Die Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau (Frans: [stad də la boˈʒwaʁ]), meer bekend as La Beaujoire, is 'n stadion in Nantes, Frankryk. Dit is die tuiste van die sokkerklub FC Nantes. In September 2007 het dit drie groepwedstryde van die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir vier groepwedstryde gebruik.
duimnael|links|Wedstryd tussen Kanada en Wallis tydens die Rugbywêreldbeker 2007 Die stadion is op 8 Mei 1984 ingehuldig met 'n vriendskaplike wedstryd tussen FC Nantes en Roemenië. Dit is genoem na Louis Fonteneau wat president van FC Nantes was tussen 1969 en 1986. Die stadion is in 1998 vir die Sokker-Wêreldbeker opgeknap. Terwyl die oorspronklike kapasiteit 52 923 was, is alle staanplekke in 1998 in sitplekke omskep wat die kapasiteit na 38 285 verminder het. Voorheen het die klub by die Stade Marcel Saupin gespeel.
Die stadium word ook vir internasionale rugbywedstryde gebruik en is die stadion waar Frankryk die All Blacks op 15 November 1986 met 16–3 geklop het.
La Beaujoire is ook vir verskeie wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984 gebruik, insluitend 'n 5–0 oorwinning deur Frankryk oor België. Ses wedstryde is ook by die stadion gespeel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, insluitend die kwarteindstryd tussen Brasilië en Denemarke.
Die Franse nasionale sokkerspan het op sewe geleenthede daar gespeel, mees onlangs 'n vriendskaplike wedstryd teen Kameroen (3–2) in Mei 2016.
Wedstryde Europese Sokkerkampioenskap 1984
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 16 Junie 1984 17:15 5–0 Groep A 51 359 20 Junie 1984 20:30 1–0 Groep B 24 464
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 13 Junie 1998 14:30 2–3 Groep D 35 500 16 Junie 1998 21:00 3–0 Groep A 35 500 20 Junie 1998 14:30 0–1 Groep H 35 500 23 Junie 1998 16:00 1–1 Groep B 35 500 25 Junie 1998 21:00 0–1 Groep F 35 500 3 Julie 1998 21:00 3–2 Kwarteindrondte 35 500
Rugbywêreldbeker 2007
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 9 September 2007 14:00 42–17 Groep B 37 500 22 September 2007 16:00 44–22 Groep A 37 022 29 September 2007 17:00 34–38 Groep B 37 080
Rugbywêreldbeker 2023
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 16 September 2023 21:00 59–16 Groep B 31 673 30 September 2023 15:00 59–5 Groep D 33 963 7 Oktober 2023 15:00 43–19 Groep C 33 580 8 Oktober 2023 13:00 27–29 Groep D 31 794
Eksterne skakels
WorldStadiums.com inskrywing
Kategorie:Nantes Kategorie:Rugbystadions in Frankryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Frankryk Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:UEFA 4 ster stadions