The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring is 'n 2001-fantasierolprent deur die regisseur Peter Jackson. Dit is die eerste aflewering van die The Lord of the Rings-rolprenttrilogie en is gebaseer op die eerste volume van J. R. R. Tolkien se epiese letterkundige fantasie, Die heerser van die ringe (Engels: The Lord of the Rings). Jackson het die projek in 1995 begin as 'n twee-delige verwerking van Tolkien se werk. Oor die volgende ses jaar het die projek uitgebrei tot drie rolprente wat oor 'n 15-maand-periode in Nieu-Seeland verfilm is. Tussen aanhangers word die titel van die rolprent dikwels verkort tot "FotR".

Die Donker Heer, Sauron, is op soek na die Een Ring, wat gebruik kan word om Middelaarde (Engels: "Middle-earth") te verower. Die Ring het in die hande van die klein hobbit, Frodo Baalens, beland en hy moet dit vernietig om sodoende ook Sauron en sy magte te vernietig. Die lot van Middelaarde is op die spel soos Frodo en sy agt kamerade die genootskap van die ring vorm. Hulle begin hul reis na Mount Doom in die land Mordor: dit is die enigste plek waar die Ring vernietig kan word.

Die rolprent is op 19 Desember 2001 uitgereik en het byval by beide kritici en rolprentgangers gevind. Dit was 'n lokettreffer en het wêreldwyd meer as $871 miljoen verdien: dit was die rolprent wat die tweede meeste verdien het in 2001 (na Harry Potter and the Philosopher's Stone). Tans is die rolprent 14de op die lys van rolprente wat wêreldwyd die meeste geld verdien het. Dit het vyf Baftas gewen, waaronder ook Beste Rolprent en Beste Regisseur. In 2007 was The Fellowship of the Ring aangewys as nommer 50 op die American Film Institute se lys van 100 beste Amerikaanse rolprente.

Storielyn

links|duimnael|Die Een Ring aan die hand van die Donker Heer, Sauron. duimnael|links|Die stel wat gebruik is vir die verfilming van Bag End, die familietuiste van Bilbo en sy erfgenaam, Frodo. duimnael|Mount Ngauruhoe in Nieu-Seeland, wat gebruik is as Mount Doom vir die Lord of the Rings-trilogie. Die voorwoord, vertel deur Galadriel, wys die Donker Heer Sauron besig om die Een Ring te smee. Met dié Ring kan hy die lande van Middelaarde verower deur die verknegting van die draers van magiese ringe wat aan individue van die verskeie rasse gegee is: die elwe, die dwerge en die mense. 'n Laaste bondgenootskap word tussen die elwe en mense gevorm om Sauron en sy magte aan die voet van Mount Doom teen te staan. Die seun van Elendil, Isildur, gryp egter sy pa se swaard en kap na Sauron se hand. Die hou sny Sauron se vingers af, wat hom van die Ring skei en sy magte tot niet maak. Aangesien Sauron se lewe egter tot die Ring gebind is, is hy self nie verslaan totdat die Ring self vernietig is nie. Isildur neem die Ring en swig onder die verleiding en beloftes wat die Ring die draer bied. Hy weier om dit vernietig, maar word later tydens 'n verrassingsaanval deur gedrogte of orcs vermoor. Sy liggaam val in 'n rivier en die Ring gaan verlore.

Twee en 'n half millenniums later word die ring weer gevind deur die skepsel, Ghollum, wat dit, danksy die "onnatuurlike lang lewe" wat die Ring bied, vir die volgende vyfhonderd jaar in besit neem. Die Ring verlaat hom egter en word gevind deur die hobbit, Bilbo Baalens, tot die ontsteltenis van Ghollum. Bilbo keer terug na sy tuiste in die Shire en die verhaal spring sestig jaar voorwaarts.

Tydens sy 111de verjaarsdag gee Bilbo die ring aan sy nefie en aangenome erfgenaam, Frodo Baalens. Die towenaar, Ghandalf, kom gou agter dat dit die Een Ring is en stuur Frodo na die dorpie, Bree, saam met Frodo se vriend, Samwise Gamgee, met planne om hom binnekort weer daar te ontmoet. Ghandalf vertrek na die vesting, Isengard, om met die hoof van sy orde, Saruman, te vergader. Saruman openbaar dat die Nazgûl, spookagtige ridders in diens van Sauron, reeds uit Mordor vertrek het om die Ring te vind en enigeen wat dit in sy besit het dood te maak. Saruman openbaar homself ook as 'n bedrieër: hy het 'n volgeling van Sauron geword en neem Ghandalf gevange bo-op die toring, Orthanc.

Frodo en Sam verkry die geselskap van twee ander hobbits, Meriadoc Brandybuck (Merry) en Peregrin Toek (Pippin). Na 'n noue ontsnapping van een van die Nazgûl bereik hulle die dorpie, Bree, waar hulle 'n Mens ontmoet met die naam Strider. Strider stem in om hulle na Rivendell, die tuiste van die Elwe te neem, aangesien Ghandalf nie opgedaag het nie. Tydens die reis oornag hulle op 'n heuwel genaamd "Weathertop", waar hulle aangeval word deur die Nazgûl. Strider probeer die hobbits te beskerm, maar Frodo word ernstig beseer met 'n vervloekte swaard. Die tog na Rivendell word allerhaas voortgesit, aangesien Frodo eers daar genees kan word. Hulle ontmoet die elf Arwen en Frodo word in haar sorg oorgelaat. Met die Nazgûl op haar hakke, jaag sy te perd na Rivendell, waar Frodo deur haar vader, Elrond, genees word.

In Rivendell ontmoet Frodo vir Ghandalf, wat sy gevangeneming en ontsnapping by Isengard aan Frodo verduidelik. Elrond vergader 'n raad wat moet besluit wat met die Ring sal gebeur. Die Ring kan slegs vernietig word in die vuur of lawa van Mount Doom, waar dit gesmee is. Dié berg is in Mordor geleë, naby Sauron se vestiging, Barad-dûr, en dit sal dus 'n baie gevaarlike missie wees. Frodo bied aan om die ring na die berg te neem, terwyl die ander stry oor wie die missie moet aanvaar. Frodo se aanbod word aanvaar en hy word vergesel deur sy hobbit vriende, Ghandalf en Strider, wie blykbaar eintlik Aragorn, die geregtigde erfgenaam van die troon van die Mense-koninkryk, Gondor, is. Die Elf, Legolas, en die Dwerg, Gimli, sluit ook by hulle aan, sowel as die Mens, Boromir, die seun van Denethor II, die waarnemer van Gondor.

Die Genootskap begin hul reis, maar hulle word by die berg, Caradhras, stopgesit deur die bose Saruman se towerspreuke. Hulle word geforseer om onderdeur die berg te reis deur die Moriamyne. Halfpad deur die myne gee Pippin per ongeluk hulle posisie weg aan 'n aantal gedrogte. By die Brug van Khazad-dûm het die Genootskap 'n ontmoeting met die Balrog, 'n antieke demoon van vuur en skaduwee. Ghandalf konfronteer die Balrog op die brug, wat die ander toelaat om uit die myne te ontsnap, terwyl Ghandalf saam met die Balrog in die peillose diepte onder die brug val.

Die groep vlug na die elfgebied, Lothlórien, waar die heersers van die gebied, Galadriel en haar man, Celebron, hulle beskerm en toevlug bied. Na 'n rustydperk sit die Genootskap hulle reis voort op die Anduin-rivier oppad na Parth Galen. Tydens hulle vertrek gee Galadriel aan elke lid van die Genootskap 'n geskenk, waaronder die Botteltjie van Galadriel, wat sy aan Frodo skenk. Na hulle voet aan wal gesit het by Parth Galen, probeer Bormir die Ring van Frodo neem. Frodo slaag daarin om te ontsnap deur die ring aan te sit en onsigbaar te word. Frodo besef dat die versoeking wat die Ring bied te sterk sal wees vir die res van die Genootskap en besluit om hulle te verlaat en alleen na Mordor te reis. Die Genootskap word deur Uruk-hai-vegters aangeval, maar Merry en Pippin trek hulle aandag af sodat Frodo kan ontsnap. Boromir snel die twee hobbits te hulp, maar word dodelik gewond deur die aanvallers se bevelvoerder, Lurtz, en Merry en Pippin word gevange geneem. Aragorn, Legolas en Gimli ontdek 'n sterwende Boromir, wat spyt is dat hy die Ring probeer steel het. Na Boromir sterf besluit die drie om die gedrogte agterna te sit en Merry en Pippin te red. Sam sluit by Frodo aan voordat hy vertrek en die twee sit saam die reis na Mordor voort.

Rolverdeling

Elijah Wood was die eerste akteur om gekies te word op 7 Julie 1999. Voor die verfilming begin het op 11 Oktober 1999 het die betrokke akteurs vir ses weke lank swaardgeveg geoefen, asook perdry en hoe om met 'n boot te vaar. Jackson het gehoop dat met sulke aktiwiteite die akteurs 'n band sou ontwikkel, wat dan op film sou deurskemer.The Fellowship of the Cast (DVD). New Line Cinema. 2002 Gevolglik het Sean Astin, toe 'n vader van een, homself oor die 18-jarige Wood ontferm. Hulle moes ook oefen om Tolkien se versies korrek op te sê.

Stuart Townsend is oorspronklik gekies om die rol van Aragorn te vertolk. Peter Jackson het egter agterkom dat hy te jonk was en dat 'n ouer akteur vir die rol benodig word. Die soektog het begin en Viggo Mortensen is binne drie dae gevind en vir die rol aangestel. Die produksieleier, Mark Odesky, het Mortensen in 'n toneelstuk gesienBrian Sibley (2002). The Lord of the Rings: The Making of the Movie Trilogy. Harpercollins. en dit was Mortensen se seun, 'n groot aanhanger van die boek, wat hom oortuig het om die rol te speel. Mortensen het die boek op die vliegtuig gelees, 'n spoedkursus in swaardgeveg geneem en met die verfilming van die toneel by Weathertop begin.Cameras in Middle-earth: Filming The Fellowship of the Ring (DVD). New Line Cinema. 2002. Weg van die kameras het hy steeds sy swaard met hom saamgedra.

Vergelyking met bronmateriaal

duimnael|'n Replika van Lurtz, die Uruk-hai vegter wat Boromir laat sneuwel het. Die karakter is 'n nuutskepping deur die regisseur, Peter Jackson, en verskyn nie in die oorspronklike roman nie. Jackson, Walsh en Boyens het talle veranderings aan die verhaal aangebring, in 'n poging om die tempo en karakterontwikkeling vir die rolprentmedium aan te pas. Jackson het gesê dat sy hoofbegeerte was om die rolprent hoofsaaklik op Frodo en die Ring te fokus en dat enigiets anders 'n afleiding is.From Book to Screen (DVD). New Line Cinema. 2002. Die voorwoord kondenseer die geskiedenis van die verhaal soos deur Tolkien weergegee: die Laaste Bondgenootskap se sewe jaar lange beleg van die Barad-dûr word verkort tot 'n enkele veldslag, waar Elendil eenvoudig deur Sauron verslaan word. Sauron se nederlaag is 'n vinnige hou van Isildur met sy vader se gebroke swaard, Narsil. In die film ontplof Sauron, terwyl Tolkien se boek slegs meld dat sy gees vlug. In die boek behou Isildur die Een Ring as 'n herdenking, maar hy word nie deur die Ring korrup gemaak, soos in die rolprent weergegee word nie. Hy word aanbeveel om die Ring te vernietig, maar daar is geen melding van die toneel in die rolprent waar Isildur en Elrond by Mount Doom is en Isildur weier om die Ring te vernietig nie.

Gebeurtenisse aan die begin van die boek word in die film gekondenseer of weggelaat. 'n Groot verskil is die feit dat Ghandalf nie bewus is van Bilbo se planne om die Shire te verlaat nie. In die boek is daar 'n 17 jaar lange periode tussen die oomblik wat Ghandalf die Ring in Frodo se sorg laat en sy terugkeer om die gravering daarvan te openbaar. Die tydperk word vir tydsduur en speeltyd in die rolprent verkort.Peter Jackson, Fran Walsh, Philippa Boyens (2002): Director/Writers Commentary (DVD). New Line Cinema. In die bronmateriaal spandeer Frodo ook 'n paar maande aan voorbereiding vir sy vertrek na Bree: in die rolprent word dit verkort na een dag, om dramatiese spanning te verhoog. Die verhaal tot en met Frodo en Sam se vertrek vanaf Bag End en hulle ontmoeting met Merry en Pippin is ook in die rolprent verkort. Sommige karakters, soos Tom Bombadil, is geheel en al uitgelaat vir vereenvoudiging van die storielyn, asook om plek te maak vir tonele wat die bedreiging van die Nazgûl uitbrei. Dié dele is ook verkort of uitgehaal om die karakter van Saruman voor te stel, aangesien die karakter slegs in terugflitse in die boek verskyn tot en met volume twee, Die twee torings.

Die gevangeneming van Ghandalf word ook in die rolprent uitgebrei met 'n vegtoneel tussen Ghandalf en Saruman. Saruman se rol word self ook uitgebrei: hy is verantwoordelik vir die sneeustorm op die berg, Caradhras, terwyl 'n bose gees daarvoor verantwoordelik was in die boek.