Die Stadium Municipal (letterlik "Stedelike Stadion") is die grootste stadion in die Suid-Franse stad Toulouse. Die stadion is 'n suiwer rugby- en sokkerveld en beskik oor geen bykomende atletiekbaan nie. Die Stadium Municipal dien as die tuisveld van die plaaslike sokkerspan FC Toulouse, maar word ook vir rugbywedstryde van die plaaslike span Stade Toulousain in die H-beker (Europa-beker) of Top 14 (Eerste professionele liga) gebruik. Toetswedstryde van Frankryk se nasionale rugbyspan is ook hier gespeel. Die stadion lê op die Ramiereiland in die Garonnerivier.

Geskiedenis duimnael|links|Lugbeeld van die Stadium Municipal Die stadion is in 1937 ingewy, en in die volgende jaar het hier wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 plaasgevind. Die stadion is in 1949 herstel en in 1997 ook vergroot tot 36 500 sitplekke met die oog op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die Rugbywêreldbeker 1999.

Die stadion is sedertdien gereeld van nuwe geriewe voorsien en was die tweede in Frankryk na die Stade de France wat in die somer van 2005 groot digitale advertensieskerms gekry het. Sy twee digitale skerms is deur groter eenhede vervang, terwyl daar ook 'n restaurant en 'n bodega geopen is. Die Stadium Municipal is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007, die Europese Sokkerkampioenskap 2016 en die Rugbywêreldbeker 2023 gebruik.

Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 5 Junie 1938 17:00 3–3 (e.t.) Eerste rondte 7 000 9 Junie 1938 18:00 2–1 Herhaling 8 000

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 11 Junie 1998 21:00 1–1 Groep B 33 500 14 Junie 1998 14:30 1–0 Groep H 33 500 18 Junie 1998 17:30 1–1 Groep C 33 500 22 Junie 1998 21:00 2–1 Groep G 33 500 24 Junie 1998 21:00 1–3 Groep D 33 500 29 Junie 1998 21:00 2–1 Agtste eindrondte 33 500

Rugbywêreldbeker 1999

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 14 Oktober 1999 20:30 72–11 Groep C 28 000 16 Oktober 1999 14:00 28–19 Groep C 36 000

Rugbywêreldbeker 2007

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 12 September 2007 18:00 31–35 Groep B 34 500 16 September 2007 21:00 87–10 Groep D 35 339 25 September 2007 20:00 14–10 Groep C 35 526 29 September 2007 13:00 85–8 Groep C 35 608

Europese Sokkerkampioenskap 2016

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 13 Junie 2016 15:00 1–0 Groep D 29 400 17 Junie 2016 15:00 1–0 Groep E 29 600 20 Junie 2016 21:00 0–3 Groep B 28 840 26 Junie 2016 21:00 0–4 Agtste eindrondte 38 921

Rugbywêreldbeker 2023

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 10 September 2023 13:00 42–12 Groep D 30 187 15 September 2023 21:00 3–71 Groep A 31 996 23 September 2023 14:00 18–18 Groep C 31 889 28 September 2023 21:00 28–22 Groep D 30 187 8 Oktober 2023 21:00 23–24 Groep C 32 223

Eksterne skakels

Worldstadiums.com inskrywing

Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Frankryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Frankryk Kategorie:Toulouse