thumb|306px|Kaïro, die grootste stad in die Arabiese wêreld.
Die Arabiese wêreld (Arabies: العالم العربي, al-ʿālam al-ʿarabī), of Arabiese state, bestaan tans uit 22 Arabiessprekende lande wat lid van die Arabiese Liga is. Hulle lê in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en dele van Oos-Afrika; die gebiede strek van die Atlantiese Oseaan in die weste tot die Arabiese See in die ooste, en van die Middellandse See in die noorde tot die Horing van Afrika en die Indiese Oseaan in die suidooste.
Die hedendaagse Arabiese wêreld het ’n gesamentlike bevolking van sowat 422 miljoen, van wie meer as die helfte jonger as 25 jaar is.
In die voormoderne era was die Arabiese wêreld sinoniem met die historiese Arabiese emirate en kalifate. Arabiese nasionalisme het in die tweede helfte van die 19de eeu ’n aanvang geneem saam met ander nasionalistiese bewegings in die Ottomaanse Ryk.
Die Arabiese Liga is in 1945 gestig om die belange van die Arabiese volke te verteenwoordig en veral om die politieke vereniging van die Arabiese state na te streef; ’n projek bekend as Pan-Arabisme.
Definisie Die linguistiese en politiese omvangsbepaling van die term "Arabies" is gewoonlik belangriker as die genealogiese oorwegings. In Arabiese lande is Moderne Standaardarabies die enigste taal wat deur die regering gebruik word. Die taal van ’n individuele nasie word Darija genoem; dit beteken "alledaagse of omgangstaal".Wehr, Hans: Dictionary of Modern Written Arabic (2011); Harrell, Richard S.: Dictionary of Moroccan Arabic (1966) Die grootste deel van Darija se woordeskat stem ooreen met dié van Standaardarabies, maar dit leen baie woorde uit die Berbertale,Tilmatine Mohand, Substrat et convergences: Le berbére et l'arabe nord-africain (1999), in Estudios de dialectologia norteaafricana y andalusi 4, pp 99–119 asook uit Frans, die taal van die historiese koloniale besetter van die Magreb. Darija word gepraat en in ’n mate verstaan in die Magreblande, veral Marokko, Algerië en Tunisië, maar sprekers van ander Arabiese dialekte verstaan dit nie, veral dié in Egipte en die Midde-Ooste.
Standaardgebiedsdefinisie Hoewel geen wêreldwye definisie van die Arabiese wêreld bestaan nie, word alle lande wat lid van die Arabiese Liga is gewoonlik gereken as deel daarvan.Benjamin Hätinger, The League of Arab States, (GRIN Verlag: 2009), p.2.
Die Arabiese Liga is ’n streekorganisasie wat onder meer ten doel het om op ’n algemene manier na die sake en belange van die Arabiese state om te sien, en gebruik die volgende definisie van ’n Arabier: "’n Arabier is ’n persoon wie se taal Arabies is, wat in ’n Arabiese land woon en wat simpatiseer met die aspirasies van die Arabiese volk."Dwight Fletcher Reynolds, Arab folklore: a handbook, (Greenwood Press: 2007), p.1.
Hierdie standaarddefinisie word soms as onvanpasBaumann: 8 of problematies beskou,Deng: 405 en word soms aangevul met sekere bykomende elemente (sien bykomende taaldefinisie hieronder).Kronholm: 14
Tale in die Arabiese Liga
Algerië (Arabies: الجزائر al-Jazā’ir) (Berbers is die ander amptelike taal, Frans word in opvoeding, die daaglikse lewe en die sakewêreld gebruik) Bahrein (Arabies: البحرين al-Baḥrayn) Comore (Arabies: جزر القمر Juzur al-Qamar) (Comoraans en Frans is die ander amptelike tale) Djiboeti (Arabies: جيبوتي Jībūtī) (Frans is die ander amptelike taal) Egipte (Arabies: مصر Miṣr) Irak (Arabies: العراق al-‘Irāq) (Koerdies is die ander amptelike taal (minderheid)) Jemen (Arabies: اليمن al-Yaman) Jordanië (Arabies: الأردن al-Urdun) Katar (Arabies: قطر Qaṭar) Koeweit (Arabies: الكويت al-Kuwayt) Libanon (Arabies: لبنان Lubnān) Libië (Arabies: ليبيا Lībyā) Marokko (Arabies: المغرب al-Maghrib) (Berbers is die ander amptelike taal; Frans word gebruik in opvoeding, die daaglikse lewe en die sakewêreld) Mauritanië (Arabies: موريتانيا Mūrītānyā) Oman (Arabies: عمان ‘Umān) Saoedi-Arabië (Arabies: المملكة العربية السعودية al-Mamlakah al-‘Arabīyah as-Sa‘ūdīyah) Sirië (Arabies: سوريا Sūryā) Somalië (Arabies: الصومال aṣ-Ṣūmāl) (Somalies is die ander amptelike taal) Soedan (Arabies: السودان as-Sūdān) Staat Palestina (Arabies: فلسطين Filasṭīn) Tunisië (Arabies: تونس Tūnis) Verenigde Arabiese Emirate (Arabies: الإمارات العربيّة المتّحدة al-Imārāt al-‘Arabīyah al-Muttaḥidah)
Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (Arabies: الجمهورية العربية الصحراوية الديمقراطية Al-Jumhūrīyya Al-`Arabīyya Aṣ-Ṣaḥrāwīyya Ad-Dīmuqrāṭīyya) (Spaans is die ander amptelike taal) is nie 'n lidland van die Arabiese Liga nie aangesien die Wes-Sahara deur Marokko opgeëis en gedeeltelik beset word. Dit is egter wél 'n lidland van die Afrika-unie.
Bykomende taaldefinisie As ’n alternatief of bykomend tot die standaardgebiedsdefinisie kan die Arabiese wêreld gedefinieer word as bestaande uit volke en state wat minstens in ’n mate verenig is deur die Arabiese taal, kultuur of geografiese naburigheid,Sullivan en Ismael: ix of dié state of streke waar die meerderheid van die bevolking Arabies praat; dit kan dan ook bevolkings van die Arabiese diaspora (wat in nie-Arabiese lande woon) insluit.
thumb|240px|’n Lugfoto van die Arabiese wêreld. Hoewel Arabiese dialekte in ’n paar lidlande van die Arabiese Liga gepraat word, is Moderne Standaardarabies in almal ’n amptelike taal. Sommige state het verklaar Arabies is ’n amptelike of nasionale taal, hoewel dit nie algemeen gepraat word nie. As lede van die Arabiese Liga word hulle egter gereken as deel van die Arabiese wêreld volgens die standaardgebiedsdefinisie.
Somalië het twee amptelike tale, Arabies en Somalies, wat albei tot die groter Afro-Asiatiese taalfamilie behoort. Hoewel Arabies algemeen gepraat word in die noordelike streke en in stadsgebiede in die suide, word Somalies die meeste gepraat en dit bevat baie Arabiese leenwoorde.Diana Briton Putman, Mohamood Cabdi Noor, The Somalis: their history and culture, (Center for Applied Linguistics: 1993), p.15.
Net so het Djiboeti twee amptelike tale, Arabies en Frans. Dit het ook verskeie formeel erkende nasionale tale; benewens Somalies praat baie mense Afar, wat ook ’n Afro-Asiatiese taal is. Die meeste mense praat Somalies en Afar, hoewel Arabies ook algemeen gebruik word in handel en ander bedrywighede.Colin Legum, Africa contemporary record: annual survey and documents, Volume 13, (Africana Pub. Co.: 1985), p.B-116.
Comore het drie amptelike tale: Arabies, Comoraans en Frans. Comoraans word die meeste gepraat, terwyl Arabies met godsdiens en Frans met die opvoedingstelsel verbind word.
Tsjad, Eritrea en Israel erken almal Arabies as ’n amptelike taal, maar nie een van hulle is ’n lidland van die Arabiese Liga nie. Tsjad en Eritrea is waarnemerstate van die liga en het baie burgers wat Arabies praat; hulle kan in die toekoms lid word. Israel is nie deel van die Arabiese wêreld nie. Volgens sommige definisiesRinnawi: xvi kan Arabiese burgers van Israel egter as ’n samestellende deel van die Arabiese wêreld beskou word.
Iran het sowat 1,5 miljoen Arabiessprekendes. Iranse Arabiere woon hoofsaaklik in Ahvaz, ’n suiwestelike streek van die provinsie Khuzestan; terwyl daar ook van hulle is in die provinsies Bushehr en Hormozgan en in die stad Qom. Mali en Senegal erken Hassaniya, die Arabiese dialek van die Moorse etniese minderheid, as ’n nasionale taal. Griekeland en Siprus erken ook Sipriotiese Arabies onder die Europese Handves vir Streek- en Minderheidstale. Malta, wat nie deel van die Arabiese wêreld is nie, se amptelike taal is Maltees, wat grammaties verwant is aan Magreb-Arabies.
Lidlande van die Arabiese Liga Land Oppervlakte (rang) Oppervlakte (km2)Bron, tensy anders vermeld: Inskrywings in die tabel wat verskil van die syfers in dié bron word tussen hakies in die notakolom aangedui, en die rede vir die verskil word in die nota gegee. Oppervlakte (% van totaal) Notas: oppervlakte Bevolking Bev. (wêreld- rang) Digtheid (rang) Digtheid (/km2) Algerië 1 2 381 741 18,1% Grootste land in Afrika en die Arabiese wêreld. 40 606 052 34 17 16 Bahrein 22 758 0,005% 1 425 171 155 1 1 646 Comore 21 2 235 0,01% 795 601 163 4 309 Djiboeti 16 23 200 0,1% 942 333 159 15 37 Egipte 6 1 002 000 7,6% Uitsluitend die Hala'ib-driehoek (20 580 km2). 95 688 681 16 9 101 Irak 10 435 244 3,3% 37 202 572 40 12 70 Jemen 8 527 968 4,0% 27 584 213 49 14 45 Jordanië 14 89 342 0,7% 9 455 802 106 11 71 Katar 18 11 586 0,08% 2 569 804 149 6 154 Koeweit 17 17 818 0,1% 4 052 584 134 5 200 Libanon 19 10 452 0,08% 6 006 668 125 3 404 Libië 4 1 759 540 11,4% 6 293 253 103 21 3,6 Marokko 9 446 550 3,3% Insluitend Wes-Sahara (266 000 km2). 35 276 786 35 10 80 Mauritanië 5 1 025 520 7,8% 4 301 018 138 22 3,2 Oman 11 309 500 2,4% 4 424 762 139 20 9,2 Palestina 20 27 000 0,05% 4 790 705 126 2 687 Saoedi-Arabië 2 2 149 690 16,4% Grootste land in die Midde-Ooste. 32 275 687 45 19 13 Sirië 12 185 180 1,4% Insluitend die deel van die Golanhoogland (1 200 km2) wat tans deur Israel beset word. 18 430 453 55 7 118 Soedan 3 1 861 484 14,2% Voorheen die grootste land in Afrika. 39 578 828 39 16 16 Somalië 7 637 657 5,0% Langste kuslyn in Afrika en die Arabiese Liga. 14 317 996 80 18 14 Tunisië 13 163 610 1,2% 11 403 248 77 13 65 Verenigde Arabiese Emirate 15 83 600 0,6% 9 269 612 93 8 99 Totaal # 13 130 695 # # 406 691 829 # # #
Demografie Godsdiens thumb|230px|Die Groot Moskee van Kairouan, Tunisië (ook bekend as die Moskee van Uqba), is in 670 deur die Arabiese generaal en veroweraar Uqba ibn Nafi gestig.
Die meeste mense in die Arabiese wêreld hang Islam aan en die godsdiens het in die meeste lande amptelike status. Sjariawette kom in sommige lande gedeeltelik in regstelsels voor, veral in die Arabiese Skiereiland, terwyl ander se wetgewing sekulêr is. Die inwoners van die meeste lande is Soenniete. In Irak en Bahrein is die meeste mense egter Sjiiete. Libanon, Jemen en Koeweit het groot Sjia-minderhede. In Saoedi-Arabië word Ismaelitiese groepe in die oostelike Al-Hasa-streek en die suidelike stad Najran aangetref. In Oman maak Ibadi-gelowiges sowat 75% van Moslems uit.
Daar is ook Christene in die Arabiese wêreld, veral in Egipte, Sirië, Libanon, Irak, Jordanië en Palestina. Koptiese, Maronitiese en Assiriese Christene kom voor in onderskeidelik die Nylriviervallei, die Levant en Noord-Irak.
Kleiner etniesgodsdienstige minderhede in die Arabiese Liga sluit groepe van Irak, Sirië, Libanon, Jordanië en Irak in. Voorheen was daar ook aansienlike hoeveelhede Jode in die Arabiese wêreld, maar die Arabies-Israeliese konflik het gelei tot ’n massa-emigrasie tussen 1948 en 1972. Vandag is nog net klein Joodse gemeenskappe oor.
Volgens ’n groot opname deur die BBC onder 25 000 mense in die Midde-Ooste en Noord-Afrika sê al hoe meer Arabiere hulle is nie meer godsdienstig nie. Van die redes wissel van vroueregte en migrasie tot veiligheid en seksualiteit. Die opname is van 2018 tot 2019 in 10 lande gedoen.BBC News, The Arab world in seven charts: Are Arabs turning their backs on religion? 24 Junie 2019. Besoek op 2 Oktober 2019
Opvoeding Volgens Unesco is gemiddeld 76,9% van volwassenes (ouer as 15) in die streek geletterd. In Mauritanië en Jemen is die persentasie onder die gemiddelde – net oor 50%. In Sirië, Libanon, Palestina en Jordanië is dit egter tot sowat 90%. Die vlak van geletterdheid toon geleidelike verbetering, en die getal ongeletterdes het tussen 1990 en 2000-2004 van 64 miljoen tot sowat 58 miljoen afgeneem.