1. FC Germania 08 Ober-Roden is 'n sportklub uit Rödermark in die deelstaat Hessen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook nog 'n dames-gimnastiekafdeling. Ober-Roden vorm deel van Rödermark en was tot 1977 'n onafhanklike dorp.
Die klub is op 10 April 1908 deur twee dosyn mans by die Zum Schützenhof-restaurant gestig. Gedurende beide Wêreldoorloë moes die klub sy bedrywighede opskort omdat soveel van sy lede vir militêre diens opgeroep is. Die klub het tussen 1952 en 1963 die eerste keer op die vierde vlak gespeel in die Amateurliga Hessen. Na 1963 moes hulle egter wag tot 1992, toe daar na die Landesliga Hessen gepromoveer is, om weer op hierdie vlak mee te ding.
Onlangse ligaposisionering 1991-92 (V) Bezirksoberliga 1ste 1992-93 (IV) Landesliga Hessen S 13de 1993-94 (IV) Landesliga Hessen S 8ste 1994-95 (V) Landesliga Hessen S 3de 1995-96 (V) Landesliga Hessen S 12de 1996-97 (V) Landesliga Hessen S 10de 1997-98 (V) Landesliga Hessen S 11de 1998-99 (V) Landesliga Hessen S 3de 1999-00 (V) Landesliga Hessen S 4de 2000-01 (V) Landesliga Hessen S 12de 2001-02 (V) Landesliga Hessen S 7de 2002-03 (V) Landesliga Hessen S 2de 2003-04 (IV) Oberliga Hessen 5de 2004-05 (IV) Oberliga Hessen 11de 2005-06 (IV) Oberliga Hessen 17de 2006-07 (V) Landesliga Hessen S 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Hessen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Hessen 2007/08-seisoen FC Beiere Alzenau - Viktoria Aschaffenburg - KSV Baunatal - SV Darmstadt 98 - SV Buchonia Flieden - Eintracht Frankfurt II - SG Roowit Frankfurt - SC Borussia Fulda - KSV Klein-Karben - FSC Lohfelden - 1. FC Germania 08 Ober-Roden - 1. FC Schwalmstadt - FSV 1926 Fernwald - SC Waldgirmes - SV Wehen II - Eintracht Wetzlar - TSG Wörsdorf - RSV Würges
Ober-Roden