Hélène Grimaud (gebore op 7 November 1969) is 'n Franse klassieke pianis en die stigter van die Wolf Bewaringsentrum in South Salem, New York.

Vroeë lewe en opvoeding Hélène Grimaud is in Aix-en-Provence, Frankryk gebore. Haar vader was as kind deur 'n Franse gesin aangeneem en hy het 'n universiteitslektor geword wat onderrig in tale gegee het.Interview with Pianist Hélène Grimaud French pianist saved by music - and wolves by Peter Culshaw, The Telegraph, 11 Nov 2002 Volgens Luc Antonini Luc Antonini, 100 aixois, qui sont-ils ? d'où viennent-ils ? qu'ont-ils fait ?, par Luc Antonini (Septèmes-les-Vallons 2012) kom die van Grimaud veral voor in die Trets-streek van Provence. Grimaud het die klavier op die ouderdom van sewe ontdek. In 1982 is sy ingeskryf by die Conservatoire de Paris, waar sy onder Jacques Rouvier gestudeer het. In 1985 wen Grimaud die konservatorium se eerste prys, en dieselfde jaar ontvang sy ook die Grand Prix du Disque van die Académie Charles Cros vir haar opname van Rachmaninof se Tweede Klaviersonate.

Loopbaan Sy begin haar professionele loopbaan in 1987 met 'n solo-uitvoering in Parys en 'n uitvoering saam met die Orchestre de Paris onder leiding van Daniel Barenboim.

Sy het telke male tydens die BBC Proms opgetree, insluitend die Last Night of the BBC Proms in Londen in September 2008, waartydens sy die klavierparty van Beethoven se Koorfantasie gespeel het.

Kritiese ontvangs Kritici het Grimaud se bereidwilligheid om werke te herinterpreteer geloof, en haar met Glenn Gould vergelyk: Grimaud se spel klink nie soos die meeste pianiste s'n nie: sy is 'n rubato-arties, 'n her-uitvinder van frasering, 'n kansvatter. Sy is van opinie dat "jy 'n verkeerde noot wat uit élan (impuls) gespeel word, anders hoor as een wat uit vrees gespeel word". Sy bewonder "die meer ekstreme spelers...mense wat nie bang is om hul spesifieke benadering tot op die einde vol te hou nie." Haar twee oorheersende karakteristieke is onafhanklikheid en dryf, en haar uitvoerings poog om wanneer ook al moontlik konvensionele wysheid deurmekaar te krap. Brian Levine, die uitvoerende direkteur van die Glenn Gould Stigting, sien in Grimaud 'n gelykenis met Gould: "Sy beskik oor 'n spesifieke bereidwilligheid om 'n stuk musiek te neem en haar self te bevry van die gebruiklike praktyk wat rondom die werk ontstaan het."

Eerbewyse Ordre des Arts et des Lettres (2002). Nasionale Orde van Verdienstelikheid (Frankryk) (16 Mei 2008).Award 16 May 2008, Journal officiel de la République Française, 17 May 2008. Erelegioen (3 April 2015).

Platelys Vir Denon Rachmaninoff Klaviersonate No. 2, Études-Tableaux, Op. 33 (1986) Chopin Ballade No. 1, Liszt Après une Lecture de Dante, Schumann Sonate vir Klavier (1987) Schumann Kreisleriana, Brahms Klaviersonate No. 2 (1989) Brahms Klaviersonate No. 3, Klavierstücke (1992) Rachmaninoff Klavierconcerto No. 2, Ravel Klavierconcerto (1993)

Vir Erato Schumann Klavierconcerto, Richard Strauss Burleske (1995) Brahms Klavierstukke Op. 116–119 (1996) Gershwin Concerto in F, Ravel Klavierconcerto (1997) Brahms Klavierconcerto No. 1 (1998)

Vir Teldec Beethoven Klavierconcerto No. 4, Klaviersonate No. 30, Klaviersonate No. 31 (1999) Rachmaninoff Klavierconcerto No. 2, Prelude Op. 32/12, Études-Tableaux Op. 33/1, 2 and 9, Variasies op 'n Tema van Corelli (2001)

Vir DG Credo John Corigliano Fantasia on an Ostinato, Beethoven Klaviersonate No. 17 "Tempest", Koorfantasie, Arvo Pärt Credo (2003) Chopin | Rachmaninoff (2005) Bartók The Piano Concertos (Klavierconcerto No. 3) (2005) Reflection Schumann Klavierconcerto, verskeie werke deur Brahms en Clara Schumann (2006) Beethoven Klavierconcerto No. 5 "Keiser", Klaviersonate No. 28 (2007) Bach Verskeie (2008) Resonances Mozart: Sonate No. 8, Berg: Sonate op.1, Liszt: Sonate in B mineur, Bartok: Roemeense Volksdanse (2010) Mozart Klavierconcerto No. 19, Klavierconcerto No. 23, Ch'io mi scordi di te? (saam met Mojca Erdmann, sopraan) (2011) Duo (saam met Sol Gabetta, tjello) Werke deur Schumann, Brahms, Debussy, en Sjostakowitsj (2012) Brahms Klavierconcertos Nos. 1 & 2 saam met die Beierse Radio SO en Weense SO gedirigeer deur Andris Nelsons (2013) Water Verskeie werke (saam met Nitin Sawhney) (2016) Memory Debussy (insluitende "Clair de Lune"), Satie, Chopin, Silvestrov, Sawhney (2018)

Vir Philips Schumann Sonate vir Viool en Klavier in A mineur, Op. 105, Gidon Kremer viool en Helene Grimaud klavier. Datum van opname: 7/1989. Vrystellingsdatum: Lockenhausfees 1982–1992 A Decade of Music-Making (1997)

Op ACA Digital Recording, Inc Bassoon Music Of The Americas, Composers on Bassoon Music Of The Americas: Alvin Etler, Valdir Azevedo, Jose Siqueira, Magda Santos/Pó, Pixinguinha, Heitor Villa-Lobos, Willson Osborne. Jeff Keesecker – fagot en Hélène Grimaud – klavier (2002)

Bronnelys Variations sauvages (2003, gepubliseer in Engels as Wild Harmonies) Leçons particulières (2005) Retour à Salem (2013) D.T. Max, "Her way: A pianist of strong opinions", The New Yorker, 87/35 (7 November 2011), bls. 58–65. James R. Oestreich, "Recording as a Road to Recovery", The New York Times, 27 January 2011 New Yorker Profile deur D. T. Max: "Her Way, A pianist of strong opinions", 7 November 2011 Daniel J. Wakin, "Titans Clash Over a Mere Cadenza", The New York Times, 30 Oktober 2011

Notas

Verwysings

Eksterne skakels Wolf Conservation Center

Kategorie:Franse pianiste Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Franse Jode