Abidjan 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Seël 90px|senter Land Distrik Abidjan Koördinate Stigting 1899 Oppervlakte: - Totaal 2 119 vk km Hoogte bo seevlak 10 m Bevolking: - Totaal (2014) 4 707 404 - Bevolkingsdigtheid 2 221,52/vk km Tydsone UTC+0 (GMT) Burgemeester Ibrahim Bacongo Cissé Amptelike webwerf districtabidjan
Abidjan (Frans: [abidʒɑ̃], ) is die grootste stad en voormalige politieke hoofstad van Ivoorkus. Dit funksioneer steeds as die regeringsetel en ekonomiese hoofstad, alhoewel Yamoussoukro die amptelike hoofstad is. Abidjan is tans die belangrikste hawestad van die land en is geleë aan die Golf van Guinee. Abidjan is die grootste Franstalige stad in Wes-Afrika met 'n geskatte bevolking van tussen 4,4 miljoen en 5,15 miljoen, insluitende die hele metropolitaanse gebied (2020-skatting).
duimnael|links|Abidjan se sentrale besigheidsdistrik Abidjan is 'n kulturele kruispad in Wes-Afrika en word gekenmerk deur 'n hoë vlak aan industrialisasie en verstedeliking. Die belangrikste nywerhede is hout, tekstiel en koffie. Die stad het ook 'n groot ruolieraffinadery.
Die stad het in 1934 die hoofstad van die destydse Franse kolonie, Ivoorkus, geword en groei steeds aansienlik, as mens die huidige bevolking vergelyk met die bevolking van 65 000 wat die stad in 1950 gehad het. In 1983 verklaar die destydse president, Félix Houphouët-Boigny, dat Yamoussoukro die nuwe hoofstad van die land is, maar die meeste regeringsgeboue en ambassades is steeds in Abidjan gesetel.
Gedurende 1963 tot 1988, die tydperk toe Suid-Afrika weens apartheid aan sanksies onderworpe was, en die res van Afrika hul lugruim gesluit het vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vliegtuie oppad Europa toe, het Ivoorkus nogtans ingewillig om landingsplek aan die SAL te verskaf by Félix-Houphouët-Boigny Internasionale Lughawe in Abidjan.
Onderwys Die stad huisves 'n kampus van die HEC Paris-sakeskool. A Abidjan, HEC à la conquête de l’Afrique de l’Ouest
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Ivoorkus Kategorie:Regeringsetel