Anastasius I was die 39ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Pous Anastasius I is 'n Romein van geboorte. Op 27 November 399 volg hy Pous Siricius op en regeer tot sy dood op 19 Desember 401. Hy word opgevolg deur Pous Innocentius I. Die naam ‘Anastasius’ beteken ‘die heropgestane’.

Pontifikaat Pous Anastasius I het Origenisme (die leerstellings van die teoloog Origenes van Alexandrië) veroordeel. Hy was bevriend met Hieronimus van Stridon, Augustinus en Paulinus van Nola. Daar word gesê dat hy die vader van sy opvolger Pous Innocentius I was.

Volgens oorlewering het hy karig en baie vroom gelewe. Daar is slegs drie briewe van hom wat behoue gebly het. Pous Anastasius I het die kerkskeuring met die kerk van Antiogië oorbrug.

Verering Anastasius word as heilige in die Rooms-Katolieke Kerk vereer. Sy feesdag is 19 Desember. Die reliek van Anastasius is in 846 saam met die reliek van sy opvolger Pous Innocentius I deur die Saksiese hertog Liudolf na Gandersheim gebring.

Verwysings Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.

Eksterne skakels

Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Kategorie:Geboortes in 340 Anastasius I Anastasius I Kategorie:Sterftes in 401