Die 19de Cannes-rolprentfees is van 5-20 Mei 1966 in Cannes, Frankryk, gehou. Om die fees se 20ste bestaansjaar te vier is ’n spesiale prys toegeken: vir Chimes at Midnight deur Orson Welles.
Die Palme d'Or is toegeken aan The Birds, the Bees and the Italians (Signore & Signori) deur Pietro Germi en A Man and a Woman (Un homme et une femme) deur Claude Lelouch. Die fees is geopen met Modesty Blaise deur Joseph Losey en afgesluit met Pharaoh (Faraon) deur Jerzy Kawalerowicz. Die Italiaanse aktrise Sophia Loren was die president van die jurie.
Pryse duimnael|140px|Sophia Loren, president van die jurie. duimnael|140px|Pietro Germi, ’n wenner van die Palme d'Or. Van die mense en prente wat in 1966 pryse ontvang het, is:
Palme d'Or: The Birds, the Bees and the Italians (Signore & Signori) deur Pietro Germi en A Man and a Woman (Un homme et une femme) deur Claude Lelouch Jurieprys: Alfie deur Lewis Gilbert Beste regisseur: Sergei Yutkevich vir Lenin in Poland (Lenin v Polshe) 20ste-herdenkingsprys: Chimes at Midnight deur Orson Welles Beste akteur: Per Oscarsson vir Hunger (Sult) Beste aktrise: Vanessa Redgrave vir Morgan: A Suitable Case for Treatment
Kortprente Palme d'Or: Skaterdater deur Noel Black Tegniese prys: Skaterdater deur Noel Black
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees