duimnael|Vooraansig van La Fenice in 2007 Teatro La Fenice (Italiaanse uitspraak: la feˈniːtʃe, "die Feniks") is 'n operahuis wat in Venesië, Italië geleë is. Dit is een van "die bekendste en mees vooraanstaande landmerke in die geskiedenis van Italiaanse teater", en ook wat die geskiedenis van opera as geheel betref. La Fenice was veral in die 19de eeu die ligging van vele bekende operapremiéres, waar verskeie werke van die vier bel canto-era komponiste – Rossini, Bellini, Donizetti en Verdi – opgevoer was.
Die naam van die operahuis is simbolies van die feit dat die operageselskap "uit die as uit opgerys het", ten spyte van die feit dat dit die gebruik van drie opeenvolgende teaters kwyt is as gevolg van brande. Die eerste brand het in 1774 plaasgevind. Venesië se voorste operahuis is daardeur vernietig, maar is herbou. Die tweede brand het in 1836 plaasgevind; die herbouing van die operahuis was binne 'n jaar voltooi. Die derde brand was egter die resultaat van brandstigting. Dit het die operahuis in 1996 vernietig en slegs die buitemure daarvan oorgelaat. Dit was egter ook herbou en het in November 2004 weer oopgemaak. Die tradisie van die Venesiaanse Nuwejaarskonsert het ontstaan om hierdie geleentheid te vier.
Historiese notas
Teen die einde van die agtiende eeu was daar sewe ou teaters wat in Venesië aktief was; twee vir die produksie van toneelstukke, en die andere vir musiekproduksies. Die mees luisterryke van die teaters was die Teatro San Benedetto, wat op die perseel gestaan het wat tans deur die Rossini-bioskoop beset word. Dit was in 1755 deur die Grimani-familie gebou, en daarna toegewys aan die Nobile Società di Palchettisti (die Edele Genootskap van Boks-houers). Na 'n regsuitspraak in 1787 was hierdie genootskap egter uitgesit en geforseer om die operahuis aan die adellike Venier-familie oor te gee, te wete die eienaars van die land waarop dit gebou was. Die genootskap het onmiddellik voorgestel dat 'n groter en meer weelderige operahuis as die een wat hulle sopas verloor het gebou word, wat die simbool van hul veranderde lotgevalle, verliese en hul kapasiteit vir 'hergeboorte' sou word. Dit sou dus bekendstaan as La Fenice, soos die mitiese, onsterflike voël wat daartoe in staat is om uit sy eie as uit op te staan, ten einde die genootskap se pragtige wedergeboorte na sy teëspoed te simboliseer.
duimnael|links|Binnekant van die eerste teater, 1829 Die stuk land tussen Contrada Santa Maria Zobenigo en Contrada Sant'Angelo was in 1790 vir die doeleindes gekoop, en die bestaande private huise daarop gesloop. 'n Kompetisie was toe aangekondig vir die ontwerp van die operahuis, en die komitee van deskundiges het die werk van die argitek Giannantonio Selva uit die 29 planne wat ingedien was gekies. Werk daaraan het in 1791 begin, en slegs agtien maande later in April 1792 was die werk voltooi.
La Fenice het onmiddellik sy merk as een van die voorste operahuise gemaak. Dit was in Italië en Europa bekend om die hoë artistieke kwaliteit van sy werk en vir die prag en heerlikheid van die gebou. Maar, byna asof die naam die draer van slegte tekens was, was die operahuis tydens die nag van 13 Desember 1836 verwoes deur 'n brand wat deur 'n onlangs geïnstalleerde Oostenrykse verwarmer veroorsaak was. Die koerante het gesê dat dit drie dae en drie nagte geneem het om die brand te blus, en verskeie brandplekke was agtien dae later steeds tussen die puin aan't smeul. Die brand en vlamme het die huis geheel en al vernietig, en slegs die voorportaal en die Sale Apollinee kon gered word. DIe genootskap het besluit om met die onmiddellike rekonstruksie van die gebou te begin. Die genootskap het die argitek Giambattista Meduna en sy ingenieurbroer Tommaso aangestel om die werk uit te voer, terwyl Tranquillo Orsi verantwoordelik vir die versiering was. Die werk het in Februarie 1837 'n aanvang geneem, en uitvoerings was tydelik in die Teatro Apollo (voorheen die San Luca, nou die Goldoni) gehou.
Alles was in rekordtyd voltooi. Teen die aand van 26 Desember van dieselfde jaar, was die operahuis, gebore in die nuwe artistieke styl van die era, vir die publiek oopgemaak. Die spoed waarteen die werk plaasgevind het, het egter so vroeg as 1854 daartoe gelei dat dringende retourasiewerk aan die struktuur nodig was; en die huis was weereens onder die leiding van Giambattista Meduna herversier in 'n styl wat tot 1996 onveranderd sou bly. Op 23 Julie 1935 het die boks-houers hul aandeel in die operahuis aan die Comune di Venezia gesedeer, sodat dit van private na openbare eienaarskap oorgegaan het, en in 1937-'38 was dele van die gebou onderhewig gemaak aan verdere restourasies en veranderings deur die ingenieur Eugenio Miozzi. Op die nag van 29 Januarie 1996, gedurende 'n periode waartydens die gebou vir restourasie gesluit was, het 'n tweede brand, volgens legende deur brandstigting veroorsaak, die huis asook die grootste deel van die Sale Apollinee vernietig. Weereens het die La Fenice verrys, nougeset herbou ingevolge die plan van die argitek Aldo Rossi. Dit was op 14 Desember 2003 voltooi.
Eerste teater In 1774 het die Teatro San Benedetto, wat vir meer as 40 jaar Venesië se voorste operahuis was, afgebrand. In 1789 was daar met behulp van 'n aantal vermoënde operaliefhebbers wat 'n briljante nuwe operahuis begeer het, 'n kompetisie georganiseer ten einde 'n geskikte argitek op te spoor. Die kompetisie was deur Gianantonio Selva gewen, wat 'n neoklassieke gebou voorgestel het met 170 identiese bokse wat in 'n tradisionele hoefystervormige ouditorium gerangskik sou wees. Die styl was al sedert dit in 1642 in Venesië bekendgestel was die verkose styl. Die operahuis sou aan sy kant teenoor 'n campo, of klein plaza staan, en aan die ander kant 'n kanaal, met 'n ingang wat direkte toegang sou verleen tot die verhoog en die teater.Beauvert 1995, bl. 34
Die proses was egter nie sonder kontroversie nie, veral met betrekking tot die estetika van die gebou. Soveel as dertig reaksies is ontvang en, soos Romanelli onthou, was Selva se ontwerp aangewys as die ontwerp wat gevolg moes word, alhoewel die prys vir beste ontwerp eintlik na sy hoofmededinger Pietro Bianchi gegaan het.Romanelli 1997, bl. 151 Dit wil egter voorkom asof Selva se ontwerp en die voltooide operahuis van goeie kwaliteit was, en die mees geskikte was vir die beperkinge aan fisiese ruimte waaraan dit moes voldoen.
Bouwerk het in Junie 1790 begin, en teen Mei 1792 was die teater voltooi. Dit was "La Fenice" genoem, met verwysing na die operageselskap se oorlewing, eers van die brand, en toe die verlies aan die geselskap se voormalige akkommodasie. La Fenice was op 16 Mei 1792 ingehuldig met 'n opera deur Giovanni Paisiello getiteld I giuochi d'Agrigento met 'n libretto deur Alessandro Pepoli. Die operahuis was skaars klaar gebou toe 'n regsgeskil uitgebreek het tussen die geselskap wat dit bestuur het en die eienaars van die grond waarop dit gebou is, die Venier-familie. Die saak is in die guns van die Veniers beslis.
La Fenice het aan die begin van die 19de eeu 'n Europese reputasie verkry. Rossini het twee groot produksies aldaar gehou: Tancredi in 1813 en Semiramide in 1823. Twee van Bellini se operas het hul eerste opvoerings daar ontvang: I Capuleti e i Montecchi in Maart 1830 en Beatrice di Tenda in Maart 1833. Donizetti, vars van sy triomfe by La Scala in Milaan en die Teatro di San Carlo in Napels, het in 1836 na 'n afwesigheid van sewentien jaar na Venesië teruggekeer met 'n produksie van sy Belisario.
Tweede teater duimnael|Binnekant van La Fenice in 1837
In Desember 1836 het die noodlot weer toegeslaan toe die teater deur 'n brand vernietig is. Dit is egter gou weer herbou met 'n ontwerp wat deur die argitek-ingenieurspan van die broers Tommaso en Giovanni Battista Meduna verskaf is.La Fenice se webwerf se weergawe van die Meduna broers se ontwerp , teatrolafenice.it Die interieur vertoon 'n laat-Ryksgebaseerde weelderigheid van vergulde versierings, sagte oordadigheid en pleisterwerk. La Fenice het weereens uit die as gerys om sy deure op die aand van 26 Desember 1837 te open.
Giuseppe Verdi se assosiasie met La Fenice het in 1844 begin met die eerste opvoering van Ernani gedurende die karnaval seisoen. Oor die volgende dertien jaar het die eerste opvoerings van Attila, Rigoletto, La traviata, en Simon Boccanegra daar plaasgevind.
Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was La Fenice se deure gesluit, maar dit het weer geopen om die toneel van klomp bedrywighede te word en het baie van die wêreld se grootste sangers en dirigente daartoe getrek. In 1930 het die Venesiaanse Biënnale die Eerste Internasionale Fees van Kontemporêre Musiek van stapel gestuur, wat komponiste soos Strawinski en Britten daartoe beweeg het om vir La Fenice werke te skryf, asook meer onlangs Berio, Nono, en Bussotti.
Op 29 Januarie 1996 was La Fenice geheel en al deur 'n brand verwoes. Slegs die akoestiek daarvan was gepreserveer, aangesien Lamberto Tronchin, 'n Italiaanse kenner van akoestiek, twee maande vroeër die akoestiek daarvan gemeet het.Akoestiek van die Voormalige Teatro La Fenice in Venesië, Joernaal van die Oudio/Klank Ingenieurs-genootskap, Volume 45 Uitgawe 12 bls. 1051–1062; Desember 1997.
Brandstigting as oorsaak van die brand was onmiddellik vermoed. In Maart 2001 het 'n hof in Venesië twee elektrisiëns, Enrico Carella en sy neef Massimiliano Marchetti skuldig bevind aan brandstigting. Dit wil voorkom asof hulle die gebou aan die brand gesteek het omdat hulle maatskappy erge boetes in die gesig gestaar het oor vertragings in herstelwerk waarby hulle betrokke was. Carella, die eienaar van die maatskappy, het verdwyn nadat 'n finale appèl van die hand gewys is. Hy is gevonnis tot sewe jaar tronkstraf. Marchetti het homself aan die owerhede oorgelewer en 'n ses-jaar vonnis uitgedien. Carella is uiteindelik in Februarie 2007 by die Meksiko-Belize-grens gearresteer en uitgelewer na Italië. Hy is op dagparool vrygelaat nadat hy sestien maande tronkstraf uitgedien het.
Teenswoordige teater duimnael|links|Binnekant van La Fenice in 2015 Na verskeie vertragings het die herbouing met alle erns in 2001 begin. 'n Span van 200 pleisteraars, kunstenaars, skrynwerkers, en ander vakmanne en ambagsmanne het in 650 dae teen 'n beraamde koste van €90 miljoen daarin geslaag om die atmosfeer van die ou teater te herskep. Soos Gillian Price tereg opmerk, "Hierdie keer, danksy 'n verligte projek deur (die Italiaanse argitek) oorle Aldo Rossi en die leuse 'hoe dit was, waar dit was', is die huis voorsien van bykomende repetisie-areas en wêreldklas verhoogtoerusting, terwyl die kapasiteit verhoog is van 840 tot 1 000 sitplekke."
duimnael|Detail van die versiering La Fenice is herbou ingevolge die riglyne van 'n ontwerp deur die argitek Aldo Rossi wat, ten einde die details van die ontwerp te ontsyfer, gebruik gemaak het van foto's van die openingstonele uit Luchino Visconti se rolprent Senso (1954) wat in die operahuis verfilm is. La Fenice het op 14 Desember 2003 heropen met 'n inwydingskonsert bestaande uit die werke van Beethoven, Wagner en Strawinski. Die eerste verhoog-opera was 'n produksie van La traviata in November 2004.
Kritiese ontvangs het gewissel. Die musiekkritikus van Il Tempo, Enrico Cavalotti, was tevrede met die resultate. Hy het die kleure 'n bietjie helder gevind maar die klank van 'n goeie kwaliteit en kompaktheid. Vir sy kollega Dino Villatico van La Repubblica het die akoestiek van die nuwe saal egter 'n gebrek aan resonansie gehad en was die kleure pynlik helder. Hy het dit "kitsch gevind, 'n namaaksel van die verlede".
Artistieke notas Vooraansig