Die 16de Cannes-rolprentfees is van 9-23 Mei 1963 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Leopard (Il Gattopardo) deur Luchino Visconti. Die fees is geopen met The Birds deur Alfred Hitchcock. Die Franse dramaturg Armand Salacrou was die president van die jurie.

Pryse duimnael|140px|Salacrou Harcourt, president van die jurie. duimnael|140px|Luchino Visconti, wenner van die Palme d'Or. Van die mense en prente wat in 1963 pryse ontvang het, is:

Palme d'Or: The Leopard (Il Gattopardo) deur Luchino Visconti Jurieprys: The Cassandra Cat (Až přijde kocour) deur Vojtěch Jasný en Harakiri (Seppuku) deur Masaki Kobayashi Beste draaiboek: Dumitru Carabat, Henri Colpi en Yves Jamiaque vir Codine Beste akteur: Richard Harris vir This Sporting Life Beste aktrise: Marina Vlady vir The Conjugal Bed (L'ape regina)

Kortprente Palme d'Or: Le Haricot deur Edmond Séchan en In wechselndem Gefälle (A fleur d'eau) deur Alexander J. Seiler Jurieprys: Moj Stan deur Zvonimir Berković Spesiale vermelding: Di Domenica deur Luigi Bazzoni en You deur István Szabó Tegniese prys: Zeilen deur Hattum Hoving

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees