Dendermonde (Frans: Termonde) is 'n Belgiese stad in die ooste van die Vlaamse provinsie Oos-Vlaandere en het 'n oppervlakte van 56 km² en 44 257 inwoners (2011). Plekke in die munisipale gebied van Dendermonde is Dendermonde (stad), Grembergen, Baasrode, Sint-Gillis-Dendermonde, Appels, Schoonaarde, Oudegem en Mespelare. Dendermonde grens aan die munisipaliteite Wichelen, Berlare, Zele, Hamme, Buggenhout, Lebbeke en Aalst. Dendermonde vervul 'n aantal ekonomiese en kulturele funksies op regionale vlak. Die stad het 'n hospitaal en enkele skole. Elke Maandag kom besoekers vir hulle weeklikse inkopies na die mark.
Die stad beskik oor 'n spoorwegstasie wat verbindings na Asse, Brussel, Buggenhout, Mechelen, Zele, Lokeren en Gent bied. Die eerste spoor vir stoomaangedrewe lokomotiewe was 'n lyn wat Dendermonde met Mechelen verbind het en wat in die 19e eeu in gebruik geneem is.
Geografiese ligging Dendermonde lê suid van die Skelde en oos van die stad Gent.
Die Dender-rivier vloei deur die stad. Die stad lê waar die Dender-rivier in die Skelde vloei. Dendermonde lê 33 km van Gent, 28 km van Brussel, 30 km van Mechelen en 46 km van Antwerpen.
Geskiedenis en besienswaardighede duimnael|links|Dendermonde in 1649 door J. Blaeu
duimnael|St-Gillis-Binnenkerk duimnael|Brusselsepoort duimnael|Ros Beiaard-ommegang (parade) op 30 Mei 2010 duimnael|Indiaan, Mars en Goliath op die Groot Markplein van Dendermonde duimnael|regs|250 px|"Op die golfbreker", skildery van Jan Verhas, stadhuis van Dendermonde duimnael|regs|300 px|St. Gertrudiskerk in Vlassenbroek (Julie 2004) Die stad het eers in die 11de eeu ontstaan. Stewige stadsmure omring Dendermonde in die 13de eeu. Dendermonde is 'n sentrum van die middeleeuse lakennywerheid. Die stadhuis dateer uit die 14de eeu. In die 15de eeu het die stad aansienlik gegroei danksy die handel. In 1572 is Dendermonde deur Spaanse soldate geplunder. Die stad is nouliks deur die industrialisering van België geraak. Die ou stadskern is in 1914 tydens die Eerste Wêreldoorlog ernstig beskadig deur brandstigting.
Tydens die samesmeltings van munisipaliteite is die volgende munisipaliteite bygevoeg: 1971 Appels, Sint-Gillis-bij-Dendermonde; 1976 Baasrode, Grembergen, Mespelare, Oudegem en Schoonaarde.
Die historiese huise langs Kerkstraat en Astridlaan, die Groot Markplein (Grote Markt) in die historiese stadsentrum en 'n aantal museums lok besoekers. Saans word die stadhuis, die Vleeshuismuseum en die Onze-Lieve-Vrouwekerk tot middernag verlig.
Die stad is bekend vir sy folkloristiese Ros Beiaard-parade en het 'n gewilde toeristebestemming geword. Die Katuit-parade met die drie stadsreuse (Mars, Indiaan en Goliath) word jaarliks op die laaste Donderdag van Augustus geplant. Daar is 3 hotelle en verskeie restaurante.
Die gereg met beeldhouwerk van Jeanne De Dijn. Die toring is 50 meter hoog. Die Onze-Lieve-Vrouwekerk wat twee skilderye van Antoon (Anthony) Van Dyck vertoon. Die standbeeld van Pieter-Jan De Smet Stadhuis met kloktoring wat skilderye van Jan Verhas, Franz Courtens, Adriaan Heymans en Isidoor Meyers vertoon. Beeldhouwerk "Spelende kinderen" van Jos De Decker aan die Franz Courtensstraat Beeldhouwerk "Koningin Astrid" van Jos De Decker aan die Astridlaan Die Sint-Egidiuskerk Sint-Alexiusbegijnhof met 61 huise Beeldhouwerk "Samenvloeiing van Dender en Schelde" van Paul De Visscher Jazz Sentrum Vlaandere Die Mechelse en Brusselse poort (1822)
Museums Vleeshuismuseum met fossiele uit die oerverlede, Romeinse keramiek en 'n skelet van 'n mammoet (vier meter hoog). Museum vir Volkskunde (in die Begijnhof) Zwijvekemuseum Skeepvaartmuseum (in Baasrode)
Geboortes Jacob Maestertius, (1610-1658), skrywer Pieter-Jan De Smet, missionaris by die Indiane (Native Americans) in die Rotsgebergte (1801–Saint Louis 1873) Prudens Van Duyse (1804-1859), digter Franz Verhas, (1827-1897), skilder Emanuel Hiel, (Sint-Gillis-Dendermonde 1834 - Schaarbeek 1899), skrywer en digter Fernand Khnopff, Grembergen 1858-Brussel 1921, simbolistiese skilder Lodewijk Dosfel (1881 - 1925), skrywer, politikus en Vlaamse nasionalis baron Franz Courtens, skilder Polydore De Keyser, (1832-1898), Right Honourable Lord Mayor of London Jan Verhas (1834-1886), skilder Jef Van Extergem, politikus Jef Scheirs, (1885-1960), skrywer Jos De Decker, (1912-2000), beeldhouer Jan Lenssens, (1935-2006), politikus, CVP/CD&V Guy Verhofstadt (1953), politikus, Open VLD Norbert De Batselier, politikus, burgemeester, SP.A Piet Buyse, politikus, burgemeester, CD&V Caroline Maes (1982), tennisspeler Marc Verwilghen, politikus, Open VLD Hilde Dierickx, politikus, Open VLD Ferdy Willems, politikus, VU/Groen! Marius Meremans, politikus, N-VA Leen Dierick, politikus, CD&V
Ros Beiaard lied
center|750px|The Ros Beiaard hymn 't Ros Beiaard doet zijn ronde In de stad van Dendermonde Die van Aalst die zijn zo kwaad omdat hier 't Ros Beiaard gaat. refrein: De vier Aymons kinderen jent Met blanke zweerd in d'hand Ziet ze rijden 't Zijn de schoonsten van ons land't Ros Beiaards ogen fonk'len Zijne brede manen kronk'len En hij wendt hem fraai en vlug Met vier broers op zijnen rug.
Hun harnas, schild en lansen blinken bij de zonneglanzen En den beiaard 't voisken geeft daar het Ros zijn eer in heeft.O Dendermondenaren Blijft altijd den roem bewaren Van het peerd zo wijd vermaard Als den grootsten man op aard.
't Ros Beiaard is ons glorie en benijdt g' ons die victorie Aelst, gij hebt nog min verstand als ons ridder ros vaillant.'t Ros Beiaard is verheven heeft zich in het vuur begeven en het week op 't oorlogsveld alles voor zijn groot geweld.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit Vleeshuismuseum
Kategorie:Munisipaliteite in Oos-Vlaandere Kategorie:Nedersettings in Oos-Vlaandere Kategorie:Stede in Vlaandere Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in België