Renata Tebaldi, Orde van Verdienstelikheid van die Italiaanse Republiek (Cavaliere OMRI) (Engelse fonetiese uitspraak: |t|ə|ˈ|b|ɑː|l|d|i,American Heritage Dictionary: Tebaldi. Besoek 6 September 2019 Italiaanse fonetiese uitspraak: |reˈnaːta teˈbaldi|; 1 Februarie 1922 – 19 Desember 2004) was 'n Italiaanse spinto sopraan (lirico-spinto soprano) wat gewild was tydens die na-oorlogse tydperk en veral uitgestaan het as een van die sterre van La Scala en die Metropolitan Opera. Sy was een van die talentvolste en mees geliefde operasangeresse. Daar is gesê dat sy oor een van die pragtigste stemme van die 20ste eeu beskik; 'n stem wat hoofsaaklik gefokus is op die verismorolle van die liriese- en dramatiese repertorium. Die Italiaanse dirigent Arturo Toscanini het Tebaldi se stem geprys as "la voce d'angelo" ("die stem van 'n engel"), terwyl La Scala se musiekdirekteur, Riccardo Muti, Tebaldi opgesom het as "een van die grootste kunstenaars wat oor een van die mees buitengewone stemme in die genre van opera beskik."
Vroeë jare en opvoeding Tebaldi is in Pesaro gebore, en was die dogter van Teobaldo Tebaldi, 'n tjellis en Giuseppina Barbieri, 'n verpleegster. Haar ouers het voor haar geboorte geskei. Tebaldi het gevolglik by haar moeder grootgeword in die huis van haar grootouers in Langhirano. Sy was op die ouderdom van drie jaar bedlêend met polio. Sy het in musiek belanggestel en was lid van die kerkkoor in Langhirano. Haar ma het haar op dertienjarige ouderdom vir klavierlesse onder Giuseppina Passani na Parma gestuur, wat die inisiatief geneem het en gesorg het dat Tebaldi sanglesse neem by Italo Brancucci, 'n sangonderwyser aan die konservatorium van Parma. Sy is op 17-jarige ouderdom in die konservatorium ingeskryf en het lesse geneem by Brancucci en Ettore Campogalliani, en is later oorgeplaas na die Conservatorio Statale di Musica "Gioachino Rossini" ("Liceo musicale Rossini") in Pesaro waar sy lesse geneem het by Carmen Melis, en op haar aanbeveling by Giuseppe Pais. Sy het later onder Beverley Peck Johnson in New York stad gestudeer.
Italiaanse loopbaan Tebaldi het haar verhoogdebuut in 1944 in Rovigo gemaak as Elena in Arrigo Boito se Mefistofele; oorlogstye het egter vir 'n moeilike reis gesorg. Tebaldi het halfpad met perdekar na Rovigo gereis; haar terugreis is onderbreek deur masjiengeweervuur. Haar vroeë loopbaan het verder bestaan uit opvoerings in Parma met rolle in La bohème, L'amico Fritz en Andrea Chénier. Sy het 'n opskudding veroorsaak toe sy in 1946 haar debuut as Desdemona in Verdi se Otello gemaak het saam met Francesco Merli in die titelrol in Triëst.
Haar groot deurbraak het in 1946 gekom toe sy 'n onderhoud gehad het met Arturo Toscanini. Toscanini was baie beïndruk en het haar voce d'angelo (stem van 'n engel) genoem. Tebaldi het haar La Scala-debuut daardie jaar tydens die heropeningskonsert van dié teater ná die Tweede Wêreldoorlog gemaak. Sy het die Gebed (Dal tuo stellato soglio) uit Rossini se Bybelse opera, Mosè in Egitto gesing, sowel as die sopraan deel in Verdi se Te Deum. Die operarolle van Margherita en Elena in Mefistofele en Elsa in Lohengrin is in 1946 aan haar toegeken. Die jaar daarna het sy in La bohème verskyn en as Eva in Die Meistersinger. Toscanini het haar aangemoedig om die rol van Aida te sing en haar uitgenooi om die rol in sy ateljee te oefen. Sy was van mening dat die rol van Aida vir 'n dramatiese sopraan bedoel is, maar Toscanini het haar oortuig en derhalwe het sy in 1950 haar debuut in die rol by La Scala saam met Mario del Monaco en Fedora Barbieri in 'n opvoering gemaak wat gedirigeer is deur Antonino Votto. Dit was die grootste sukses in haar jong loopbaan en sou haar internasionale loopbaan van stapel stuur.
Haar stem is gebruik as die stem van Sophia Loren in die rolprent weergawe van Aida (1953).
Internasionale loopbaan duimnael|links|160 px|Tebaldi saam met Giuseppe Di Stefano in Rome, 1960 Tebaldi het in 1950 op 'n konserttoer met die La Scala-ensemble vertrek, eers na die Edinburgh-fees en daarna na Londen, waar sy haar debuut as Desdemona gemaak het tydens twee opvoerings van Otello by die Royal Opera House en in die Verdi-mis, albei gelei deur Victor de Sabata.
Die Met Tebaldi het haar Amerikaanse debuut in 1950 gemaak as Aida by die San Francisco Opera; haar Metropolitan Opera-debuut het op 31 Januarie 1955 plaasgevind in die rol van Desdemona teenoor Mario Del Monaco in die rol van Otello. Sy het vir twintig jaar lank die Met as die fokuspunt van haar aktiwiteite aangeneem. Tebaldi het die regisseur van die Met, Rudolf Bing, oortuig om 'n herlewing van Cilea se Adriana Lecouvreur op die planke te bring vir die 1962/1963 seisoen, welke opera Bing gesê het hom gewalg het. Ongelukkig was Tebaldi nie in topvorm nie, en gevolglik het sy verskeie optredes gekanselleer, en soos Bing in 1000 Nights at the Opera sê, "ons moes die ellendige ding sonder haar doen". Haar Lecouvreur was egter 'n praktiese stap vir die Met, aangesien Tebaldi volgens Francis Robinson, die destydse assistentbestuurder wat verantwoordelik was vir kaartjieverkope, "die grootste lokettreffer sedert Flagstad] was",
Een van die publiek se gunsteling Tebaldi-rolle was Minnie in Puccini se La fanciulla del West. Toe sy haar debuut by die Met in die rol gemaak het, is daar aan haar gesê dat sy, soos alle Minnies, tydens die derde bedryf op die rug van 'n perd die verhoog moes betree. Tebaldi, wat 'n lewenslange vrees vir perde gehad het, het geweier om naby die dier te kom totdat sy seker was dat dit veilig is. Tydens haar eerste repetisie met die dier, het Tebaldi die perd genader, sy maanhare gestryk en gesê: "Wel, meneer perd, ek is Tebaldi. Ek en jy gaan vriende wees, nè?" Tebaldi het haar vrees oorwin, en die optrede was 'n sukses.
Sy het meer kere by die "Met" gesing as by enige ander ligging. Sy het 'n spesiale verhouding met die Met se gehore ontwikkel en bekend gestaan as "Miss Sold Out", aangesien die Tebaldi-naam 'n opvoering voorspel het wat nie misgeloop kon word nie. Sy het 270 keer daar gesing in o.a. La bohème, Madame Butterfly, Tosca, Manon Lescaut, La fanciulla del West, Otello, La forza del destino, Simon Boccanegra, Falstaff, Andrea Chénier, Adriana Lecouvreur, La Gioconda en as Violetta in 'n produksie van La traviata wat spesiaal vir haar gemaak is. Puccini se Tosca het haar mees opgevoerde rol by die Met geword; sy het dit 45 keer opgevoer. Sy was die Leonora in La forza del destino op die aand dat Leonard Warren skielik tydens 'n opvoering in 1960 oorlede is, en sy het die rol van Adriana Lecouvreur vertolk op die aand waartydens Placido Domingo in 1968 sy Met-debuut gemaak het. Sy het haar laaste verskyning daar as Desdemona in Verdi se Otello 'op 8 Januarie 1973 gemaak, dieselfde rol waarin sy agtien jaar tevore haar Met-debuut gemaak het, en wat een van haar toprolle sou word.
Die uiteinde van haar jare by die Met sowel as in Amerika was dat sy 'n geliefde figuur onder Amerikaanse operagehore geword het. Tebaldi het nie 'n klassieke temperamentele diva geword nie, maar op haar eie artistieke instinkte vertrou. Rudolf Bing, met verwysing na die veeleisende kant van Tebaldi, het een keer oor haar gesê, "sy beskik oor kuiltjies van yster".
Tebaldi en Callas duimnael|200px|Renata Tebaldi, 1961 Gedurende die vroeë vyftigerjare het kontroversie ontstaan oor 'n veronderstelde wedywering tussen Tebaldi en die groot Grieks-Amerikaanse sopraan Maria Callas. Die kontras tussen Callas se dikwels onkonvensionele vokale kwaliteite en Tebaldi se klassieke mooi klank het 'n argument so oud soos opera self opgewek, naamlik die skoonheid van klank teenoor die uitdrukkingsmoontlikhede van klank.
In 1951 is Tebaldi en Maria Callas gesamentlik bespreek vir 'n vokale opvoering in Rio de Janeiro, Brasilië. Alhoewel die sangers saamgestem het dat nie een van hulle encores sou gee nie, het Tebaldi twee gegee, wat Callas na bewering woedend gemaak het. "Renata Tebaldi". Encyclopedia of World Biography. The Gale Group Inc, 2006. Reprinted on Encyclopedia.com. Opgespoor op 29 Julie 2016. Hierdie voorval het die wedywering tussen die twee ikone, wat in die middel van die vyftigerjare 'n hoogtepunt bereik het, afgeskop. Dit het by tye selfs die twee vroue self verswelg, wat volgens hul fanatiese volgelinge se beweringe in rusies geëindig het. Tebaldi word soos volg aangehaal; "Ek beskik oor een ding wat Callas nie oor beskik nie: 'n hart"; terwyl Callas aangehaal is in die Time tydskrif dat sy van Tebaldi sou gesê het dat om haar (Callas) met Tebaldi te vergelyk, is soos om "sjampanje" met konjak te vergelyk. Nee, met Coca Cola." "Diva Serena, Time, 3 November 1958 Volgens getuies tot die onderhoud het Callas het egter net "sjampanje met konjak" gesê, en was dit 'n omstander wat "nee, met Coca-Cola" gesê het, met die Time verslaggewer wat laasgenoemde opmerking aan Callas toegeskryf het. Volgens John Ardoin moes daar egter nooit 'n vergelyking gemaak word tussen die twee sangers nie. Tebaldi was opgelei deur Carmen Melis, 'n bekende verismospesialis, en haar opleiding was in die vroeë 20ste eeuse Italiaanse sangskool gewortel, net so ferm soos wat Callas se opleiding gewortel was in die 19de eeuse belcanto. Callas was 'n dramatiese sopraan, terwyl Tebaldi haarself as 'n liriese sopraan beskou het. Callas en Tebaldi het oor die algemeen verskillende repertorium gesing: Callas het tydens die vroeë jare van haar loopbaan op die swaar dramatiese sopraanrolle gekonsentreer, en later in haar loopbaan op die belcanto-repertorium, terwyl Tebaldi gekonsentreer het op Verdi se latere en verismo-rolle, waar haar beperkte boonste verlenging en haar gebrek aan 'n helder tegniek nie kwessies was nie. Hulle het 'n paar rolle gedeel, waaronder Tosca in Puccini se opera en La Gioconda, wat Tebaldi eers laat in haar loopbaan opgevoer het.
Die beweerde wedywering tersyde gestel, het Callas gunstige opmerkings oor Tebaldi gemaak, asook omgekeerd. Tydens 'n onderhoud met Norman Ross in Chicago het Callas gesê: "Ek bewonder Tebaldi se stemtoon; dit is pragtig - met pragtige frasering. Somtyds wens ek eintlik dat ek haar stem gehad het." Francis Robinson van die Met het geskryf oor 'n voorval waarin Tebaldi hom gevra het om 'n opname van La Gioconda aan te beveel om haar te help om die rol aan te leer. Omdat hy ten volle bewus was van die beweerde wedywering tussen die twee het hy Zinka Milanov se weergawe aanbeveel. 'n Paar dae later het hy Tebaldi besoek, net om haar te sien sit by die luidsprekers terwyl sy aandagtig luister na die opname deur Callas. Sy het toe opgekyk na hom en gevra: "Waarom het jy nie vir my gesê dat Maria die beste is nie?" Volgens die tydskrif Time het Tebaldi, toe Callas klaargemaak het by La Scala, 'n verrassende maneuver uitgevoer: sy het aangekondig dat sy nie by La Scala sonder Callas sou sing nie. "Ek sing net om artistieke redes; dit is nie my gewoonte om teen iemand te sing nie", het sy gesê.
Callas het Tebaldi besoek na 'n opvoering van Adriana Lecouvreur by die Met in 1968, en die twee is weer herenig. In 1978 het Tebaldi hartlik oor haar oorlede kollega gepraat en die wedywering tussen hulle soos volg saamgevat: Hierdie wedywering het regtig voortgekom vanaf die mense van die koerante en die aanhangers. Maar ek dink dit was baie goed vir ons altwee, omdat die publisiteit so groot was en dit 'n baie groot belangstelling oor ek en Maria geskep het en sodoende op die ou einde wondere verrig het. Maar ek weet nie hoekom hulle hierdie soort kompetisie [skep nie], want ons stemme was baie anders. Sy was regtig iets buitengewoon. En ek kan onthou dat ek ook 'n baie jong kunstenaar was, en ek het elke keer naby die radio gebly as ek weet dat daar iets op die radio deur Maria [uitgesaai word].
Persoonlike lewe