Die nasionale vlag van Kambodja (Khmer: ទង់ជាតិ កម្ពុជា, Tung-Cheat, letterlik: "Nasionale vlag") is op 24 September 1993 amptelik in gebruik geneem. Kambodja het hierdie ontwerp van die nasionale vlag tussen 1948 en 1970 gebruik en weer in 1993 die vlag aanvaar.
Simboliek Rooi en blou is die tradisionele kleure van Kambodja. Voorts stel rooi dapperheid en die mense voor terwyl blou vryheid, samewerking en broederskap en die koning voorstel. Die Angkor Wat stel integriteit, geregtigheid, erfenis en Theravada-Boeddhisme voor.
Skema Betekenis Tekstielkleur Angkor Wat Integriteit, geregtigheid en erfenis Religie Blou Vryheid, samewerking, broederskap Koning Rooi Dapperheid Nasie
Ontwerp Kleure duimnael|Vertikale vertoning van die vlag van Kambodja Die kleurskema vir die vlag onder Franse koloniale beheer (1863–1948) en die huidige vlag van Kambodja (sedert 1993):
30px/30px <span style="color:white;">Blou <span style="color:white;">Rooi Wit RGB 3-46-161 224-0-37 255-255-255 Heksadesimaal #032ea1ff #e00025ff #FFFFFF CMYK 98-71-0-37 0-100-83-12 0-0-0-0
Die kleurskema vir die vlag van die Khmer-republiek (1970–1975):
30px <span style="color:white;">Blou <span style="color:white;">Rooi Wit RGB 0-0-128 204-0-0 255-255-255 Heksadesimaal #000080ff #cc0000ff #FFFFFF CMYK 100-100-0-50 0-100-100-20 0-0-0-0
Die kleurskema vir die vlae van die Demokratiese Kampuchea (1976–1992) en die Volksrepubliek Kampuchea (1979–1989):
30px/30px <span style="color:white;">Rooi Geel RGB 218-18-26 252-221-9 Heksadesimaal #da121aff #fcdd09ff CMYK 0-92-88-15 0-12-96-1
Die kleurskema vir die vlag van die Staat Kambodja (1989–1991):
30px <span style="color:white;">Blou <span style="color:white;">Rooi Geel RGB 0-0-128 218-18-26 252-221-9 Heksadesimaal #000080ff #da121aff #fcdd09ff CMYK 100-100-0-50 0-92-88-15 0-12-96-1
Geskiedenis duimnael|Angkor Wat in Angkor (ook bekend as Yasodharapura). Sedert omstreeks 1850 het die vlag van Kambodja ’n afbeelding van die Angkor Wat in die middel. Die huidige vlag met drie bane afwisselend in blou en rooi (in verhouding 1:2:1) is aanvaar ná Kambodja se onafhanklikheidswording in 1948. Dit is tot 9 Oktober 1970 gebruik toe ’n nuwe vlag vir Lon Nol se Khmer-republiek aanvaar is. Die republiek het tot 1975 gefunksioneer toe die Khmer Rouge in 1975 oorgeneem het. Die gevolglike staat Demokratiese Kampuchea, wat van 1975 tot 1979 geduur het, het ’n rooi vlag met die Angkor Wat (met drie torings) in geel daarop, gebruik. In 1979 is die Volksrepubliek Kampuchea gestig na die Kambodjaans-Viëtnamese Oorlog.
Die Kampucheaanse Nasionale Verenigde Front vir Nasionale Redding (FUNSK) het die vlag wat deur die Khmer Issarak aanvaar is in die dae van anti-Franse weerstand teen die nuwe staat, aangeneem. Hierdie vlag het dieselfde kleurskema as Demokratiese Kampuchea, maar met ’n geel Angkor Wat met vyf torings. Toe die Volksrepubliek Kampuchea sy naam in 1989 na die “Staat Kambodja” verander, is die vlag se onderste helfte na blou verander. Die UNTAC-vlag is gedurende die oorgangstydperk in 1992–1993 saam met die nuwe vlag in Kambodja gebruik.
In 1993 is die Kambodjaanse vlag van 1948 weer aangeneem. Tussen 1948 en 1993 het die vyf verskillende vlae wat gebruik is elk ’n afbeelding van die Angkor Wat in een of ander vorm gebruik. Hierdie beroemde tempelterrein wat uit die 12de eeu dateer, is deur die Mahidharapura-monarge gebou. Dit het vyf torings, maar dit is nie altyd so in die gestileerde weergawe op die vlag gebruik nie. Die monargie is in September 1993 herstel, maar die vlag is reeds in Junie van daardie jaar aanvaar.
Die huidige Kambodjaanse vlag en die vlag van Afghanistan is die enigste twee nasionale vlae ter wêreld wat ’n gebou uitbeeld.
Ander vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Kambodja by Flags of the World.
Kategorie:Kambodja Kambodja