Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) is 'n Suid-Afrikaanse staatsbeheerde instelling met R2,548 triljoen (USD 148 miljard) se bates onder bestuur vanaf 31 Maart 2022. Dit is die grootste batebestuurder in Afrika. Die OBK is in 1911 gestig en besit groot aandele in verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye, en is een van die instellings waardeur die Suid-Afrikaanse regering sy beleid van Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (BB-SEB) implementeer. Die OBK is onder andere verantwoordelik vir die belegging van die Suid-Afrikaanse staatspensioenfonds (GEPF).
Bates onder bestuur Die totale bates onder bestuur van die OBK soos op 31 Maart van elke jaar was: Datum(31 Maart) Totale bates(biljoen) Notas 2003 R0,3087 2004 R0,377 2005 R0,461 2006 R0,5989 2007 R0,7198 2008 R0,7868 2009 R0,7397 2010 R0,9109 2011 R1,032 2012 R1,17 2013 R1,40 2014 R1,60 2015 R1,81 2016 R1,857 2017 R1,928 2018 R2,083
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye