duimnael|240px|Barbirolli in Ravello gefotografeer deur Paolo Monti, 1960. duimnael|regs|Fritz Kreisler (bo links), Jascha Heifetz (bo regs), Alfred Cortot (onder links) en Arthur Rubinstein, wat Barbirolli begelei het in sy vroeëre HMV-opnames
Sir John Barbirolli, (* 2 Desember 1899 – † 29 Julie 1970), geboortename Giovanni Battista Barbirolli, was 'n Britse dirigent en tjellis. Hy word veral onthou as dirigent van die Hallé Orkes in Manchester wat hy in 1943 van ontbinding help red het en vir die res van sy lewe sou dirigeer. Vroeër in sy loopbaan was hy die opvolger van Arturo Toscanini as musikale direkteur van die New York Filharmoniese Orkes, waar hy vanaf 1936 tot 1943 gedien het. Hy was ook vanaf 1961 tot 1967 hoof-dirigent van die Houston Simfonieorkes, en het as gasdirigent van baie ander orkeste opgetree, insluitende die BBC Simfonieorkes, Londen Simfonieorkes, die Philharmonia Orkes, die Berliner Philharmoniker en die Weense Filharmoniese Orkes. Hy het saam met al die gemelde orkeste opnames gemaak.
Barbirolli is in Londen van Italiaanse en Franse ouers gebore, en het grootgeword in 'n familie van professionele musikante. Nadat hy aanvanklik tjello gespeel het, het hy egter vanaf 1926 die kans waargeneem om te dirigeer met die British National Opera Company, en daarna saam met die Covent Garden se toergeselskap. Toe hy die dirigeerstok opgeneem het by Hallé het hy agter minder geleentheid gehad om in die operahuis te werk, maar in die 1950's het hy met sulke sukses produksies van die werke van Verdi, Wagner, Gluck, en Puccini by Covent Garden gedirigeer dat hy uitgenooi was om die geselskap se permanente musikale direkteur te word, welke uitnodiging hy egter van die hand gewys het. Later in sy loopbaan het hy verskeie opnames van operas gemaak, ten opsigte waarvan sy 1967 opname van Puccini se Madama Butterfly vir EMI sekerlik die beste bekend is.
Barbirolli was in beide die konsertsaal en opname-ateljees veral geassosieer met die musiek van Engelse komponiste soos Elgar, Delius en Vaughan Williams. Sy interpretasies van ander laat-romantiese komponiste soos Mahler en Sibelius sowel as vroeëre klassieke komponiste, insluitende Schubert, word ook steeds bewonder.
Bronne
Eksterne skakels
John Barbirolli roep sy verskyning op This Is Your Life in herinnering Fotos van Barbirolli deur sy loopbaan František Sláma, "Czech Philharmonic Conductors and a few more recollections besides"
Kategorie:Geboortes in 1899 Kategorie:Sterftes in 1970 Kategorie:Britse dirigente