TSG 1881 Sprockhövel is 'n sportklub uit Sprockhövel in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook nog 17 ander afdelings, onder meer vir prellbal, atletiek, pluimbal, basketbal, gimnastiek, handbal, swem, tafeltennis, tennis en vlugbal.
Die klub se oudste voorganger is Turngemeinde Sprockhövel, wat in 1881 gestig is. Die klub se naam is later verander na Turnverein Sprockhövel. In 1938 is daar met Sportverein Sprockhövel saamgesmelt om die huidige klub te vorm. Hierdie klub was in 1907 gestig as Athene Sprockhövel en is in 1909 herdoop tot Sportverein Sprockhövel. Tussen 1922 and 1927 het Sportverein Sprockhövel op die hoogste vlak gespeel in die Wesfaalse topliga waar daar met klubs soos FC Schalke 04, MSV Duisburg en BV Borussia Dortmund meegeding is.
TSG se grootste na-oorlogse prestasie was om in 2000 die eerste keer na die Oberliga Wesfale te promoveer.
Onlangse ligaposisionering 1996-97 (VI) Landesliga 1ste 1997-98 (V) Verbandsliga 2 Wesfale 9de 1998-99 (V) Verbandsliga 2 Wesfale 9de 1999-00 (V) Verbandsliga 2 Wesfale 1ste 2000-01 (IV) Oberliga Wesfale 16de 2001-02 (V) Verbandsliga 2 Wesfale 1ste 2002-03 (IV) Oberliga Wesfale 15de 2003-04 (IV) Oberliga Wesfale 16de 2004-05 (IV) Oberliga Wesfale 16de 2005-06 (V) Verbandsliga 2 Wesfale 3de 2006-07 (V) Verbandsliga 2 Wesfale 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Wesfale
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Wesfale 2007/08-seisoen Rooiwit Ahlen II | DSC Arminia Bielefeld II | VfL Bochum II | SC Delbrück | SpVgg Erkenschwick DJK Germania Gladbeck | FC Gütersloh 2000 | Hammer SpVg | SC 04 Westfalia Herne | SV Lippstadt 08 Sportvriende Lotte | SC Preußen Münster | SF Oestrich Iserlohn | FC Eintracht Rheine | FC Schalke 04 II SV Schermbeck | TSG 1881 Sprockhövel | SC Wiedenbrück 2000
Sprockhövel