Die jaar 1564 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 64ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure 26 Januarie – Pous Pius IV bevestig die besluite van die konsilie van Trente in sy bul Benedictus Deus. 13 November – Pous Pius IV publiseer die geloofsbelydenis van Trente in sy bul Iniunctum nobis.
Geboortes Onbekend – William Shakespeare, Britse skrywer en akteur († 1616). 15 Februarie – Galileo Galilei, 'n Italiaanse fisikus, wiskundige, sterrekundige en filosoof († 1642) Onbekend - Christopher Marlowe, Engelse dramaturg, digter en vertaler († 1593)
Sterftes 18 Februarie – Michelangelo, Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur (* 1475) 27 Mei – Johannes Calvyn, Franse-Switserse teoloog en predikant (* 1509)
Kategorie:16de eeu