duimnael|regs|250px|Pays Cathare: Die kasteel Peyrepertuse Pays Cathare (letterlik "Land van die Kathare") is 'n toeristieke term wat deur die Suid-Franse département Aude gebruik word. Die gebied waarna die huidige term verwys kom nie presies ooreen met die Middeleeuse streke van die Kathaarse beweging nie en konsentreer veral op die Courbières-streek. Hier is die meeste van die koninklike vestings geleë waarna tans as Kathaarse kastele verwys word.
Die toeristieke term begin tans geleidelik die streekname Oksitanië en Languedoc vervang. "Pays Cathare" is sedert 1991 'n handelsmerk van die Algemene Raad (Conseil Général) van Aude.Authier, André en Vidal, Jean-Philippe: Les couleurs de l'Aude. Édition les créations Pélican, bl. 19, Die Pays Cathare-program is daarop gemik om die ryk kulturele erfenis van Aude te bewaar, die plaaslike inisiatiewe saam te snoer en die professionele vereniging van vervaardigers van plaaslike produkte te ondersteun. Die handelsmerk word ook gebruik om plaaslike hotelle en restourante, kunswerke en landbouprodukte te bemark.
Verwysings
Eksterne skakels Webwerf van die Conseil Général de l'Aude Comité départemental du tourisme de l'Aude Die kastele van die Pays Cathare
Kategorie:Aude (departement) Kategorie:Kathare Kategorie:Languedoc-Roussillon