Die Sesdaagse Oorlog (Hebreeus: מִלְחֶמֶת שֵׁשֶׁת הַיָּמִים, Milhemet Sjesjet Ha Jamim; Arabies: النكسة, an-Naksah, "Die Terugslag", of حرب 1967, Ḥarb 1967, "Oorlog van 1967") het tussen 5 en 10 Junie 1967 plaasgevind tussen Israel en die naburige state Egipte en Sirië (toe bekend as die Verenigde Arabiese Republiek), asook Jordanië.
Betrekkinge tussen Israel en sy buurlande het in 1967 nog nie heeltemal herstel ná die Arabies-Israeliese Oorlog van 1948 nie. In 1956 het Israel die Sinaiskiereiland in Egipte binnegeval; een van sy doelwitte was om die Straat van Tiran te heropen wat Egipte sedert 1950 vir Israeliese skepe geblokkeer het. Israel moes eindelik noodgedwonge terugtrek, maar is verseker die Straat van Tiran sal oopbly. ’n VN-noodmag is aan die grens ontplooi, maar daar was geen demilitarisasie-ooreenkoms nie.
In die maande voor Junie 1967 het spanning gevaarlik toegeneem. Israel het sy posisie voor 1956 herhaal dat die sluiting van die Straat van Tiran vir Israeliese skepe ’n oorlog sou veroorsaak. In Mei het die Egiptiese president, Gamal Abdel Nasser, aangekondig die straat gaan vir Israeliese skepe gesluit word en hy het Egiptiese magte aan die grens met Israel gemoboliseer. Op 5 Junie het Israel ’n reeks lugaanvalle op Egiptiese vliegvelde uitgevoer. Die vraag oor watter kant die oorlog begin het, is een van ’n paar omstrede kwessies van die konflik.
thumb|links|220px|Die stertgedeelte van 'n Egiptiese MiG-19 wat in die lugaanval vernietig is. Die Egiptenare is onkant betrap en feitlik die hele Egiptiese Lugmag is vernietig, terwyl Israel net ’n paar verliese gely het. Die land het terselfdertyd ’n grondaanval op die Gazastrook en die Sinaiskiereiland van stapel gestuur, wat die Egiptenare ook onkant betrap het. Ná aanvanklike teenstand het Nasser gelas dat die Sinai ontruim word. Israeliese magte het weswaarts agter die Egiptenare aangestorm. Die Israeli's het hulle groot verliese toegedien en die Sinai verower.
Jordanië het ’n week voor die oorlog ’n verdedigingsverdrag met Egipte gesluit; die ooreenkoms het voorsiening daarvoor gemaak dat Jordanië in geval van oorlog nie ’n aanvallende rol sou speel nie, maar sou probeer om Israeliese magte te keer om grondgebied te verower.
Sowat ’n uur ná die Israeliese lugaanval het Kaïro die bevelvoerder van die Jordaniese weermag opdrag gegee om Israel te begin aanval; in die aanvanklik verwarrende situasie is aan die Jordaniërs gesê Egipte het die Israeliese lugaanvalle afgeweer.
Egipte en Jordanië het op 8 Junie op ’n wapenstilstand besluit en Sirië op 9 Junie. ’n Ooreenkoms is op 11 Junie met Israel onderteken. Israel het die Egiptiese, Siriese en Jordaniese weermagte verlam – hulle het meer as 20 000 soldate gedood en self minder as 1 000 verloor. Die Israeliese sukses was die gevolg van ’n goed voorbereide en uitgevoerde strategie, die swak leierskap van die Arabiese state en slegte militêre leierskap en strategie. Israel het die Gazastrook en Sinaiskiereiland van Egipte afgeneem, die Wesoewer insluitende Oos-Jerusalem van Jordanië en die Golanhoogland van Sirië. Israel se internasionale aansien het in die daaropvolgende jare baie gestyg. Sy oorwinning was ’n vernedering vir Egipte, Jordanië en Sirië, en het daartoe gelei dat Nasser verleë bedank het; hy is later in sy amp herstel ná protesoptogte in Egipte oor sy bedanking.
Die spoed en gemak van die Israeliese oorwinning het later gelei tot ’n gevaarlike oormoed in die Israeliese weermag, wat bygedra het tot aanvanklike Arabiese suksesse in die daaropvolgende Jom Kippoeroorlog, hoewel Israeliese magte eindelik sukses behaal en die Arabiere verslaan het. Die ontheemding van burgerlike bevolkings weens die oorlog sou langtermyngevolge hê, want 300 000 Palestyne het uit die Wesoewer gevlug en sowat 80 000 Siriërs het die Golanhoogland verlaat. Joodse minderheidsgemeenskappe dwarsoor die Arabiese wêreld het gevlug of is verban.
Agtergrond Ná die Suezkrisis in 1956 het Egipte ingestem tot die vestiging van ’n VN-noodmag (UNEF) op die Sinai om te verseker alle partye gehoorsaam die 1949-wapenstilstandsooreenkoms.
thumb|links|President Nasser het op 22 Mei 1967 sy vlieëniers op die Sinai toegespreek en gesê: "Die Jode dreig met oorlog – ons sê vir hulle ahlan wa-sahlan (welkom)!" In die volgende paar jaar was daar talle klein botsings tussen Israel en sy Arabiese buurlande, veral Sirië. Vroeg in November 1966 het Sirië ’n wedersyde verdedigingsooreenkoms met Egipte onderteken.Gawrych (2000) p. 5 Kort hierna, in reaksie op guerrillabedrywighede deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO),Schiff, Zeev, History of the Israeli Army, Straight Arrow Books (1974) p. 145Churchill & Churchill, The Six Day War, Houghton Mifflin Company (1967) p. 21 insluitende ’n mynaanval waarin drie mense dood is, het die Israeliese weermag die dorp as-Samoe in die Jordanies besette Wesoewer aangeval.Segev, 2007, pp.149–52. Jordaniese magte wat gereageer het, is vinnig teruggedryf.Hart, 1989 p. 226 Koning Hoessein van Jordanië het die Egiptiese president Nasser gekritiseer omdat hy Jordanië nie tot hulp gesnel het nie en "agter UNEF-rokspante weggekruip het".Oren 2002/2003, p. 312; Burrowes & Douglas 1972, pp. 224–25
In Mei 1967 het Nasser valse verslae van die Sowjetunie ontvang dat Israel aan die Siriese grens begin versamel het.Herzog 1982, p. 148 Nasser het sy troepe in twee verdedigingslyne aan die Israeliese grens op die Sinaiskiereiland opgestelJohn Quigley, The Six-Day War and Israeli Self-Defense: Questioning the Legal Basis for Preventive War, Cambridge University Press, 2013, p. 32. (16 Mei), UNEF-magte uit Gaza en die Sinai gesit (19 Mei) en UNEF-posisies ingeneem by Sjarm el-Sjeich, wat oor die Straat van Tiran uitkyk.Shlaim (2007) p. 238 Israel het verklarings wat hy in 1957 gemaak het, herhaal: dat die sluiting van die straat as ’n oorlogsdaad beskou sou word of regverdiging vir ’n oorlog sou wees.Cohen, Raymond. (1988), p. 12 Nasser het egter die straat op 22-23 Mei vir Israeliese skepe gesluit. Ná die oorlog het president Lyndon B. Johnson van Amerika gesê:"LBJ Pledges U.S. to Peace Effort ", Eugene Register-Guard (19 Junie 1967). Sien ook Johnson, Lyndon. "Address at the State Department's Foreign Policy Conference for Educators" (19 Junie 1967).
Op 30 Mei het Jordanië en Egipte ’n verdedigingsverdrag gesluit. Die volgende dag het die Irakse weermag op Jordanië se uitnodiging troepe en gepantserde eenhede in Jordanië begin ontplooi.Churchill po. 52 en 77 Hulle is later deur ’n Egiptiese afdeling versterk. Op 1 Junie het Israel ’n nasionale eenheidsregering gevorm deur sy kabinet te vergroot en op 4 Junie is besluit om oorlog te maak. Die volgende oggend het Israel Operasie Fokus van stapel gestuur – ’n grootskaalse verrassingslugaanval wat die begin van die Sesdaagse Oorlog was.
Militêre voorbereiding Voor die oorlog het Israeliese vlieëniers en grondpersoneel deeglik geoefen om vliegtuie wat van krygsvlugte af terugkeer te herstel. ’n Enkele vliegtuig kon tot vier keer per dag op sendings gestuur word, teenoor die Arabiese norm van een of twee vlugte per dag. Die Israeliese lugmag kon dus op die eerste dag van die oorlog verskeie vlae aanvalle op Egiptiese vliegvelde doen en ook ander Arabiese lugmagte uitskakel. Dit het bygedra tot die Arabiese mening dat Israel deur buitelandse lugmagte gehelp is.
Die Egiptenare het verdedigingsversterkings op die Sinaiskiereiland opgestel. Dit is gedoen met die veronderstelling dat ’n aanval sou kom vanuit die rigting van die paar paaie deur die woestyn, eerder as oor die onbegaanbare woestynterrein. Die Israeli's het egter besluit om die Egiptiese verdediging uit ’n onverwagte hoek aan te val.
James Reston het op 23 Mei 1967 in The New York Times geskryf: "Wat dissipline, opleiding, moreel, toerusting en algemene bevoegdheid betref, is sy [Nassar se] weermag en ander Arabiese magte, sonder die regstreekse hulp van die Sowjetunie, geen gelyke vir die Israeli's nie . . . Selfs met 50 000 troepe en die beste generaals en lugmag in Jemen kon hy niks uitrig in daardie klein en primitiewe land nie, en selfs sy pogings om die Kongorebelle te help het misluk."
Aan die vooraand van die oorlog het Israel gedink hy sal ’n oorlog binne drie tot vier dae kan wen. Die Verenigde State en Brittanje het gereken dit sou sewe tot tien dae verg om te wen.Quigley, The Six-Day War and Israeli Self-Defence, p. 60. (Cambridge University Press)
Weermagte en wapens Weermagte Die Israeliese weermag het altesaam 264 000 soldate gehad (reserviste ingesluit), hoewel dié getal nie volgehou kon word nie omdat die reserviste lewensbelangrik was vir die burgerlike lewe.Stone 2004, p. 217.
thumb|240px|’n Dassault Mirage in die Israeliese Lugmagmuseum. Veral Frans geboude vliegtuie is in Operasie Fokus gebruik. thumb|240px|’n AMX-13-tenk in die Yad la-Shiryon-museum, Israel. Israel het sowat 40 000 troepe en 200 tenks (agt brigades) gebruik teen Jordanië se magte op die Wesoewer. Die magte van Israel se Sentrale Bevel het uit vyf brigades bestaan. Die eerste twee is permanent naby Jerusalem gestasioneer: die Jerusalem- en gemeganiseerde Harel-brigade. Mordechai Gur se 55ste Valskermbrigade is van die Sinaifront af teruggeroep. Die 10de Pantserbrigade is noord van die Wesoewer gestasioneer. Die Israeliese Noordelike Bevel het uit drie brigades onder generaalmajoor Elad Peled bestaan; hulle is in die Jezreelvallei noord van die Wesoewer gestasioneer.
Aan die vooraand van die oorlog het Egipte sowat 100 000 van sy 160 000 troepe op die Sinai ontplooi, insluitende al sewe sy divisies (vier infanterie-, twee pantser- en een gemeganiseerde divisie), asook vier onafhanklike infanteriebrigades en vier onafhanklike pantserbrigades. Meer as ’n derde van hierdie soldate was veterane van Egipte se voortdurende inmenging in die Noord-Jemense Burgeroorlog en nog ’n derde was reserviste. Hierdie magte het 950 tenks, 1 100 gepantserde troepedraers en meer as 1 000 stukke artillerietoerusting gehad.
Sirië se leër was 75 000 man sterk en is aan die grens met Israel ontplooi.Ehteshami en Hinnebusch 1997, p. 76. Professor David W. Lesch het geskryf "’n mens sal moeilik ’n weermag kry wat minder voorberei op oorlog teen ’n ooglopend meerderwarige vyand is", want Sirië se weermag is in die voorafgaande maande en jare afgetakel deur staatsgrepe en pogings tot staatsgrepe wat gelei het tot ’n reeks suiwerings, verdelings en opstande in die weermag.Shlaim; Louis (2012) pp. 86–87: “Syria was severely unprepared for war. Despite the bombastic and jingoistic rhetoric, the Bathist regime viewed its actions against Israel as low-level warfare that was not meant to lead to all-out war. The months and years prior to the 1967 Arab-Israeli war were filled with military purges associated with actual and attempted coups that decimated and further fractured the military and party, resulting in an inexperienced officer corps as well as a deep distrust between the rank and file and officers in the army. In addition, there were uprisings by discontented elements of the Syrian population, less than satisfactory encounters with Israeli forces, and lukewarm Soviet support... One would be hard-pressed to find a military less prepared for war with a clearly superior foe.”