240px|duimnael|'n Kleurbeeld van die Aarde soos gesien vanaf Apollo 17. Samestelling van die Aarde se atmosfeer Stikstof 78,084% Suurstof 20,946% Argon 0,934% Koolstofdioksied 0,038% Waterdamp >1% Ander 0,002%
Aardverwarming, ook genoem globale verwarming, klimaatverwarming, klimaatontwrigting of klimaatkrisis, verwys na die toename in globale temperatuur sedert die pre-industriële tydperk. Die gemiddelde lugtemperatuur van die Aarde se atmosfeer op grondvlak was van 2011 tot 2020 sowat 1,09 °C (0,95–1,20 °C) hoër as in die tydperk van 1850 tot 1900.https://www.ipcc.ch/report/ar6/wg1/downloads/report/IPCC_AR6_WGI_SPM_final.pdf,Summary for policymakers. The Physical Science Basis. Contribution of Working Group I to the Sixth Assessment Report of the Intergovernmental Panel on Climate Change,Masson-Delmotte, V. et al, 2021, www.ipcc.ch, Intergovernmental Panel on Climate Change. Hierdie verwarming gaan gepaard met globale klimaatsveranderinge, soos veranderinge in reënvalpatrone en verwoestyning.
Dit is onbetwis onder klimaatwetenskaplikes dat die gemiddelde temperatuur op Aarde sedert die middel van die 20ste eeu toegeneem het. Daar is ook konsensus oor die oorsaak: hierdie tendens word hoofsaaklik veroorsaak deur 'n toename in die konsentrasie van kweekhuisgasse in die atmosfeer. Op sy beurt is dit die gevolg van menslike aktiwiteite soos fossielbrandstofgebruik, ontbossing en sekere nywerheids- en landbouaktiwiteite. Sedert die begin van die 21ste eeu het die meerderheid van die publiek en politici ook die standpunt ingeneem dat 'n klimaatprobleem bestaan en dat dit grootliks die gevolg is van menslike optrede.
'n Versameling van ondersoeke aangaande aardverwarming word in die verslag van die Interregeringspaneel oor klimaatverandering (IPCC) saamgevat. Die paneel is deur die Verenigde Nasies ingestel om die huidige wetenskaplike, tegniese en sosiaal-ekonomiese kennis aangaande aardverwarming te dokumenteer en 'n oorsig daaroor voor te lê.
Verskillende klimaatmodelle voorspel op 'die kort termyn 'n temperatuurstyging van minder as 'n graad. Aan die einde van die 21e eeu kan dit tot verskeie grade verhoog word.
Alle groot klimaatveranderinge het 'n ontwrigtende werking en het gelei tot die uitsterwe van vele lewensvorme, die migrasie van bevolkings en groot veranderinge in die landoppervlak en die seesirkulasie. Die snelheid van die huidige klimaatverandering is hoër as die meeste vorige veranderinge, waardeur aanpassing vir die natuur en aanpassing vir die menslike gemeenskap moeiliker is. Boonop maak die toenemende kompleksiteit van die menslike samelewing wat 'n groter risiko is.The Royal Society (2014): '6. Climate is always changing. Why is climate change of concern now? Die huidige klimaatsverandering hou ook 'n groter kans vir toekomstige skade in.
Indien temperatuurstyging van meer as 2 °C sou plaasvind hou dit groot veranderinge vir die mens en omgewing in, onder ander deur seevlakstyging, toename van van droogte- en hitteperiodes, ekstreme neerslag en afname van biodiversiteit. Summary for Policymakers in Climate Change 2014: Impacts, Adaptation and Vulnerability 'n Temperatuurstyging van 2 °C het baie verswarende gevolge as 'n temperatuur styging van 1,5 °C.https://www.duurzaamnieuws.nl/ipcc-klimaat-mag-in-geen-geval-meer-dan-15-graden-opwarmen/,IPCC: klimaat mag in geen geval meer dan 1,5 graden opwarmen, 9 Oktober 2018, duurzaamnieuws.nlhttp://www.volkskrant.nl/buitenland/cruciale-aanname-blijkt-onjuist-aarde-mag-niet-2-maar-1-graad-warmer-worden~a4195944, Cruciale aanname blijkt onjuist: aarde mag niet 2 maar 1 graad warmer worden, besoek op 29 November 2015, 27 November 2015, de VolkskrantReport on the structured expert dialogue on the 2013–2015. UNFCCC duimnael|Gemiddelde temperatuur 1880-nou. Die gemiddelde van die tydperk 1951–1980 word as verwysing geneem. Daar is verskillende maatreëls moontlik om die skade van klimaatverandering te minimaliseer. Aan die een kant is dit moontlik om oorsake aan te pak (mitigasie): minder kweekhuisgasse te genereer deur die energieverbruik te verminder en natuurgebiede beter te beskerm. Aan die ander kant sal gemeenskappe moet aanpas (aanpassing) deur beter aangepaste gewasse te verbou. Volgens die ooreenkoms van Parys van Desember 2015 moet die verwarming van die Aarde beperk word tot ruim onder 2 °C, maar by voorkeur tot hoogstens 1,5 °C. Voorts word in die verdrag gestel dat geld deur die ontwikkelde lande beskikbaar gestel moet word om die armer lande te help met nodige aanpassings om aarverwarming te bestry.
Opgemerkte temperatuurveranderinge 260px|duimnael|Die see se hittekapasiteit is veel hoër as enige ander energiebergplek in die aarde se hittebalans oor die twee periodes van 1961 tot 2003 en 1993 tot 2003, wat meer as 90% van die moontlike toename van die aarde se hittekapasiteit uitmaak., in , referred to by: duimnael|alt=refer to caption and adjacent text|Twee millennia se gemiddelde oppervlaktemperature volgens verskillende rekonstruksies uit klimaatskattings, met die instrumentele temperatuurrekord in rooi.
Daar is 'n groot aantal onafhanklike waarnemings uit verskillende wetenskaplike velde, soos meteorologie, glasiologie, oseanografie en biologie, wat toon dat die Aarde verwarm.
Meteorologie toon dat temperature oor land en oor die oseane, gekorrigeer vir effekte soos die hitte-eiland-effek, stelselmatig styg.Kennedy, J.J., et al.,2010, How do we know the world has warmed? in Global Climate, State of the Climate in 2009, https://www.ncdc.noaa.gov/sotc/global/200913, Bulletin of the American Meteorological Society, vol 91, uitgawe 7, bl. 26 Die gemiddelde oppervlaktemperatuur het in 2020 met 1,09 °C (0,95–1,20 °C) toegeneem vergeleke met die tydperk 1850–1900. Opwarming is sterker oor land (sowat 1,59 °C) as oor die oseane (ongeveer 0,88 °C).https://www.ipcc.ch/report/ar6/wg1/downloads/report/IPCC_AR6_WGI_SPM_final.pdf,Summary for policymakers. The Physical Science Basis. Contribution of Working Group I to the Sixth Assessment Report of the Intergovernmental Panel on Climate Change, Masson-Delmotte, V. et al, 2021, www.ipcc.ch, Intergovernmental Panel on Climate Change.
Ontleding van baie gletsers toon dieselfde historiese verwarmingskromme van die Aarde as direkte temperatuurmetingsOerlemans, J. ,2005 , http://www.sciencemag.org/content/308/5722/675.abstract, Extracting a climate signal from 169 glacier records. Science, vol 308, bl. 675–677 Opwarming is in alle lae van die see waargeneem.Climate Change 2021: The Physical Science Basis. Contribution of Working Group I to the Sixth Assessment Report of the Intergovernmental Panel on Climate Change, Paola Arias, https://www.ipcc.ch/report/ar6/wg1/downloads/report/IPCC_AR6_WGI_TS.pdf, 2021, hoofstuk, Technical
Sommige uiterste weersomstandighede is meer algemeen. Daar is byvoorbeeld gemiddeld meer buitengewoon warm dae en minder buitengewoon koue dae, en die aantal hittegolwe het toegeneem. Daar is ook meer hittegolwe in die see.Frölicher, Thomas, Charlotte Laufkötter, https://www.nature.com/articles/s41467-018-03163-6, Emerging risks from marine heat waves, 9 , Nature Communications, 2018. Metings in die Arktiese gebied toon dat temperature bo die globale gemiddelde is. Die gevolg is 'n afname in dryfys in die Arktiese Oseaan. Dit is baie waarskynlik dat menslike aktiwiteite die hoofoorsaak hiervan is. Swaar reënval het toegeneem in frekwensie en intensiteit regoor die wêreld.Executive summary. Climate Science Special Report: Fourth National Climate Assessment, Volume, Wuebbles, D.J, D.W. Fahey, K.A. Hibbard, B. DeAngelo, S. Doherty, K. Hayhoe, R. Horton, J.P. Kossin, P.C. Taylor, A.M. Waple, and C.P. Weaver, 2017, https://science2017.globalchange.gov/chapter/executive-summary/|uitgever=U.S. Global Change Research Program, Washington, DC, VSA, doi=10.7930/J0DJ5CTG
Ander aanduidings is die (gedeeltelike) smelting en terugtrekking van die meeste gletsers,Cuffey, K.M. & Paterson, W.S.B., The physics of glaciers, 4de uitgawe, Elsevier Amsterdam, 2010, bl. 578-580 die smelt van landys by die Suidpool,A. J. Cook en D. G. Vaughan, Overview of areal changes of the ice shelves on the Antarctic Peninsula over the past 50 years, http://www.the-cryosphere-discuss.net/3/579/2009/tcd-3-579-2009.html , The Cryosphere Discussions, volume 3, uigawe 2, bl. 579-630 die see-ys rondom die Noordpool en van die Groenland se ys en die styging in die seevlak.Kennedy, J.J., et al. (2010). How do we know the world has warmed? in: 2. Global Climate, in: State of the Climate in 2009. Bulletin of the American Meteorological Society 91. Summary for Policymakers, Observed Changes in the Climate System. , in IPCC AR5 Climate Change 2013: The Physical Science Basis 2013. Oseaanversuring word ook waargeneem: die pH van water het met 0,1 afgeneem as gevolg van 'n toename in CO2 sedert die begin van die industriële rewolusie, wat ooreenstem met 'n 26% toename in waterstofioonkonsentrasieIPCC WG1 Summary for Policymakers, Observed Changes in the Climate System, in IPCC AR5 Climate Change 2013: The Physical Science Basis 2013 Die lente begin gemiddeld vroeër en die groeiseisoen van beide flora en fauna is langer. Die boomlyn in bergreekse het verskuif na hoër hoogtes, habitatte van flora en fauna het verskuif na hoër hoogtes en gebiede op 'n hoër breedtegraad, nader aan die pole.https://19january2017snapshot.epa.gov/climate-impacts/climate-impacts-ecosystems_.html , Climate Impacts on Ecosystems, besoek op 29 Desember 2018, US EPA, 19 Januarie 2017Burrows, Michael T., David S. Schoeman, Lauren B. Buckley, Pippa Moore, Elvira S. Poloczanska, Keith M. Brander, Chris Brown, John F. Bruno, Carlos M. Duarte, Benjamin S. Halpern, Johnna Holding, Carrie V. Kappel, Wolfgang Kiessling, Mary I. O, Connor, John M. Pandolfi, Camille Parmesan, Franklin B. Schwing, William J. Sydeman, Anthony J. Richardson, http://science.sciencemag.org/content/334/6056/652.full ,The Pace of Shifting Climate in Marine and Terrestrial Ecosystems, jaargang 334, Science, 2011
Boonop word 'n energiewanbalans in die buitenste laag van die atmosfeer gemeet: meer (stralings)energie kom binne as wat in die ruimte uitgestraal word. Hierdie energie-oorskot word grotendeels in hitte omgeskakel.N.G. Loeb, J. M. Lyman, G.C. Johnson, R.P. Allan, D.R. Doelling, T. Wong, B.J. Soden & G.L. Stephens, 2012, Observed changes in top-of-the-atmosphere radiation and upper-ocean heating consistent within uncertainty, Nature Geoscience, volume 5, bl. 110–113, http://www.nature.com/ngeo/journal/v5/n2/abs/ngeo1375.html
Natuurlike skommelinge in temperature kan agtergrondverwarming versterk of maskerSévellec, Florian, Sybren Drijfhout, https://www.nature.com/articles/s41467-018-05442-8?_sp=2947607d-05a0-4733-b46a-0428c9d6e954.1534849267217, A novel probabilistic forecast system predicting anomalously warm 2018–2022 reinforcing the long-term global warming trend, Jaargang 9, Nature Communications, 2018 Die moontlike vertraagde opwarming tussen 2000 en 2012 is 'n voorbeeld hiervan. Hierdie vertraging was egter nie net te wyte aan interne skommelinge nie, maar ook aan verminderde eksterne forsering. Hierdie tydperk is gekenmerk deur minder sonstraling en verhoogde vulkaniese aktiwiteit. Deeltjies wat deur vulkaniese uitbarstings vrygestel word, blokkeer sonlig.Medhaug, Iselin, Martin B. Stolpe, Erich M. Fischer & Reto Knutti, https://www.nature.com/articles/nature22315|titel=Reconciling controversies about the ‘global warming hiatus’, jaargang 545, Nature, 2017
Vergelyking met natuurlike klimaatsverandering