Die Stade de la Mosson (Frans: [stad də la mɔˈsɔ̃]) is die tuisveld van die Franse sokkerklub van Montpellier: Montpellier Hérault Sport Club. Die stadion se naam is afkomstig van die nabygeleë Mossonrivier. Die stadion wat hoofsaaklik aan sokker toegewy word, word ook vir rugby gebruik en het 'n kapasiteit van 32 900 sitplekke. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 was die amptelike naam van die stadion Stade le Mosson-Mondial 98.
Geskiedenis duimnael|links|Wedstryd tussen die VSA en Tonga tydens die Rugbywêreldbeker 2007 duimnael|links|Wedstryd tussen Australië en Fidji tydens die Rugbywêreldbeker 2007 Met die stadion se inhuldiging in 1972 het die stadion, wat tussen die ZUP-toring en die Mossonrivier geleë is, nie na veel gelyk nie. Dit was bloot 'n grasvierkant waar die klein klub AS Paillade gespeel het.
In 1974 het AS Paillade met Montpellier Littoral Sport Club (wat te vore by die Stade Richter gespeel het) saamgesmelt om geboorte te gee aan Montpellier la Paillade Sport Club Littoral, wat 'n ruk later die naam Montpellier Paillade Sport Club aangeneem het, waarvan die eerstespan in die Division d'Honneur se Suidoos-liga gespeel het. Die sowat 150 toeskouers wat elke Sondag houtpawiljoene of grondwalle plek ingeneem het sou skaar kon droom dat hulle die groei van 'n klub sou aanskou wat op die hoogste vlak sou speel onder die bestuur van die klub se emblematiese president Louis Nicollin.
Die klub het in die seisoen van 1975/76 tot die derde divisie gestyg. Die klub het hierop voortgebou deur Olympique de Marseille uit die finale 32 uit te skakel. Hierna is die stadion vergroot en die aantrekkamers verbeter (die werk is binne drie weke voltooi). Op 13 Maart 1977 het 18 000 toeskouers aanskou hoe die klub hulle bure en tradisionele vyande Nîmois in die finale 16 geklop het. Die nuwe stadion is hierna beslis in die plek van stade Richter gebruik. La Mosson het 'n reputasie as 'n cauldron opgebou. Met tye het ondersteuners wat nie kaartjies kon bekostig nie ure voor wedstryde in bome geklim om die prestasies van die manne van Kader Firoud te volg.
In 1988 met die klub se promosie na die eerste divisie, is die stadion verder vergroot om sitplek aan 23 500 te verskaf in lyn met die sportprestasies van die klub. Met die gebruik van die stadion tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 is die klub tot sy huidige grootte vergroot tot 'n kapasiteit van 35 500 sitplekke.
Rugby word ook by die stadion gespeel en vele belangrike wedstryde van die finale fases van die Franse kampioenskap is al daar gehou. Vir die Rugbywêreldbeker 2007 is verdere verbetering aan die stadion aangebring insluitend beter beligting en kleedkamers. Dit is ook tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2019 gebruik.
Internasionale wedstryde Vyf poelwedstryde en 'n agste-eindrondte wedstryd is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 by die Stade de la Mosson gehou. Dit het ingesluit die wedstryde tussen Marokko – Noorweë, Paraguay – Bulgarye, Italië – Kameroen, Colombia – Tunisië, Duitsland – Iran en Duitsland – Meksiko in die uitklop stadium. Ander internasionale sokker wedstryde was die tussen Brasilië – Algerië (2–0) op 22 Augustus 2007 (Amical). Die Franse sokkerspan het reeds vier keer op die stadion gespeel; teen RFA, Engeland, Andorra en Ivoorkus.
Tydens die Rugbywêreldbeker is vier groepwedstryde op die stadion beslis, insluitend Suid-Afrika teen die Verenigde State op 30 September 2007.
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers10 Junie 1998 21:00 2–2 Groep A 29 80012 Junie 1998 14:30 0–0 Groep D 27 65017 Junie 1998 21:00 3–0 Groep B 29 80022 Junie 1998 17:30 1–0 Groep G 29 80025 Junie 1998 21:00 2–0 Groep F 29 80029 Junie 1998 16:30 2–1 Agtste eindrondte 29 800
Rugbywêreldbeker 2007
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers12 September 2007 14:00 15–25 Groep A 25 00016 September 2007 16:00 15–19 Groep A 24 12823 September 2007 14:30 55–12 Groep B 32 23130 September 2007 20:00 64–15 Groep A 28 750
Vrouesokkerwêreldbeker 2019
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 10 Junie 2019 21:00 1–0 Groep E 10 710 13 Junie 2019 18:00 3–2 Groep C 17 032 17 Junie 2019 18:00 0–4 Groep B 15 502 20 Junie 2019 18:00 2–1 Groep E 8 009 25 Junie 2019 18:00 2–0 Agtste eindrondte 17 492
Eksterne skakels
Stadium Guide-artikel World Stadium-artikel
Kategorie:Montpellier Kategorie:Rugbystadions in Frankryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Frankryk Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Vrouesokkerwêreldbekerstadions