Christopher Isherwood (ook bekend as Christopher William Bradshaw-Isherwood; gebore op 26 Augustus 1904, High Lane, Cheshire, Engeland, sterf op 4 Januarie 1986 Santa Monica, Kalifornië, VSA was 'n Anglo-Amerikaanse romansier wat veral bekend is vir sy romans oor die Berlyn van die vroeë 1930's. duimnael|links|'n Gedenkplaat is teen die muur van die woonhuis in Berlyn-Schöneberg se Nollendorfstraße 17 aangebring waar Christopher Isherwood tot vroeg in 1933 gewoon het Nadat hy as ‘n private tutor gewerk het, het Isherwood 'n mate van erkenning verkry met sy eerste twee romans, All the Conspirators (1928) en The Memorial (1932). Gedurende die 1930's het hy saam met sy vriend W.H. Auden op drie dramas gewerk, waaronder The Ascent of F6 (1936). Maar dit was eers in 1929 dat hy die tema ontdek het wat hom algemeen bekend sou maak. Isherwood het tussen 1929 en 1933 in die Berlynse stadsdeel Schöneberg gewoon, wat destyds die sosiale middelpunt van die Duitse hoofstad se gay- en lesbiese toneel was, en sodoende die objektiewe oogpunt van 'n buitestaander verkry betreffende die verval van die Republiek van Weimar as eerste moderne Duitse demokrasie, en die opkoms van die NSDAP van Hitler.

Sy romans, Mr. Norris Changes Trains (1935; The Last of Mr. Norris) en Goodbye to Berlin (1939), wat later saam gepubliseer is as Berlin Stories, het sy reputasie as 'n belangrike skrywer gevestig en as inspirasie gedien vir die toneelstuk I Am a Camera, (1951; rolprent, 1955) sowel as die musiekblyspel Cabaret (1966; rolprent, 1972). Hierdie boeke is afgesonderde maar humoristiese studies van twyfelagtige karakters wat losbandige lewens lei as inkommers in die Duitse hoofstad. In 1938 het Isherwood Lions and Shadows gepubliseer, 'n amusante en sensitiewe relaas van sy vroeë lewe en vriendskappe terwyl hy 'n student was aan die Universiteit van Cambridge.

Die koms van die Tweede Wêreldoorlog het nie slegs 'n verandering meegebring in Isherwood se skryfwerk nie, maar ook 'n permanente verandering van woonplek. Hy het in 1939 na die VSA geïmmigreer en hom in Suid-Kalifornië gevestig waar hy onderrig gegee het en draaiboeke vir Hollywood-rolprente geskryf het. In 1946 het hy Amerikaanse burgerskap aanvaar. Dit was ook in 1939 dat Isherwood hom na pasifisme en die selfontkenning van die Indiese Vedanta gewend het en 'n volgeling van Swami Prabhavananda geword het. In die daaropvolgende dekades sou Isherwood verskeie werke oor Vedanta en vertalings saam met Prabhavananda maak, insluitende ‘n vertaling van die Bhagavadgita.

Isherwood se na-oorlogse romans het voortgegaan om sy persoonlike styl van fiksionele-outobiografieë te demonstreer. Sy A Single Man uit 1964 (wat in 2009 vir film verwerk is onder 'n gelyknamige titel), 'n kort maar hoogaangeskrewe roman, handel oor 'n enkele dag in die lewe van 'n eensame middeljarige homoseksuele man. Sy erkende outobiografiese werke sluit self-verklaarde memoirs van sy ouers, Kathleen and Frank (1971), 'n retrospektiewe biografie van homself in die 1930's, Christopher and His Kind (1977), en 'n studie van sy verhouding met Prabhavananda en Vedanta, My Guru and His Disciple (1980) in. Diaries: Volume One: 1939–1960 (1996) en The Sixties: Diaries: 1960–1969 (2010) is postuum gepubliseer.

Isherwood het vanaf 1953 saam met sy minnaar Don Bachardy ('n skilder) gewoon. "Isherwood, Christopher." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.

Werke All the Conspirators (1928; nuwe 1957 uitgawe met nuwe voorwoord) The Memorial (1932) Mr Norris Changes Trains (1935; V.S.A. uitgawe, The Last of Mr Norris) The Dog Beneath the Skin (1935, met W. H. Auden) The Ascent of F6 (1937, met W. H. Auden) Sally Bowles (1937; later ingesluit in Goodbye to Berlin) On the Frontier (1938, met W. H. Auden) Lions and Shadows (1938, outobiografiese fiksie) Goodbye to Berlin (1939) Journey to a War (1939, met W. H. Auden) Bhagavad Gita, The Song of God (1944, met Prabhavananda) Vedanta for Modern Man (1945) Prater Violet (1945) The Berlin Stories (1945; bevat Mr Norris Changes Trains en Goodbye to Berlin; heruitgereik as The Berlin of Sally Bowles, 1975) Vedanta for the Western World (Unwin Books, Londen, 1949, red. en bydraer) The Condor and the Cows (1949, Suid-Amerikaanse reisjoernaal) What Vedanta Means to Me (1951, pamflet) The World in the Evening (1954) Down There on a Visit (1962) An Approach to Vedanta (1963) A Single Man (1964) Ramakrishna and His Disciples (1965) Exhumations (1966; joernalisme en stories) A Meeting by the River (1967) Essentials of Vedanta (1969) Kathleen and Frank (1971, oor Isherwood se ouers) Frankenstein: The True Story (1973, met Don Bachardy; gebaseer op hul 1973 draaiboek) Christopher and His Kind (1976, outobiografie), gepubliseer deur Sylvester & Orphanos My Guru and His Disciple (1980) October (1980, met Don Bachardy) The Mortmere Stories (met Edward Upward) (1994) Where Joy Resides: An Isherwood Reader (1989; Don Bachardy en James P. White, reds.) Diaries: 1939–1960, Katherine Bucknell, red. (1996) Jacob's Hands: A Fable (1997) oorspronklik saamgeskryf met Aldous Huxley Lost Years: A Memoir 1945–1951, Katherine Bucknell, red. (2000) Lions and Shadows (Minneapolis: University of Minnesota Press, 2000) Kathleen and Christopher, Lisa Colletta, red. (Briewe aan sy moeder, Minneapolis: University of Minnesota Press, 2005) Isherwood on Writing (University of Minnesota Press, 2007) The Sixties: Diaries:1960–1969 Katherine Bucknell, red. 2010 Liberation: Diaries:1970–1983 Katherine Bucknell, red. 2012 The Animals: Love Letters Between Christopher Isherwood and Don Bachardy, geredigeer deur Katherine Bucknell (Farrar, Straus & Giroux, 2014)

Vertalings Charles Baudelaire, Intimate Journals (1930; gewysigde uitgawe 1947) The Song of God: Bhagavad-Gita (met Swami Prabhavananda, 1944) Shankara's Crest-Jewel of Discrimination (met Swami Prabhavananda, 1947) How to Know God: The Yoga Aphorisms of Patanjali (met Swami Prabhavananda, 1953)

Werk op Vedanta and the West Vedanta and the West was die amptelike publikasie van die Vedanta Society of Southern California. Dit sluit essays deur verskeie van die voorste intellektuele van die tyd in en sluit bydraes deur Aldous Huxley, Gerald Heard, Alan Watts, J. Krishnamurti, W. Somerset Maugham, en baie ander in.

Isherwood het die volgende artikels geskryf wat in Vedanta and the West verskyn het:

Vivekananda and Sarah Bernhardt – 1943 On Translating the Gita – 1944 Hypothesis and Belief – 1944 The Gita and War – 1944 What is Vedanta? – 1944 Ramakrishna and Vivekananda – 1945 The Problem of the Religious Novel – 1946 Religion Without Prayers – 1946 Foreword to a Man of Boys – 1950 An Introduction – 1951 What Vedanta Means to Me – 1951 Who Is Ramakrishna? – 1957 Ramakrishna and the Future – 1958 The Home of Ramakrishna – 1958 Ramakrishna: A First Chapter – 1959 The Birth of Ramakrishna – 1959 The Boyhood of Ramakrishna – 1959 How Ramakrishna Came to Dakshineswar – 1959 Early Days at Dakshineswar – 1959 The Vision of Kali – 1960

The Marriage of Ramakrishna – 1960 The Coming of the Bhariravi – 1960 Some Visitors to Dakshineswar – 1960 Tota Puri – 1960 The Writer and Vedanta – 1961 Mathur – 1961 Sarada and Chandra – 1962 Keshab Sen – 1962 The Coming of the Disciples – 1962 Introduction to Vivekananda – 1962 Naren – 1963 The Training of Naren – 1963 An Approach to Vedanta – 1963 The Young Monks – 1963 Some Great Devotees – 1963 The Gospel of Sri Ramakrishna – 1963 The Last Year – 1964 The Story Continues – 1964 Letters of Swami Vivekananda – 1968 Essentials of Vedanta – 1969

In 1948 is verskeie artikels uit Vedanta and the West in boekvorm uitgegee as Vedanta for the Western World. Isherwood het die tekste gekeur en 'n inleiding en drie artikels bygedra (Hypothesis and Belief, Vivekananda and Sarah Bernhardt, The Gita and War). Ander bydraers was onder meer Aldous Huxley, Gerald Heard, Swami Prabhavananda en Swami Vivekananda.

Verwysings

Eksterne skakels Verblyf in Berlyn Awesome Berlin: Relive the Golden 20s – The Berlin of Isherwood

Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 1986 Kategorie:Amerikaanse skrywers