Guy Maurice Marie Louise Verhofstadt (Dendermonde (Oos-Vlaandere), 11 April 1953) is 'n Belgiese liberale politikus. Van 12 Julie 1999 tot 20 Maart 2008 was hy die Eerste Minister van België. Hy is lid van die politieke party Open Vld. Sedert 2006 is hy ook lid van die raad van Gent, en sedert 2009 'n lid van die Europese Parlement.

Voor dit was hy minister, partyvoorsitter en volksverteenwoordiger.

Verhofstadt het in die regte gestudeer. Hy is getroud en het twee kinders.

Kategorie:Eerste Ministers van België Kategorie:Belgiese adjunk-premiers Kategorie:Belgiese ministers Kategorie:Vlaamse politici Kategorie:Lede van die Europese Parlement Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense