Die Natalprovinsie (Engels: Province of Natal) was 'n provinsie van Suid-Afrika vanaf Mei 1910 tot Mei 1994 met sy hoofstad in Pietermaritzburg. Die Natalprovinsie het die bantoestan van KwaZulu ingesluit. Natal was die enigste provinsie wat teen die vorming van 'n republiek in die Suid-Afrikaanse referendum van 1960 gestem het en die enigste waar die Verenigde Party die Provinsiale Raad tot in 1977 met die party se ontbinding kon beheer. Selfs daarna was die raad nog geruime tyd onder beheer van die opposisiegesinde Nuwe Republiekparty.
Natal was vir amper 10 jaar lank deur burgergeweld geteister, wat slegs beëindig is met die eerste demokratiese verkiesing in 1994.
Ná die herinlywing van die KwaZulu-bantoestan by die Republiek van Suid-Afrika in 1994, word die hele Natalprovinsie herdoop tot KwaZulu-Natal. duimnael|Kaart van distrikte in Natalprovinsie
Sien ook Mtetwa-koninkryk (c. 1750-1817) Zoeloeland (1816-1897) Natalia Republiek (1839-1843) Natalkolonie (1843-1910) KwaZulu-Natal (1994- )
Kategorie:Vorige provinsies van Suid-Afrika