Die naam (ama)Ndebele is 'n generiese naam wat gebruik word om drie Ngunisprekende etniese groepe in Afrika aan te dui. Die Suidelike-Ndebele woon in die Republiek van Suid-Afrika, terwyl die Noordelike-Ndebele in Zimbabwe gevind kan word.Philemon Buti Skhosana, The Linguistic Relationship between Southern and Northern Ndebele, ongepubliseerde D.Litt. verhandeling, Universiteit van Pretoria, 2009, bl. 1.
Geskiedenis van die Ndebele van Zimbabwe duimnael|links|Silkaats se koningstat (iBhotwe?), moontlik eGabeni in die Marico, geskilder deur W.C. Harrisduimnael|Matebelekryger in dansgewaad in Lobengoela se stat Die Noordelike-Ndebele (ook bekend as die Matabeles) is 'n inheemse Afrika stam wat in Zimbabwe woon. Hulle was oorspronklik 'n vertakking van die Zoeloevolk, en hul oorsprong kan teruggespoor word na die opstand van hul leier Silkaats. Nadat hy in 1817 deur Tsjaka in bevel geplaas is, het hy na 'n suksesvolle strooptog nie sy regmatige hulde aan Tsjaka betuig nie. Tsjaka het onmiddellik 'n strafekspedisie uitgestuur om hom en sy volgelinge uit te wis, maar Silkaats vlug oor die Drakensberge. Daar het hy begin om die inwoners van die gebied, nou bekend as Mpumalanga, Vrystaat, Noordwes en Gauteng provinsies, stelselmatig uit te moor. Dit was deel van die Mfecane. In 1836 bots hy met die Voortrekkers en word hy verslaan by Vegkop en Mosega. Uiteindelik het hy die Limpopo oorgesteek en sy volgelinge daar gevestig as die Matabele. Daarna is hulle erken as die vernaamste militêre mag in dié deel van Suider-Afrika, met die Masjonas as hul diensknegte. Na die dood van Silkaats in 1868 het die mag oorgegaan na sy seun, Lobengoela. Hul militêre mag is finaal gebreek na die Matabele-oorlog van 1893, ten spyte van 'n gepoogde herlewing daarvan in die Matabele-opstand van 1896–1897.
Geskiedenis van die Ndebele van Suid-Afrika Aldus die voorgeskiedenis van die Ndebele van Suid-Afrika (voorheen bekend as die Ndebele van Transvaal) was Musi die stamvader van die Ndebele. Hy het vyf seuns gehad, naamlik Manala, Ndzundza, Mathombeni, Dlhomu en Huaduba. Die stam is onder hierdie seuns verdeel. Dlhomu het in Natal agtergebly toe die ander seuns na Transvaal verhuis en in die omgewing van die latere Pretoria gevestig het. Ndzundza en sy volgelinge het later na die Steelpoortvallei verhuis en Mathombeni (ook bekend as Yakalala of Kekaan) het na Zebediela uitgewyk. Hierdie gebeure het na berekening in die sestiende of sewentiende eeu plaasgevind.HCM Fourie, Amandebele van Fene Mahlangu en hun religieus-sociaal leven,D.Phil verhandeling, Rijksuniversiteit, Utrecht, 1921. Transvaal Native Affairs Department, Short history of the native tribes of the Transvaal, Staatsbiblioteek, Pretoria Die Noord-Ndebelestamme word oor die algemeen noord van die Springbokvlakte en die Suid-Ndebele suid van die Springbokvlakte aangetref.CJ Coetzee, Die strewe tot etniese konsolidasie en nasionale selfverwesenliking by die Ndebele van Transvaal, Ph.D. proefskrif, P.U. vir C.H.O., 1980, bl. 207
Ndzundza van Mabhoka Soos vermeld het Ndzundza en sy volgelinge na die Steelpoortvallei uitgewyk en hulself by kwaSimkhulu, aan die bolope van die Steelpoortrivier, gevestig. Die stam het mettertyd na kwaMaza (Stoffberg omgewing) verhuis en daar vir omtrent 160 jaar op die oop vlaktes gewoon.C.J. van Vuuren, Ndzundza-Ndebele en die Mapochsgrotte, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Etnologie, volume 8, nommer 2, bladsy 15 In die 1820's het die Mfecane ook 'n inpak op die inwoners van die Steelpoortvallei gehad. Die Ndzundza is ook verslaan en hul oorblyfsels het noordwaarts na Marabastat uitgewyk.Coetzee, supra, bl. 244. Mabhoko het in 1837 hoofman van die Ndzundza geword en twee jaar later het hy die klein en waarskynlik armoedige oorblyfsels van die Ndzundza na die Steelpoortvallei, die land van hul voorvaders, terug geneem. Die stam noem daardie woongebied Nomtshagelo.Coetzee, supra, bl. 245. Daar aangekom het die Mokwana van Makwaniestat 'n plek genaamd Erholweni, wat vandag ook as Hoofstat bekend staan, as woonplek aan hulle uitgewys. Gedagtig aan die wyse waarop die stam 15 jaar tevore deur Silkaats of Zwide op die vlaktes van die Steelpoortvallei verslaan is, moes die plek hulle geval het. Die bergagtige terrein, wat met digte plantegroei oortrek was, sou beskerming bied teen menige vyand. Die kranse, skeure en grotte kon gebruik word as wegkruipplekke, bergplekke vir kos en natuurlike versterkings. Die menigte standhoudende stroompies wat uit die Steenkampsberge gevloei het en die vrugbare valleie het 'n blink toekoms vir die Ndzundza voorspel. Aanvanklik het die Ndzundza Sekwati, die opperhoof van die Bapedi, as hul opperhoof erken.Peter Delius, The land belongs to us, Ravan Press, Johannesburg, 1983, bl. 91-2.
Intussen het die blanke emigrante uit die Kaapkolonie die Transvaal binnegedring. Ná verskeie ontdekkingsreise deur hul leier, Andries Hendrik Potgieter, is besluit om na die teenswoordige Mpumalanga te trek. In 1845 het die trekkers hulle om Ohrigstad gevestig en begin om plase aan te lê. Hoewel Potgieter, na die slag van Vegkop (Desember 1836) en Mosega (Januarie 1837), homself as eienaar van die Hoëveld beskou het, is ooreenkomste met Sekwati en Mswati, die opperhoof van die Swazi's, aangegaan ingevolge waarvan die grond waarop die trekkers wou bly aan hulle oorgedra is. Ingevolge die ooreenkoms met Mswati is byna die hele Mpumalanga verruil vir 100 aanteelbeeste. Die regsgeldigheid van hierdie ooreenkomste word vandag betwyfel.Delius, supra, bl. 33.
Die teenwoordigheid van Mabhoko (Mapoch genoem deur die emigrante) en sy stam (Mapochs genoem deur die emigrante) is met die aanleg van plase totaal geïgnoreer. Hy was eenvoudig as ondergeskikte van Sekwati of Mswati beskou en boere het vir hulself plase kruis en dwars oor sy grond laat aanteken. Die plase Vlakfontein (A.N. van Kraayenburg), Jakkalsvlij (H.J. van Wyk, sr), Vlugkraal (H.J. van Wyk, jr) en Legerplaats (H.T. Bührmann) het ongeveer die totale gebied waaroor die Mapochs in daardie stadium versprei was, ingesluit.Albert van Jaarsveld, Die Ndzundza-Ndebele en die Blankes in Transvaal, 1845–1883, M.A. verhandeling, Rhodes Universiteit, bl. 54. Dit is vanselfsprekend dat wrywing tussen die emigrante (toenemend Voortrekkers of Boere genoem) en die Mapochs sou volg, hoofsaaklik weens veebuitery oor en weer, besit van vuurwapens deur swartes, belasting, arbeid en grondgebruik.
In 1860 is vrede gemaak tussen die Boere en Mapoch. Bovermelde vier plase is aan hom toegewys en hy het belowe om belasting te betaal. Binne 'n paar maande was daar weer moeilikheid. Dit het tot die eerste oorlog teen die Mapochs aanleiding gegee. In die vyf jaar wat hierdie oorlog geduur het, kon die Boere nie daarin slaag om Mapoch te oorwin nie. Kommandant P. W. A. Nel het toe op eie houtjie vredesonderhandelinge met Mapoch aangeknoop. Op 6 Mei 1865 rapporteer hy aan die regering dat dit so vrot met die Boere gegaan het dat die plaaslike burgers besluit het om 'n afvaardiging na Mapoch te stuur om uit te vind wat die beste manier was om voorlopig vrede te maak. Mapoch was ten gunste van vrede, solank elke blanke wat in sy grondgebied woon bereid was om 'n bees te betaal aan Mapoch. Mapoch het ook gesê dat dit sy grond was en dat hy tot sy dood daarvoor sal baklei.Transvaal Argief Bewaarplek (TAB): SS67, bladsy 59 ook R.548/65. Sien ook Van Jaarsveld, supra, bladsy 119. Die regering het Nel se optrede goedgekeur. Die effek hiervan was dat die Boere hul soewereiniteit oor 'n groot gebied verloor het en blankes binne daardie gebied verplig was om aan Mapoch tribuut te betaal vir die reg om daar te boer. Vir die volgende twaalf jaar het hierdie stelsel goed gewerk en die Mapoggers het nooit opgaaf aan die Boere betaal nie.
Met verloop van tyd het die Mapoggers aangewas, hul veestapel vermeerder en, veral na die ontdekking van diamante in die Noord-Kaap, het hulle al hoe meer vuurwapens in die hande gekry. Hulle het meer en meer omringende plase beset en blankes toegelaat om op sommiges te boer, solank hulle tribuut aan die Mapoggers betaal. Hulle het begin om versterkings, in die vorm van skanse en klipmure, om hulle vestings op te rig. Hulle het ook geleidelik hulself losgemaak van die Pedi- en Swazi- oppergesag.
Mapoch is in 1865 oorlede. Sy hoofvrou se oudste seun, Mkephuli (ook bekend as Soqaleni of Cornelis), het hom opgevolg. Na sy dood in 1873 is hy deur sy broer Rhobongo opgevolg. In 1877 het die Britte die Transvaal geannekseer. Een van die redes vir die anneksasie was die feit dat Boere in groot gedeeltes van die land onderhorig geword het aan swart opperhoofde. Sir Theophilus Shepstone se proklamasie lui juis dat "this decay of power and ebb of authority in the north is being followed by similar processes in the south under yet more dangerous circumstances".A. Aylward, The Transvaal of Today, William Blackwood and Sons, Edinburgh, 1878, bl. 392. In 1879 het Mapoch se derde seun, Nyabela, sy broer opgevolg. Die Britte het 'n Mapochs Commission aangestel om grondeise in die omgewing van die Mapoggers te ondersoek, maar daar het niks van gekom nie. Wat die Britte wel bereik het, was om die Bapedi, wat tussen die Olifants- en Steelpoortrivier gewoon het, aan te val, te oorwin en hul opperhoof, Sekhukhune, in die tronk te stop.
Daarna het die eerste Anglo-Boereoorlog plaasgevind. Na afloop daarvan en wel op 3 Augustus 1881 het die strydendes die Konvensie van Pretoria onderteken. Ingevolge artikel 21 sou 'n lokasiekommissie in die lewe geroep word. Artikel 22 het gelui: "The Native Location Commission will reserve to the native tribes of the State such locations as they may be fairly and equitably entitled to, due regard being had to the actual occupation of such tribes… "Sien http://www.sahistory.org.za Ingevolge artikel 23 moes Sekhukhune vrygelaat word. Hy is vrygelaat en het na sy hoofstat naby die sameloop van die Olifants- en Steelpoortrivier teruggekeer.
Die lokasiekommissie is eindelik opgestel. Dit het bestaan uit generaal Piet Joubert, mnr Hudson, die Britse Resident, en 'n addisionele lid. Hulle het besluit om te begin deur 'n lokasie vir die Mapoggers uit te meet. Op 1 September 1882 het Joubert aan Nyabela geskryf dat die kommissie hom binnekort sou besoek om 'n lokasie vir hom uit te meet. Nyabela is aangesê om die kommissie op Stoffberg se plaas te ontmoet. Hy het geweier om dit te doen en die kommissie het geweier om Nyabela in sy hoofstat te ontmoet. Die kommissie het toe besluit om na Pretoria terug te keer.Van Jaarsveld, supra, bl. 187-9
Intussen, op 13 Augustus 1882, het ondersteuners van Mampuru vir Sekhukhune vermoor. Joubert het besluit om al die kommando's van die ZAR op te roep om Mampuru te arresteer. Toe die kommando's Nyabela se hoofstat nader, het Joubert besluit om eers met Nyabela af te reken. Die Mapogoorlog het in November 1882 begin. Tydens die oorlog het Mampuru by Nyabela gaan skuil. Die oorlog het 8 maande geduur totdat Nyabela vir Mampuru uitgelewer en self oorgegee het. Beide is Pretoria toe geneem vir verhoor. Mampuru is tereggestel en Nyabela is in die tronk gestop. Sommige van Nyabela se hoofmanne het 7 jaar gekry.H.P. van Coller, Mampoer in die stryd om die Bapedi-troon (Die Mapochoorlog, 1882-3, M.A. verhandeling, U.P., 1941; Van Jaarsveld, supra.
Die Volksraad het geen tyd verspil om die laaste spyker in die Mapoggers se doodskis te probeer slaan nie. Op 20 Julie 1883 het die Volksraad besluit: dat die volk van Mapog en Mampoer as afsonderlike stam opgebreek word en stamlede by blankes ingeboek word; dat stamlede vir hul arbeid vergoed moet word in voedsel, behuising en lone teen £3 per jaar, maar dat agterstallige belasting van hierdie bedrag afgetrek en aan die regering oorbetaal moes word;