Die 2019-Rugbykampioenskapsreeks was die agtste jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Die toernooi het op 20 Julie afgeskop met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en geëindig op 10 Augustus; vroeër en korter as in 2018, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Suid-Afrika het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nieu-Seeland het die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.

Formaat Die formaat vir die 2019-toernooi was soortgelyk aan dié van 2015 verkort weens die Rugbywêreldbeker wat later die jaar in Japan plaasgevind het. Elke span het ’n totaal van drie wedstryde gespeel, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 3 2 1 0 97 46 +51 2 122 3 2 0 1 80 71 +9 0 83 3 1 1 1 62 79 –17 0 64 3 0 0 3 39 82 –43 2 2

Wedstryddatums DatumWeek 120 JulieWeek 227 JulieWeek 310 Augustus

Week 1

Week 2

Week 3

Rugbykampioenskapreekskampioen 2019

Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Handré Pollard 42 2 Beauden Barrett 26 3 Christian Lealiifano 24 4 Nicolás Sánchez 19 5 Reece Hodge 15 Herschel Jantjies Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Reece Hodge 3 Herschel Jantjies 3 Ngani Laumape 2 Handré Pollard

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels 2019-Rugbykampioenskapreeks op ESPNscrum

Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2019