duimnael|regs|Juniper by die Sustainable Earth Institute Anthony Juniper (gebore op 24 September 1960) is 'n Britse skrywer, volhoubaarheid-adviseur en omgewings-spesialis wat as uitvoerende direkteur van Friends of the Earth, England, Wales and Northern Ireland gedien het. Hy was vanaf 2000 tot 2008 Adjunk-voorsitter van Friends of the Earth International gewees.Guardian – Tony Juniper profile
Hy was die parlementêre kandidaat van die Groen Party vir die Cambridge Parlementêre-kiesafdeling tydens die algemene verkiesing in 2010 gewees.Green Party: People In 2019 was hy aangestel as voorsitter van Natural England.
Akademiese agtergrond Hy het in Oxford grootgeword en Bristol-universiteit bygewoon waar hy in 1983 'n honneurs BSc graad in sielkunde en dierkunde behaal het, gevolg in 1988 deur 'n meestersgraad in bewaring van University College, Londen. Hy het 'n senior genoot by die Cambridge Instituut vir Volhoubare Leierskap, wat by die Universiteit van Cambridge gebaseer is geword. In 2013 was eregrade deur die Universiteit van Bristol en die Universiteit van Plymouth aan hom toegeken.
Papegaai-bewaring duimnael|regs|Spix se aras in gevangenskap Juniper was betrokke in pogings om Spix se ara, te wete een van die mees bedreigde papegaaispesies in die wêreld, te red. In sy boek Spix's Macaw: The Race to Save the World's Rarest Bird het hy privaat eienaars van die voëls, soos Antonio de Dios se Birds International gekritiseer en geargumenteer dat Spix se ara na hulle geboorteland Brasilië teruggeneem moet word sodat hulle in aanhouding kan broei en weer aan hul natuurlike habitat bekendgestel kan word wat steeds in verval is.Juniper, Tony. 2003. Spix's Macaw: The Race to Save the World's Rarest Bird. Atria: Hfst. 10 (bls. 201–230).
Aktiwiteite Juniper het in 'n variëteit van rolle gefunksioneer, insluitende as 'n spesiale adviseur tot die Prins van Wallis se Liefdadigheid-Internasionaal Volhoubaarheid-eenheid. Hy het voorheen (2008-2010) gewerk as 'n spesiale adviseur van die prins se Reënwoude-projek. Hy is 'n genoot van die Universiteit van Cambridge Instituut vir Volhoubare Leierskap.
Juniper het maatskappye soos Danone, InterserveInterserve sets out sustainability programme with commitment to create 500 apprenticeship places Interserve Persvrystelling 21 Maart 2013 en Skanska bygestaan, en gehelp met hul volhoubaarheid strategieë. Hy is 'n stigter van die Robertsbridge-groepRobertsbridge Groep webwerf. wat advies voorsien aan maatskappye in verband met die volhoubaarheid van hul praktyke.
Hy was die voorsitter van 10:10 naamlik, 'n lid van die adviseursraad van Sandbag en 'n raadslid van Climate for Ideas. Hy het gewerk as 'n ambassadeur vir die National Trust se visie om 'n area van Cambridgeshire se vleilande rondom Wicken Fen te herstel. In Oktober 2009 was Tony Juniper as 'n trustee van die Bedfordshire, Cambridgeshire and Northamptonshire Wildlife Trust verkies. Gedurende 2009–2010 was hy 'n lid van die adviserende groep van die Wetenskapmuseum bygestaan het met die ontwikkeling van hul nuwe klimaat wetenskap-uitstalling genaamd Atmosphere. Hy was verder meer ook die voorsitter gewees van die adviseursraad van die Industrie veldtog Action for Renewables.
Politieke aktiwiteite Juniper het saam met al die hoofstroom politieke partye van die Verenigde Koninkryk gewerk, en was in Januarie 2009 gekies as die Groen Party se parlementêre kandidaat tydens die algemene verkiesing in 2010 vir die Cambridge-kiesafdeling. Hy het 4de gekom, met 7.6% van die stemme, wat die Groen Party se persentasie meer as verdubbel het.
Hy was voor die algemene verkiesing (VK) van 2015 een van verskeie openbare figure gewees wat voorbrand gemaak het vir die parlementêre kandidaatskap van die Groen Party se Caroline Lucas.
Natural England In Maart 2019 het die Sekretaris vir Omgewingsake, Michael Gove, vir Tony Juniper in die pos van voorsitter van Natural England aangestel. As deel van die aanstellingsproses het Juniper onderneem om afstand te doen van sy lidmaatskap van die Groen Party en sy uitvoerende posisie as direkteur van reklame en veldtogte by die WWF, sowel as van sy posisie as president van die Koninklike Genootskap vir die Natuurlewe Trusts.
Publikasies Parrots: A Guide To The Parrots Of The World (met Mike Parr). 1998. Yale University Press/Pica Spix's Macaw: The Race to Save the World's Rarest Bird. 2003. VK: Fourth Estate/Atria. How Many Lightbulbs Does it Take to Change a Planet? 95 Ways to Save Planet Earth. 2007. VK: Quercus. Saving Planet Earth. 2007. Harper Collins. Harmony: A New Way of Looking at Our World (met die Prins van Wallis & Ian Skelly). 2010. Harper Collins. What Has Nature Ever Done For Us? 2013. Profile-uitgewers HRH The Prince of Wales, Tony Juniper & Ian Skelly: Harmony: A New Way of Looking at Our World Cambridge Instituut vir Volhoubaarheid Leierskap''.
Verwysings
Eksterne skakels Persoonlike webwerf Friends of the Earth Cambridge Groen Party Cambridge Instituut vir Volhoubare Leierskap
Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Britse omgewingsbewustes Kategorie:Voëlkenners