regs|250px|duimnael|Betogers in Yangon. Die boodskap op die banier lees Nie-geweld: Nasionale Beweging in Birmaans regs|250px|duimnael|Betogers op pad na die Chinese konsulaat in Chicago
Die 2007 Mianmarese anti-regeringsbetogings was 'n golf betogings wat op 15 Augustus 2007 in Mianmar (wat ook as Birma bekendstaan) begin het. Die betogings het begin nadat die regerende militêre junta brandstofsubsisdies opgehef het wat gelei het tot 'n styging in die prys van brandstof van sowat 500%.Monks pressure Myanmar junta. Die aanvanklike betogings wat deur opposisie politieke aktiviste en studente gelei is, is vinnig en fel onderdruk en tientalle betogers is gearresteer en aangehou.
Op 18 September is nuwe betogings deur duisende Boeddhiste monnike begin. Nadat die betogings aanvanklik vreedsaam verloop het, het die regering op 26 September in weerwil van internasionale oproepe tot beheersing op brutale wyse ingegryp om die protesaksie te onderdruk.UN envoy warns of Myanmar crisis As deel van die regeringsoptrede is aandklokreëls in Yangon en Mandalay ingestel, openbare internettoegang is afgesny, traangas is gebruik om betogings op te breek, honderde betogers is in hegtenis geneem en monnike is geslaan. Daar is ook met masjiengewereBurmaNet News , Irrawaddy: International Pressure Building on Burma – Lalit K. Jha , besoek op 29 September 2007abs NEWS, Myanmar Soldiers Fire Weapons Into Crowd, besoek op 29 September 2007 op betogers gevuur en 'n aantal betogers en 'n Japannese fotograaf is doodgeskiet. Teen 28 September het die regeringsmagte daarin geslaag om die meeste van die massabetogings te onderdruk en moes slegs klein groepies aktiviste verjaag word. Die monnike is deur middel van geslote hekke, doringdraadversperrings en wagte om kloosters daarvan verhoed om verder aan die optogte deel te neem.abs NEWS, Troops Take Back Control in Myanmar, besoek op 29 September 2007
Aangesien die regering buitelandse joernaliste verhinder om die land in te gaan, kom die meeste verslae oor en beelde van die gebeurtenisse van skrywers van webjoernale en ander ongeïdentifiseerde bronne.Japanese journalist shot to death covering protests in Burma, by die USA Today. Laaste besoek op 29 September 2007. Die meeste van die land se internetskakels na die buitewêreld is egter geknip, selfoonseine is geblokkeer en daar was byna geen telefoniese verbindings nie. Alhoewel die regering die buitelandse media vir die betogings blameer, beweer hulle dat hierdie skielike breuk in kommunikasieverbinding die gevolg was van 'n beskadiging aan die land se onderwaterse, hoof-internetkabel.Junta tightens media screw by die BBC-nuuswerf. Laaste besoek op 29 September 2007.
Die Mianmarse regeringsoptrede is wêreldwyd verdoem en sanksies is deur die Verenigde State ingestel terwyl die Europese Unie bestaande sanksies teen die land uitbrei. Beswaar is ook in verskeie lande op diplomatieke vlak en by die Verenigde Nasies aangeteken insluitend deur buurlande soos Indië"Political reform in Myanmar should be broad-based, says India", Times of India, September 26, 2007 en Thailand. Die VSA en die Europese Unie het ook 'n oproep gemaak vir strafmaatreëls, samesprekinge met die opposisie leier en Nobelpryswenner Aung San Suu Kyi en etniese minderheidsgroepe deur die Verenigde Nasies Veiligheidsraad, maar China, wat as permanente lid van die Veiligheidsraad vetoreg het, het egter aangedui dat die land nie ten gunste van sulke stappe is nie.The Star, Malaysia, West seeks U.N. sanctions on Myanmar, China says "No" , besoek op 29 September 2007 Rusland en China, wat vriendskaplike bande met die Mianmarse regime het, het in Januarie 2007 hulle vetoreg gebruik teen 'n ontwerpsresolusie, wat deur die VSA opgestel is, waarin die junta versoek is om die vervolging van minderhede en die opposisie te staak.
Suid-Afrika se Nobelvredespryswenner Desmond Tutu het 'n beroep gedoen op China om in te gryp om "hierdie brutale mans aan te sê om hulle brutaliteit te staak". Hy het bygevoeg dat as Sjina nie sy invloed oor die regering sou gebruik nie hy hom sou skaar by 'n veldtog om die Beijing Olimpiese spele in 2008 te boikot.Desmond Tutu vädjar till Burmas ledare Dagens Nyheter, September 28, 2007.
Agtergrond Militêre diktatorskap Mianmar word reeds sedert 1962 deur 'n militêre diktatorskap regeer nadat Generaal Ne Win 'n militêre staatsgreep uitgevoer het en die land vir 26 jaar regeer het. In 1974 is antiregeringsbetogings by die begrafnis van U Thant geweldadig onderdruk.
In 1988 het onrus wat deur ekonomiese wanbestuur en politieke onderdrukking aangewakker is gelei tot grootskaalse prodemokrasie betoging in wat as die 8888 Opstand bekend staan. Honderde betogers is deur die veiligheidsmagte doodgemaak. Generaal Saw Maung het 'n staatsgreep uitgevoer en die State Law and Order Restoration Council (SLORC) gevorm om die land te regeer. In 1989 het die SLORC krygswet afgekondig nadat betogings opnuut opgevlam het. Die militêre regering het planne vir 'n algemene verkiesing teen 31 Mei 1989 voltooi. In Mei 1990 is 'n vrye verkiesing vir die eerste keer in byna dertig jaar gehou. Die Nasionale Bond vir Demokrasie (Afkorting: NLD van die Engels: National League for Democracy) party van Aung San Suu Kyi het die verkiesing oorweldigend gewen met 392 van die 489 setels. Die verkiesing is egter deur die SLORC, wat geweier het om te bedank, nietig verklaar.
Aung San Suu Kyi is onder huisarres geplaas. Tydens haar huisarres is sy in 1990 die Sakharovprys vir vryheid van denke toegeken in in 1991 die Nobelprys vir Vrede. Ondanks internasionale oproepe vir haar vrylating is sy is sedert 1990 voortdurend onder huisarres of in aanhouding geplaas en kan tot vandag toe nie vrylik beweeg nie.
Menseregteskendings Die generaals wat Mianmar regeer onderdruk die bevolking van die land reeds vir vyftien jaar lank stelselmatig en ten spyte van talle vergrype en internasionale druk bly hulle steeds aan bewind.
Onder die generaal se bewind het Mianmar verval tot een van die wêreld se voorste vervaardigers van heroïen.The Burma Project/Southeast Asia Initiative , Burma, Country in Crisis, besoek op 29 September 2007 MIV-lyne wat hulle oorsprong in Mianmar het word langs heroïenroetes na naburige lande versprei en die regering voer stelselmatig grusame menseregte misdrywe teen sy onderdane uit wat die vernietiging van 2 700 dorpies sedert 1996 insluit, reuse gedwonge verskuiwings, verkragting van etniese minderhede deur regerings soldate, wydverspreide dwangarbeid en die gebruik van meer as 70 000 kindersoldate deur die regime.International harold Tribune, Myanmar: A job for the Security Council, besoek op 29 September 2007 Marteling is 'n alledaagse gebeurtenis in Mianmar en artbitrêre teregstellings vind gereeld plaas.
As gevolg van die vergrype het meer as 700 000 vlugtelinge uit Mianmar na buurlande, veral Thailand gevlug.
Die meer brutale menseregteskendings vorm deel van 'n breër onderdrukking van basiese vryhede. Daar is geen sprake van vryheid van uitdrukking in die land nie en selfs kunsuitstallings moet deur die militêre owerhede goedgekeur word. Weinig onafhanklike media bly oor en die is onderhewig aan swaar sensuur. Die staatsbeheerde uitsaaiwese is onverskuilde propagandamasjien van die regerende regime en Mainamar se burgers se enigste bron van akkurate nuus is internasionale radio stasies. Openbare opposisie teen die junta se beleide is strafbaar met tot twintig jaar gevangenis straf en die besit van ongelisensieerde faksmasjiene en of modems met vyftien jaar.
Verder word vryheid van assosiasie en vergadering ontneem en alle politieke vergaderings is verbode. Politieke partye soos die NLD word gemonitor en lede word lastig geval of gearresteer. Teen 2000 is daar geskat dat ten minste 1 700 politieke gevangenes in aanhouding was.
Die militêre regering onderdruk en manipuleer ook godsdienstige uitdrukking in die land. In die grootliks Boeddhistiese land dring die regering op geestelikes se ondersteuning aan en word kloosters gestroop om leiers wat hulle teë gaan te verwyder. Moslems in die suidweste van die land is blootgestel aan weermag aanvalle wat in 1997 gelei het tot 25 000 vlugtelinge na Bangladesj.BBC Nuus, Burmese exiles in desperate conditions, besoek op 30 September 2007 Christenkerke word ook fyn dopgehou en en kerk aktiwiteit word ingeperk.
Ekonomiese toestand Mianmar het geweldige ekonomiese potensiaal. Die land is ryk aan minerale en lanbougeleenthede en ten spyte van regeringsverwaarlosing is daar steeds 'n sterk onderwystradisie. Goeie infrastruktuur is ook tydens die Britse Koloniale bewind opgerig. bestendige groei het na onafhanklikheid gevolg, maar die militêre regime wat van 1962 af regeer het se isolasionistiese "Birmaanse Weg na Sosialisme" beleid groot skade berokken en het dit die land verarm van 'n land wat in die 1950's deur die Wêreldbank gesien is as een van die in Asië met die beste vooruitsigte tot een van die armste lande ter wêreld.Reuters , Myanmar fuel rises suggest junta budget crunch , besoek op 29 September 2007
Desperate ekonomiese toestande het bygedra tot die pro-demokrasie betogings van 1988. Oor die afgelope aantal jare het ekonomiese liberalisering veranderinge ingelui. Ekonomiese ontwikkeling raak egter slegs 'n klein minderheid van die bevolking en die meeste Birmane baat nie daarby nie. Hoë inflasie verminder hulle koopkrag wat sake verder bemoeilik. Die regering spandeer 40% van sy begroting op militêre besteding ten spyte van die algehele gebrek aan buitelandse bedreiginge.
Die Miniamarse junta se ekonomiese beleid berus op die uitvoer van die land se hulpbronne met min of geen waardetoevoeging. Koper, hout en en energie uitvoere ondersteun 'n ekonomie wat byna geheel en al afhanklik is van invoere en blootgestel is aan wispelturigheid van hulpbronpryse. Buitelandse inkomste en beleggings is swak bestuur en beplande hidroëlektriese skemas sal waarskynlik noodgedwonge elektrisiteit moet uitvoer om die ekonomie te ondersteun eerder as om ekonomiese en maatskaplike groei te ondersteun.The Power and Interest News Report , Economic Brief: The Economic Factors Behind the Myanmar Protests' , besoek op 29 September 2007
Die junta begeef hom ook in ondeurdagte projekte soos die inligtingstegnologie projek by Jadanabon in 'n land met argaïese kommunikasie-infrastruktuur wat nie so 'n projek sal kan ondersteun nie. 'n Ander voorbeeld is die landswye jatropha (medisinale neut) plantasies wat nie na noemenswaardige ekonomiese ontwikkeling sal lei nie.