Die 21ste Cannes-rolprentfees sou van 10-24 Mei 1968 in Cannes, Frankryk, gehou word, maar is verkort weens die onrus van Mei 1968 in dié land.

Die fees is geopen met die gerestoureerder weergawe van Gone with the Wind deur Victor Fleming en sou op 17 Mei afgesluit word met Peter Lennon se dokumentêr Rocky Road to Dublin. Net ná die eerste vertoning van laasgenoemde prent het Jean-Luc Godard, Claude Lelouch en François Truffaut op die verhoog verskyn en aangekondig die fees moet eindig in solidariteit met die werkers en studente wat dwarsoor Frankryk aan proteste deelneem. Baie regisseurs het hulle prente aan die fees onttrek. Die volgende dag, op 18 Mei, is die vertoning van Peppermint Frappé deur Carlos Saura gekanselleer, en dit het ’n oproerigheid in die gehoor veroorsaak onder mense wat wou hê die fees moes voortgaan.

Eindelik is die fees op 19 Mei, vyf dae voordat dit sou eindig, afgestel. Die Amerikaanse aktrise en prinses van Monaco Grace Kelly was die aanbieder op die opening- en sluitingseremonie. Van die 28 prente wat gekies is om om die Grand Prix du Festival International du Film mee te ding, is net 11 vertoon.

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees