Die Stade Geoffroy-Guichard is 'n meerdoelige stadion in die Franse stad Saint-Étienne. Dit is genoem na Geoffroy Guichard, die stigter van die Franse kettingwinkel-groep Casino. Guichard het die perseel gekoop waarop die stadion opgerig is, en ook die sokkerklub AS Saint-Étienne is oorspronklik deur Casino-werkers gestig.
duimnael|links|Die Stade Geoffroy-Guichard se spelertonnel In die Stade Geoffroy-Guichard word hoofsaaklik sokkerwedstryde gehou soos dié van die Europese Sokkerkampioenskap 1984, die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 en die Europese Sokkerkampioenskap 2016. Die stadion word daarnaas ook vir rugbywedstryde gebruik en was een van die gasheerstadions van die Rugbywêreldbeker 2007 en die Rugbywêreldbeker 2023.
Die stadion dra die byname le Chaudron vert ("die Groen Ketel") en l'Enfer vert ("die Groen Hel") – 'n verwysing na die plaaslike sokkerklub AS Saint-Étienne se spankleure. Die byname is sedert die 1960's en 1970's gebruiklik toe die klub nog baie gewild was en groot getalle toeskouers gelok het. Die stadion se grootste aantal toeskouers was 47 000 in die jaar 1985.
Die stadion is op 13 September 1931 ingewy en die eerste wedstryd tussen AS Saint-Étienne en FAC Nice het vier dae later plaasgevind.
Fotogalery
Wedstryde Europese Sokkerkampioenskap 1984
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 14 Junie 1984 20:30 1–1 Groep B 16 972 19 Junie 1984 20:30 3–2 Groep A 47 589
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 14 Junie 1998 17:30 1–0 Groep F 30 600 17 Junie 1998 17:30 1–1 Groep B 30 600 19 Junie 1998 21:00 0–0 Groep D 30 600 23 Junie 1998 21:00 0–3 Groep A 30 600 25 Junie 1998 16:00 2–2 Groep E 30 600 30 Junie 1998 21:00 2–2 (4–3 straf.) Agtste eindrondte 30 600
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 19 Junie 2003 19:00 2–1 Groep B 16 944 20 Junie 2003 21:00 2–1 Groep A 33 070 22 Junie 2003 21:00 0–1 Groep A 24 541 23 Junie 2003 21:00 2–2 Groep B 29 170 28 Junie 2003 18:00 1–2 Klein finale 18 237
Rugbywêreldbeker 2007
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 9 September 2007 18:00 56–10 Groep C 34 162 26 September 2007 20:00 25–21 Groep A 34 124 29 September 2007 21:00 18–16 Groep C 34 071
Europese Sokkerkampioenskap 2016
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 14 Junie 2016 21:00 1–1 Groep F 38 742 17 Junie 2016 18:00 2–2 Groep D 38 376 20 Junie 2016 21:00 0–0 Groep B 39 051 25 Junie 2016 15:00 1–1 (5–4 straf.) Agtste eindrondte 38 842
Rugbywêreldbeker 2023
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 9 September 2023 13:00 52–8 Groep A 35 515 17 September 2023 17:45 15–22 Groep C 41 294 22 September 2023 17:45 19–10 Groep D 38 358 1 Oktober 2023 17:45 34–14 Groep C 41 342
Eksterne skakels
Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Frankryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Frankryk