Die 14de Cannes-rolprentfees is van 3-18 Mei 1961 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Long Absence (Une aussi longue absence) deur Henri Colpi en Viridiana deur Luis Buñuel. Die fees is geopen met The Joy of Living (Che gioia vivere) deur René Clément. Die Franse skrywer Jean Giono was die president van die jurie.

Shirley Clarke se debuutprent, The Connection, is ook op die fees vertoon danksy die inspanning van die Association Française de la Critique de Cinéma. Die prent se sukses het tot gevolg gehad dat die fees die volgende jaar die International Critics' Week gestig het.

Pryse duimnael|140px|Anthony Perkins, beste akteur. duimnael|140px|Sophia Loren, beste aktrise. Van die mense en prente wat in 1961 pryse ontvang het, is:

Palme d'Or: The Long Absence (Une aussi longue absence) deur Henri Colpi en Viridiana deur Luis Buñuel Jurieprys: Mother Joan of the Angels (Matka Joanna od aniolów) deur Jerzy Kawalerowicz Beste regisseur: Yuliya Solntseva vir Chronicle of Flaming Years (Povest plamennykh let) Beste akteur: Anthony Perkins vir Goodbye Again Beste aktrise: Sophia Loren vir Two Women (La Ciociara)

Kortprente Palme d'Or: La Petite Cuillère deur Carlos Vilardebó Jurieprys: Párbaj deur Gyula Macskássy

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees