Die 23ste Cannes-rolprentfees is van 3-18 Mei 1970 in Cannes, Frankryk, gehou. In dié jaar het Robert Favre LeBret, die stigter van die fees, besluit om nie enige prente van Rusland en Japan in te sluit nie, want hy was moeg vir "Slawiese spektakels en Japannese samoeraiflieks".Rex Reed (21 Junie 1970). How I went to the Cannes Film Festival and hated every minute of it. Los Angeles Times, p. o32. Besoek op 24 Junie 2008 Die Russe het hul jurielid onttrek en daar was dus net agt lede op die paneel.
Die Palme d'Or is toegeken aan M*A*S*H deur Robert Altman. Die fees is geopen met The Things of Life (Les Choses de la vie) deur Claude Sautet en afgesluit met The Ball of Count Orgel (Le Bal du Comte d'Orgel) deur Marc Allégret. Die Nobelprys vir Letterkunde-wenner Miguel Ángel Asturias was die president van die jurie. Hy was destyds die ambassadeur van Guatemala in Frankryk.
Pryse duimnael|140px|Robert Altman, wenner van die Palme d'Or. duimnael|140px|John Boorman, beste regisseur. Van die mense en prente wat in 1970 pryse ontvang het, is:
Palme d'Or: M*A*S*H deur Robert Altman Jurieprys: The Falcons (Magasiskola) deur István Gaál en The Strawberry Statement deur Stuart Hagmann Spesiale jurieprys: Investigation of a Citizen Above Suspicion (Indagine su un cittadino al di sopra di ogni sospetto) deur Elio Petri Beste eerste werk: Hoa-Binh deur Raoul Coutard Beste regisseur: John Boorman vir Leo the Last Beste akteur: Marcello Mastroianni vir The Pizza Triangle (Dramma della gelosia - tutti i particolari in cronaca) Beste aktrise: Ottavia Piccolo vir MetelloKortprente Palme d'Or: The Magic Machines deur Bob Curtis Spesiale vermelding: Et Salammbo?'' deur Jean-Pierre Richard
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees