duimnael|regs|350px|Op hierdie foto uit die Internasionale Ruimtestasie is die Strandveld en Rooi-strandveld weerskante van Danger Point (die opvallende skiereiland) sigbaar. L'Agulhas is heel regs op beeld. Die Strandveld is ‘n kusgebied van die Overberg in die Wes-Kaap.

In die gebied lê die dorpe Stanford, Gansbaai, Uilenkraalsmond, Franskraal, De Kelders, Baardskeerdersbos en Wolvengat (Viljoenshof). Elim, Napier en Bredasdorp vorm die noordelike grens en ooswaarts strek dit tot by L'Agulhas. In die streek kom verskeie panne en vleie voor. Die grootste en bekendste is die Soetendalsvlei.

Let wel Hierdie streek moet nie verwar word met die Sandveld nie.

Lees ook Agulhasvlakte Lys van streeksname in Suid-Afrika

Bibliografie Galloway, T.S.: 'n Streeksgeskiedenis oor die kusdorpe in die Strandveld van die Overberg, circa 1940 - 1994. Universiteit van Stellenbosch: ongepubliseerde M.A.-verhandeling, 2017 Raper, P.E.: Streekname in Suid-Afrika en Suidwes. Naamkundereeks, nr. 1. Kaapstad: Tafelberg, 1972.

Kategorie:Streke van die Wes-Kaap Kategorie:Biome in Suid-Afrika