Satakunta (Sweeds: Satakunta of Satakunda) is 'n administratiewe streek in Finland. Dit is in die suidweste van die land geleë en maak deel uit van die historiese Westelike Finland-provinsie. Die streek word begrens deur Pohjanmaa in die noorde, Suid-Pohjanmaa in die noordooste, Pirkanmaa in die ooste en Suidwes-Finland in die suide.

Satakunta beslaan 'n landoppervlakte van 8 268 km² en het 'n bevolking van 218 018 in 2019 gehad. Die streek het 17 munisipaliteite waarvan sewe stadstatus het. Die grootste stad en administratiewe hoofstad van die streek is Pori.

Verwysings

Kategorie:Streke van Finland