965-66 (I) DDR-Oberliga 3de 1966-67 (I) DDR-Oberliga 2de 1967-68 (I) DDR-Oberliga 5de 1968-69 (I) DDR-Oberliga 14de 1969-70 (II) DDR-Liga, St. Suid 1ste 1970-71 (I) DDR-Oberliga 10de 1971-72 (I) DDR-Oberliga 8ste 1972-73 (I) DDR-Oberliga 4de 1973-74 (I) DDR-Oberliga 5de 1974-75 (I) DDR-Oberliga 8ste 1975-76 (I) DDR-Oberliga 4de 1976-77 (I) DDR-Oberliga 5de 1977-78 (I) DDR-Oberliga 4de 1978-79 (I) DDR-Oberliga 5de 1979-80 (I) DDR-Oberliga 6de 1980-81 (I) DDR-Oberliga 6de 1981-82 (I) DDR-Oberliga 3de 1982-83 (I) DDR-Oberliga 4de 1983-84 (I) DDR-Oberliga 3de 1984-85 (I) DDR-Oberliga 3de 1985-86 (I) DDR-Oberliga 2de 1986-87 (I) DDR-Oberliga 3de1987-88 (I) DDR-Oberliga 2de 1988-89 (I) DDR-Oberliga 5de 1989-90 (I) DDR-Oberliga 8ste 1990-91 (I) NOFV Oberliga Noordoos 7de 1991-92 (II) 2.Bundesliga 7de 1992-93 (II) 2.Bundesliga 3de 1993-94 (I) Bundesliga 18de 1994-95 (II) 2.Bundesliga 13de 1995-96 (II) 2.Bundesliga 9de 1996-97 (II) 2.Bundesliga 8ste 1997-98 (II) 2.Bundesliga 15de 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 2de 1999-00 (III) Regionalliga Noordoos 9de 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos/Suid 2de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos/Suid 4de 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos/Suid 4de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos/Suid 17de bankrotskap 2004-05 (XI) 3.Kreisklasse, Stapel-2 1ste 2005-06 (VII) Bezirksklasse, Stapel-2 1ste 2006-07 (VI) Bezirksliga Leipzig 1ste 2007-08 (V) Landesliga Sakse 2de 2008-09 (V) Oberliga Noordoos-Suid

Eksterne skakels Amptelike klubblad The Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Noordoos-Suid 2008/09-seisoen VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | FC Erzgebirge Aue II | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | 1. FC Gera 03 | VfB Germania Halberstadt | FC Rooiwit Erfurt II | FC Carl Zeiss Jena II | 1. FC Lokomotive Leipzig | SSV Markranstädt | ZFC Meuselwitz | 1. FC Maagdenburg II | VfB Pößneck | FC Groenwit Wolfen | FSV Zwickau

Leipzig Kategorie:Leipzig