duimnael|'n Portret van Wilhelm Furtwängler deur Emil Orlik (1928) Gustav Heinrich Ernst Martin Wilhelm Furtwängler (* 25 Januarie 1886 – 30 November 1954) was 'n Duitse dirigent en komponis. Hy word wyd beskou as een van die grootste simfonie- en operadirigente van die 20ste eeu.

Furtwängler was tussen 1922 en 1945 en weer vanaf 1952 tot 1954 die hoofdirigent van die Berliner Philharmoniker. Hy was ook die hoofdirigent van die Gewandhaus Simfonieorkes (1922–26) en 'n gasdirigent van ander groot orkeste, insluitende die Weense Filharmoniese Orkes.

Hy was die voorste Duitse dirigent gedurende die Tweede Wêreldoorlog, alhoewel hy nie 'n volgeling van die regering van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty was nie. Hierdie besluit het blywende kontroversie veroorsaak, en die mate waarin sy teenwoordigheid prestige aan die Derde Ryk verleen het word steeds gedebatteer.

Furtwängler se dirigeer-styl is goed gedokumenteer in beide kommersiële en ander opnames en het bygedra tot sy blywende reputasie.

Hy het 'n massiewe invloed op latere dirigente uitgeoefen; in so 'n mate dat sy naam dikwels genoem word tydens gesprekke oor die dirigente se interpretatiewe vermoëns.

Noemenswaardige opnames Daar is tans 'n groot aantal Furtwängler opnames beskikbaar (meestal lewendige uitvoerings). Baie van die opnames is tydens die Tweede Wêreldoorlog met gebruikmaking van eksperimentele band-tegnologie gemaak. Na die oorlog is die opnames deur die Sowjetunie gekonfiskeer. Ná dekades is dit eers redelik onlangs weer beskikbaar gestel. Ten spyte van dié opnames se beperkinge word dit bewonder deur Furtwängler-aanhangers.

Hierdie is slegs 'n klein keuse van sommige van Furtwängler se mees luisterryke opnames. Vir meer inligting, sien sy platelys en lys van huidige beskikbare opnames . Die Franse Wilhelm Furtwängler-genootskap beskik ook oor 'n lys van aanbevole opnames. Bach, Sint Mattheus Passie (slegs eerste helfte), lewendige opvoering met die Weense Filharmoniese Orkes, 1952 (SWF) Bartók, Vioolconcerto No. 2, ateljee-opname met Yehudi Menuhin en die Philharmonia Orchestra, 1953 (EMI) Beethoven, Derde Simfonie, lewendige opname met die Weense Filharmonies Orkes, Desember 1944 (Music and Arts, Preiser, Tahra)John Ardoin het oor hierdie opname, wat dikwels as een van die belangrikste opnames van die 20ste eeu beskou word, as volg geskryf: "Die manjifieke 1944 uitvoering met die Weense Filharmoniese orkes is 'n outentieke uitvoering wat nie slegs Furtwängler se edelste, mees dwingende en meesleurende Eroica is nie, maar een wat ongeëwenaar op plaat is", Ardoin, bl.120."'n uitvoering van ontsaglike klassisisme, en as sulks voorsien dit ons met figure wat wil voorkom asof dit van steen gemaak is, uit hoofde van hul edelheid, en van vuur as gevolg van hul dringendheid, maar wat op die vlerke van 'n Scherzo teen die pas van 'n mars, skielik die oneindige vrystel - op rekord geplaas", André Tubeuf, EMI C 051-63332, 1969., "Tydens die hoë pieke van die Marcia funebre en in die Finale, bly die 1944 Weense uitvoering ongeëwenaar [...] Geen dirigent artikuleer die drama van die Eroica – menslik en histories, indiwidueel en universeel - op 'n meer kragtige of welsprekende wyse as Furtwängler nie. Van sy elf oorblywende opnames, is dit die 1944 Wene-opname, gevolg deur die 1950 Berlynse weergawe, wat die meeste lof verdien". Beethoven, Derde Simfonie, lewendige uitvoering met die Berliner Philharmoniker, Desember 1952 (Tahra) Beethoven, Vyfde Simfonie, lewendige uitvoering met die Berliner Philharmoniker, Junie 1943 (Classica d'Oro, Deutsche Grammophon, Enterprise, Music and Arts, Opus Kura, Tahra) Beethoven, Vyfde Simfonie, lewendige uitvoering met die Berliner Philharmoniker, Mei 1954 (Tahra) Beethoven, Sesde Simfonie, lewendige uitvoering saam met die Berliner Philharmoniker, Maart 1944 (Tahra) Beethoven, Sewende Simfonie, lewendige uitvoering saam met die Berliner Philharmoniker, Oktober 1943 (Classica d'Oro, Deutsche Grammophon, Music and Arts, Opus Kura)Harry Halbreich het in sy analise van hierdie uitvoering geskryf: "Is die tweede beweging steeds 'n Allegretto onder Furtwängler se dirigeerstok? Baie kritici het al hierdie vraag geopper, selfs meer so ten opsigte van die Berlynse uitvoering as die een in Wene [in 1950]. En waarom tog huiwer? Van die eerste mates af oorrompel hierdie perfeksie ons - sonder twyfel, is dit die organiese, korrekte tempo en sal dit totaal onsensitief en nie-musikaal wees om andersins te argumenteer[...] Wie kan die asembenemende frasering van die altviole en tjello's se lied beskryf [...] die verhewe uitdrukkingsvermoë van die viole? [...] Die tweede tema kom by sy herverskyning selfs meer hartroerend as tevore voor [...] Hierdie Finale was altyd een van Furtwängler se strydperde en ongetwyfeld die toppunt van sy interpretatiewe vermoë [...] Furtwängler herlewe die ongelooflike uitvoering aan die einde van die Vyfde Simfonie in Junie 1943, vier maande tevore, en snel voort in 'n asembenemende versnelling sonder dat die ontketende magte ooit onder sy beheer uit val. "Ek is die Bacchus wat die heerlike nektar vir die mense distilleer, en aan hulle die goddelike raserny van die gees voortbring": het Beethoven homself verduidelik. Maar dit neem iemand soos Furtwängler, daardie herfsdag in 1943, om daardie raserny te omvorm in klank!", Harry Halbreich, CD Furtwängler conducts Beethoven, SWF 941, 1994, bl.11.Vrylik vertaal na Afrikaans Beethoven, Negende Simfonie, lewendige uitvoering met die Berliner Philharmoniker, Maart 1942 met Tilla Briem, Elisabeth Höngen, Peter Anders, Rudolf Watzke en die Bruno Kittel Koor (Classica d'Oro, Music and Arts, Opus Kura, Tahra, SWF)Harry Halbreich skryf in sy analise (in Engels) van hierdie uitvoering van die eerste beweging, "nobody has ever approached Furtwängler in the evocation of this terrifying release of cosmic forces" and about the Adagio: "in its superhuman spaciousness, which seems to seek to renounce human time and to align itself with that of creation, was not this Adagio the highest achievement of Wilhelm Furtwängler's art? Certainly no other conductor allowed himself such interpretative scope, and none put himself so much at risk. Yet on actual hearing the tempi prove so right, so natural lending themselves so perfectly to the whole presentation of the musical thought that one can hardly imagine anything different". For the Finale, he says: "from bar 321 Furtwängler imperiously asserts his presence with a gradual allargando building up to the colossal fortissimo of bar 330 followed by a timeless pause, a divine vision in which Beethoven, thanks to an interpreter worthy of him, equals the stature of the Michelangelo of the Sistine Chapel", Harry Halbreich, CD Beethoven, Symphony No. 9, SWF 891R, 2001, bl.8–10."The 1942 performance in Berlin is one of the most convincing proofs of Furtwängler's rebellion during Germany's tragic era, while the nazis tried in vain to bury the great German musical heritage by using it for their sinister ends. Furtwängler fought for it and strived to save it from their cluthes", Sami Habra, CD Furtwängler, Beethoven's Choral Symphony, Tahra FURT 1101–1104, bl. 19. Beethoven, Negende Simfonie, lewendige uitvoering tydens die 19 Julie 1951 heropening van die Bayreuther Festspiele (moenie verwar word met EMI se vrystelling nie) met Elisabeth Schwarzkopf, Elisabeth Höngen, Hans Hopf en Otto Edelmann. (Orfeo D'or, 2008).Sami Habra het oor hierdie baie bekende konsert geskryf: "Na die oorlog moes hy aan die wêreld bewys dat Duitse musikale kuns inderdaad daardie noodlottige tydperk sowel as pogings deur die Geallieerdes om Duitse kultuur te ondermyn of te ignoreer, oorleef het. Die hele musikale wêreld het sy asem ingehou terwyl Beethoven met Furtwängler hergebore is; wat die Negende gedirigeer het tydens die heropening in 1951 van Bayreuth", Sami Habra, CD Furtwängler, Beethoven's Choral Symphony, Tahra FURT 1101–1104, bl. 19. Beethoven, Negende Simfonie, oënskynlik 'n lewendige uitvoering tydens die 29 Julie 1951 heropening van die Bayreuther Festspiele. Die President van die Wilhelm Furtwängler-genootskap van Amerika beweer egter dat die opname eintlik 'n kleedrepetisie is wat deur EMI verander is in een opname, en wat opgevoer is voor die eintlike openbare uitvoering. (EMI, 1955). Beethoven, Negende Simfonie, lewendige uitvoering tydens die 1954 Lucerne-fees met die London Philharmonia, Lucerne Fees-koor, Elisabeth Schwarzkopf, Elsa Cavelti, Ernst Haefliger en Otto Edelmann (Music and Arts, Tahra).Sami Habra het gesê: "Die Lucerne 1954 konsert - Furtwängler se laaste uitvoering van die Negende - het dit vir die luisteraar moontlik gemaak om selfs 'n dieper insig te verkry in die groot dirigent se kuns, ... sonder twyfel het Furtwängler aangevoel dat sy einde naby was...", Sami Habra, CD Furtwängler, Beethoven's Choral Symphony, Tahra FURT 1101–1104, p. 19. Beethoven, Vioolconcerto, ateljee opname met Yehudi Menuhin en die Lucerne Fees-orkes, 1947 (Testament) Beethoven, Klavierconcerto No. 5, ateljee opname saam met Edwin Fischer en die Philharmonia Orchestra, 1951 (Naxos) Beethoven, Fidelio, lewendige uitvoering saam met die Weense Filharmoniese Orkes en Elisabeth Schwarzkopf, Kirsten Flagstad, Anton Dermota, Julius Patzak, Paul Schoeffler, Josef Greindl, en Hans Braun, Augustus 1950 (Opus Kura) Beethoven, Fidelio, beide lewendige en ataljee opnames, met Martha Mödl, sy verkose sopraan in die titelrol, en Wolfgang Windgassen, Otto Edelmann, Gottlob Frick, Sena Jurinac, Rudolf Schock, Alfred Poell, Alwin Hendriks, Franz Bierbach, en die Weense Filharmoniese Orkes. Brahms, Eerste Simfonie, lewendige uitvoering met die Noord-Duitse-Radio Simfonieorkes, Hamburg, Oktober 1951 (Music and Arts, Tahra).This Brahms 1st turned out to be Furtwängler's best version [...] More than ever, the broad opening, with the hammering of Friedrich Weber on the timpani and the soaring strings of that magnificent ensemble, impress the listener. The special quality of the string section, miraculously dense and transparent at the same time, permeates the whole work. The four great fortissimi of the first movement have an irresistible "élan", the long lyrical phrases of the second movement enchant the listener with their intensity. The third movement is Furtwängler at his most feverish here, and full of serenity is reached only after the repeated trumpet calls [...] The 4th movement is played with unmistakable grandeur and solemnity, as indeed the whole work is. While keeping Brahms' personality in mind, Furtwängler nevertheless brings out Beethoven's influence on Brahms [...] No wonder the French critics bestowed upon this recording the "Diapason d'Or of the century"....", Sami Habra, CD Wilhelm Furtwängler, his legendary post-war recordings, Tahra, harmonia mundi distribution, FURT 1054/1057, p. 19. Brahms, Tweede Simfonie, lewendige opname saam met die Weense Filharmoniese Orkes, Januarie 1945 (Deutsche Grammophon, Music and Arts)